1918
Voorkoms
1918 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1913 | 1914 | 1915 | 1916 | 1917 | ◄ 1918 ► | 1919 | 1920 | 1921 | 1922 | 1923 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1918 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Sultan Mehmed V van Turkye | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1918 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Dinsdag begin het. Dit was die 18de jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 8 Januarie – Ko-operatiewe Wijnbouwers Vereniging van Zuid-Afrika (KWV) word gevorm.
- 22 Januarie – Oekraïne verklaar sy eerste onafhanklikheid van Rusland.
- 16 Februarie – Litaue verklaar sy eerste onafhanklikheid van Rusland.
- 24 Februarie – Estland verklaar sy eerste onafhanklikheid van Rusland.
- 12 Maart – Na meer as tweehonderd jaar word Moskou weer tot hoofstad van Rusland verklaar.
- 21 Maart – Duitsland loods ’n groot offensief in die Somme-gebied tydens die Eerste Wêreldoorlog.
- 24 April – Die Nederlandse Staatkundig Gereformeerde Party (SGP) word gestig.
- 26 Mei – Georgië verklaar sy eerste onafhanklikheid van Rusland.
- 28 Mei – Azerbeidjan verklaar sy eerste onafhanklikheid van Rusland.
- 16-17 Julie – Die moord op die Romanofs vind plaas.
- 28 Oktober – Tsjeggo-Slowakye verkry onafhanklikheid van Oostenryk-Hongarye.
- 30 Oktober – Kapitulasie van die Ottomaanse Ryk.
- 31 Oktober – Hongarye verlaat die statebond met Oostenryk.
- 1 November – Noord-Jemen word van die Ottomaanse Ryk onafhanklik.
- 3 November – Pole word van Duitsland, Oostenryk en Rusland onafhanklik.
- 9 November – Beëindiging van die Duitse Keiserryk en stigting van die Republiek van Weimar.
- 10 November – Die Duitse keiser Wilhelm II verlaat Duitsland oppad na Nederland.
- 11 November – Duitsland onderteken ’n vredesooreenkoms met die geallieerdes in ’n treinwa buite Compiègne in Frankryk. Die oorlog het amptelik tot ’n einde gekom om 11:00 (Die elfde uur van die elfde dag van die elfde maand).
- 11 November – Ontbinding van Oostenryk-Hongarye en abdikasie van keiser Karl I.
- 11 November – Elsas-Lotaringe verklaar onafhanklikheid van Duitsland.
- 12 November – Stigting van die Republiek Duits-Oostenryk.
- 16 November – Proklamasie van die Republiek Hongarye.
- 18 November – Letland verklaar sy eerste onafhanklikheid van Rusland.
- 28 November – Wilhelm II verklaar sy abdikasie van die Duitse troon.
- 1 Desember – Stigting van die Koninkryk Joego-Slawië.
- Die groot Griepepidemie.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 14 Januarie – Demetrios Tsafendas, sluipmoordenaar van dr. Hendrik Verwoerd († 1999).
- 15 Januarie – Gamal Abdel Nasser, Egiptiese staatsman, president van Egipte († 1970).
- 21 Januarie – Guy Butler, Suid-Afrikaanse digter, dramaturg en akademikus († 2001).
- 3 Februarie – Joey Bishop, Amerikaanse akteur en vervaardiger († 2007).
- 20 Februarie – Leonore Annenberg, Amerikaanse sakevrou, regeringsamptenaar en filantroop († 2009).
- 9 Maart – George Lincoln Rockwell, stigter en leier van die Amerikaanse Nazi-party († 1967).
- 21 Maart – Charles Thompson, Amerikaanse jazzmusikant en -komponis († 2016).
- 3 April – Henry Charles Hopkins, Suid-Afrikaanse predikant en skrywer († 1992).
- 8 April – Betty Ford, Eerste Dame van die Verenigde State († 2011).
- 17 April – William Holden, Amerikaanse akteur († 1981).
- 19 Mei – Basil Kenyon, Suid-Afrika se een-en-twintigste Springbokkaptein († 1996).
- 27 Mei – Yasuhiro Nakasone, voormalige Japannese premier († 2019).
- 30 Mei – Pita Amor, Meksikaanse skryfster († 2000).
