29 Augustus
Voorkoms
(Aangestuur vanaf 08-29)
<< | Augustus 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 |
Al die dae |
29 Augustus is die 241ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (242ste in skrikkeljare). Daar volg nog 124 dae in die res van die jaar.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1178 – Teenpous Callixtus III onderwerp hom aan Pous Alexander III.
- 1261 – Pous Urbanus IV volg Pous Alexander IV op.
- 1294 – Pous Celestinus V gekroon in die Sint Maria di Collemaggio-kerk in Aquilla.
- 1484 – Pous Innocentius VIII volg Pous Sixtus IV op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1526 – Suleiman die Manjifieke verslaan en dood die laaste Jagielloniaanse koning van Hongarye en Bohemië by die Slag van Mohács.
- 1756 – Die Sewejarige Oorlog begin in Europa.
- 1799 – Pous Pius VI sterf in Franse aanhouding in Valence.
- 1825 – Brasilië verkry onafhanklikheid van Portugal.
- 1848 – Die Slag van Boomplaats vind plaas.
- 1907 – Die Quebecbrug stort ineen tydens konstruksie - 75 werkers sterf.
- 1924 – Die Gutenberg Boekgilde word gestig.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Italië voer 'n lugaanval op die Suezkanaal uit.
- 1944 – Die Slowaakse Nasionale opstand begin.
- 1965 – Gemini 5 keer na die aarde terug en land veilig in die Atlantiese Oseaan.
- 1982 – Meitnerium, 'n kunsmatige chemiese element met atoomgetal 109, word vir die eerste keer by die Swaarioonnavorsingsgeselskap in Duitsland sintetiseer.
- 1992 – Geweld skaad 'n anti-rassisme optog in Duitsland wat daarop gemik was om protes aan te teken teen regse aanvalle op vlugtelinge.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1387 – Hendrik V van Engeland, 'n koning van Engeland († 1422).
- 1619 – Jean-Baptiste Colbert, 'n Franse politikus († 1683).
- 1632 – John Locke, 'n Engelse filosoof († 1704).
- 1795 – Abraham Faure, die vader van die Teologiese Kweekskool op Stellenbosch († 1875).
- 1842 – Albert Henry Hime, 'n Eerste Minister van Natal († 1919).
- 1915 – Ingrid Bergman, Sweedse aktrise († 1982).
- 1920 – Charlie Parker, Amerikaanse jazz saxofoonspeler en komponis († 1955).
- 1921 – Iris Apfel, Amerikaanse sakevrou, binnehuisversierder en mode-ikoon.
- 1923 – Richard Attenborough, Britse akteur en rolprentmaker († 2014).
- 1924 – Samuel Hynes, Amerikaanse vlieënier, letterkunde-professor en skrywer († 2019).
- 1936 – John McCain, Amerikaanse politikus († 2018).
- 1947 – James Hunt, Britse renjaer, Formule Een Wêreldkampioen in 1976 († 1993).
- 1948 – Paul Skelton, Suid-Afrikaanse igtioloog en kenner van varswatervisse.
- 1958 – Michael Jackson, Amerikaanse popsanger († 2009).
- 1961 – Ahmed Aboutaleb, Nederlandse politikus van Marokkaanse afkoms.
- 1964 – Steve Hofmeyr, Suid-Afrikaanse sanger en akteur.
- 1981 – Brian Chesky, Amerikaanse sakeman en industriële ontwerper en die medestigter en hoof- uitvoerende beampte van Airbnb.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 886 – Basilius I die Masedoniër, Bisantynse keiser (* circa 830/835)
- 1799 – Pous Pius VI, die 250ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1717).
- 1957 – Jozef Cantré, Belgiese beeldhouer (* 1890).
- 1974 – Blaar Coetzee, Suid-Afrikaanse politikus, koerantman en sakeman (* 1914).
- 1977 – Jean Hagen, Amerikaanse aktrise (* 1923).
- 1982 – Ingrid Bergman, Sweedse aktrise (* 1915).
- 1985 – Evelyn Ankers, Brits-Amerikaanse aktrise (* 1918).
- 1987 – Lee Marvin, Amerikaanse akteur (* 1924).
- 1992 – Félix Guattari, Franse psigiater (* 1930).
- 2000 – Shelagh Fraser, Engelse aktrise (* 1922).
- 2004 – Hans Vonk, Nederlandse dirigent (* 1942).
- 2005 – Jurgens Lambrechts, bekende deelnemer aan Afrikaanse radio-vasvraprogramme (* 1932).
- 2007 – Pierre Messmer, Franse politikus, 154ste Eerste Minister van Frankryk (* 1916).
- 2008 – Geoffrey Perkins, Engelse akteur en vervaardiger (* 1953).
- 2016 – Gene Wilder, Amerikaanse akteur, komediant en filmregisseur (* 1933).
- 2019 – Phil Heemstra, Suid-Afrikaanse igtioloog en kenner van seevisse (* 1941).
- 2020 – Jürgen Schadeberg, Duitsgebore Suid-Afrikaanse fotograaf en kunstenaar (* 1931).
- 2021 – Jacques Rogge, Belgiese ortopediese chirurg en agste president van die Internasionale Olimpiese Komitee (* 1942).
- 2021 – Ed Asner, Amerikaanse akteur (* 1929).
- 2022 – Charlbi Dean, Suid-Afrikaanse aktrise en model (* 1990).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]- Feesdag van Pous Avilius van Alexandrië derde patriarg van die Kerk in Alexandrië volgens die Rooms-Katolieke Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 29 August. |