- 6 Junie – George Hills, Britse historikus van Spaans-Britse afkoms († 2002).
- 10 Junie – Prof. A.P. Grové, Suid-Afrikaanse letterkundige († 2004).
- 21 Junie – Ds. Phil Olivier, predikant in drie gemeentes van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, assistentredakteur van die Kerkbode en samesteller van Ons gemeentelike feesalbum († 2008).
- 27 Junie – Erns Louis Jansen, Suid-Afrikaanse regter († 2011).
- 28 Junie – Cyriel Paul Coupé, Belgiese priester, onderwyser, skrywer en digter († 1998).
- 1 Julie – Ahmed Deedat, Suid-Afrikaanse skrywer en openbare spreker († 2005).
- 14 Julie – Ingmar Bergman, Sweedse regisseur († 2007).
- 14 Julie – Jay Forrester, Amerikaanse digitale rekenaarbaanbreker († 2016).
- 18 Julie – Nelson Mandela, Suid-Afrikaanse politikus en staatsman, eerste demokraties verkose president van Suid-Afrika (1994–1999) († 2013).
- 25 Julie – Japie Basson, Suid-Afrikaanse Volksraadslid van die Nasionale Party, Nasionale Unie, Verenigde Party en Progressiewe Federale Party († 2012).
- 4 Augustus – Sidney Harman, Amerikaanse sakeman, politikus en uitgewer († 2011).
- 6 Augustus – Prof. C.J.M. Nienaber, Afrikaanse letterkundige († 1988).
- 13 Augustus – Frederick Sanger, Britse biochemikus († 2013).
- 25 Augustus – Leonard Bernstein, Amerikaanse dirigent en komponis († 1990).
- 26 Augustus – Katherine Johnson, Amerikaanse wiskundige en wentelbaanmeganikakenner by NASA († 2020).
- 7 November – Billy Graham, Amerikaanse evangelis († 2018).
- 10 November – Ernst Otto Fischer, Duitse chemikus en Nobelprys wenner († 2007).
- 11 Desember – Aleksandr Solzhenitsyn, Russiese skrywer, 1970 Nobelpryswenner († 2008).
- 21 Desember – Dana Niehaus, Afrikaanse omroeper en akteur († 1995).
- 23 Desember – Helmut Schmidt, Duitse politikus en vyfde kanselier van die Federale Republiek van Duitsland († 2015).
- 25 Desember – President Anwar Sadat van Egipte († sluipmoord in 1981).
- 29 Desember – Dricky Beukes, Suid-Afrikaanse skrywer († 1999).
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 6 Februarie – Gustav Klimt, Oostenrykse skilder (* 1862).
- 10 Februarie – Abdülhamid II, 'n sultan van die Ottomaanse Ryk (* 1842).
- 21 April – Manfred von Richthofen, Duitse vegvlieënier (* 1892).
- 25 Maart – Claude Debussy, Franse komponis (* 1862).
- 14 Junie – Edward Alexander Newell Arber, Engelse plantkundige en paleontoloog (* 1870).
- 3/4 Julie – Mehmet V, 'n sultan van die Ottomaanse Ryk (* 1844).
- 16 Julie – Nikolaas II van Rusland, laaste Tsaar van Rusland (* 1868).
- 16 Julie – Prinses Alix van Hesse-Darmstadt, vrou van Nikolaas II van Rusland (* 1872).
- 16 Julie – Anastasia Romanowa, groothertogin van Rusland (* 5 Junie 1901).
- 18 Julie – Prinses Elisabeth van Hesse-Darmstadt, vrou van groothertog Sergei Aleksandrowitsj van Rusland (* 1964).
- 6 September - J.F. van Oordt, Suid-Afrikaanse skrywer, bekend as D'Arbez of Nemo.
- 25 Oktober – Tobie Muller, NG predikant en Afrikaanse taalstryder (* 1884).
- 1 November – Ewald Auguste Esselen, Prokureur-generaal van die Zuid-Afrikaansche Republiek (* 1858)
- 9 November – Albert Ballin, Duitse reder en entrepreneur (* 1857).
- 5 Desember – Schalk Willem Burger, Transvaalse politikus en waarnemende president (* 1852).
- 14 Desember – Sidónio Pais, Portugese politikus en diplomaat, President van Portugal (* 1872).