Gaan na inhoud

Wikipediabespreking:Burokraat/Argief

Page contents not supported in other languages.
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Argief Hierdie bladsy dien as 'n argief van ou besprekings. Moenie die inhoud van hierdie bladsy wysig nie. Indien u 'n nuwe bespreking wil begin, of by een van die oues hieronder wil aansluit, doen asseblief so voort op die huidige besprekingsblad.


Hiermee nomineer ek amptelik en plegtig vir Alias as burokraat. --RM 07:19, 4 November 2005 (UTC)[antwoord]

Sekondante?

Dankie, Renier. Ek neem aan dit beteken dat ten minste jy gelukkig is met die beleid wat ek voorstel. Miskien moet ons seker maak dat almal gelukkig is voor optrede. Daar is seker geen haas nie. --Alias 19:03, 4 November 2005 (UTC)[antwoord]
Ek is seker gelukkig met die beleid. Jcb 22:37, 4 November 2005 (UTC)[antwoord]

Ja

  1. Jcb 11:51, 4 November 2005 (UTC)[antwoord]
  2. Laurens 20:27, 4 November 2005 (UTC)[antwoord]
  3. Danielm 23:18, 4 November 2005 (UTC)[antwoord]
  4. ...

Nee

  1. ...

Hiermee nomineer ek Anrie vir burokraatregte.

Dankie, Renier. Ek aanvaar die nominasie. Anrie (kontak) 20:22, 2 Januarie 2009 (UTC)[antwoord]
Persoonlik mis ek Alias se diplomatiese styl. Ek vind Anrie se styl verdelend en nie bevorderlik vir die groei van die projek nie. Frank (kontak) 11:17, 4 Januarie 2009 (UTC)[antwoord]
Te midde van reuse eenstemmigheid, en op versoek van Spacebirdy, gee ek Anrie die nodige regte. Vir wat dit werd is, glo ek nie dat Anrie se aanstelling as administrateur in die minste kontroversieel was nie. Ek glo ek het besonder ver uit my pad uit gegaan om seker te maak dat haar aanstelling as administrateur reg hanteer word, en dat ons 'n besonder hoë vlak van eenstemmigheid bereik het. Anrie, ek moedig jou aan om onberispelik op te tree sodat hierdie aanstelling nooit 'n struikelblok vir enigeen sal wees om by te dra nie. Vir wat dit werd is, lyk dit my dat die regte van administrateurs en burokrate geleidelik van minder belang word weens verbeteringe in die MediaWiki-sagteware. Alles van die beste. --Alias (kontak) 10:07, 31 Januarie 2009 (UTC)[antwoord]

Soos reeds telkemale tereg opgemerk is, ons benodig meer as slegs een burokraat. Dus nomineer ek vir Renier as burokraat. Hy is 'n vertroude, oudgebruiker (nie dat hy oud is nie, maar hy is al lank aktief hier) en is steeds reëlmatig aktief. Anrie (kontak) 20:22, 2 Januarie 2009 (UTC)[antwoord]

Te midde van totale eenstemmigheid, en op versoek van Spacebirdy, gee ek vir RAM die nodige regte. RAM, ek moedig jou aan om onberispelik op te tree sodat hierdie aanstelling nooit 'n struikelblok vir enigeen sal wees om by te dra nie. Vir wat dit werd is, lyk dit my dat die regte van administrateurs en burokrate geleidelik van minder belang word weens verbeteringe in die MediaWiki-sagteware. Alles van die beste. --Alias (kontak) 10:07, 31 Januarie 2009 (UTC)--Alias (kontak) 10:07, 31 Januarie 2009 (UTC)[antwoord]

Hiermee nomineer ek Laurens vir burokraatregte.

Hiermee nomineer ek Voyageur vir burokraatregte.

Ek waardeer hierdie nominasie baie, maar ek is geen administrateur nie en ook nie meer by die projek betrokke nie. --Voyageur (kontak) 22:49, 10 Januarie 2009 (UTC)[antwoord]
As ek reg verstaan (vanaf die Engelse Wikipedia) kan burokraatregte wel aan nie-administrateurs toegeken word.
NS: Ek is jammer om te hoor jy is nie meer hier betrokke nie. Hoop nie jy moes dieselfde paaidjie as ek loop nie?
Groete. Frank (kontak) 14:11, 12 Januarie 2009 (UTC)[antwoord]
Administrateurstatus is 'n de facto-voorvereiste vir burokraatregte. Hoe dit ook al sy, ek het na ander tale oorgeskakel. --Voyageur (kontak) 16:55, 12 Januarie 2009 (UTC)[antwoord]
Jammer om te hoor. Ons sal jou bydraes mis. Arnobarnard (kontak) 09:56, 13 Januarie 2009 (UTC)[antwoord]
  • Ondersteun, vir wat dit werd mag wees. Ek wou nog altyd dat Voyageur admin wees, maar hy het die nominasie afgewys en ek twyfel of hy in die admin van die projek belang stel, alhoewel ek hom sou ondersteun indien hy sou begin belang stel. Dit sal baie hartseer wees as hy permanent nie meer hier betrokke sou wees nie.  — Adriaan90 (Bespreking • Bydraes) 20:43, 13 Januarie 2009 (UTC)[antwoord]

Hiermee nomineer ek Adriaan vir burokraatregte. Hy doen baie moeite, is 'n uitmuntende kommunikeerder en het 'n plat-op-die-aarde houding teenoor medewerkers. Sy bereidwilligheid om die Afrikaanse Wikipedia 'n beter plek te maak word opreg waardeer.

Kommentaar: Dit is inderdaad 'n probleem. Ek sal voorstel dat die amptelike aanstelling of afstelling uitgestel word totdat ek van my aanwesigheid hier seker is.  — Adriaan90 (Bespreking • Bydraes) 14:30, 23 Januarie 2009 (UTC)[antwoord]

Hiermee nomineer ek JCIV vir burokraatregte. Ons het tans geen aktiewe burokrate nie en JCIV verrig daagliks goeie werk hier. Hy verdien om 'n burokraat te wees!

Hiermee nomineer ek Jcwf vir burokraatregte. 'n Uitstekende kandidaat, miskien nie altyd so aktief nie, maar kom ons katrol hom in.

Dis bietjie voorbarig, maar as julle nie omgee nie wil ek myself nomineer sodat ek die robotte kan uitsorteer. Ek het byvoorbeeld vir Acebot genader om {{NUMBEROF/data}} op datum te hou, en wil hom tot bot promoveer. Groete. Frank (kontak) 06:16, 31 Augustus 2015 (UTC)[antwoord]


Hoe kry ons nou vir Frank aangestel? Groete! Oesjaar (kontak) 10:01, 23 September 2015 (UTC)[antwoord]
Ek het dit nou gedoen. Baie geluk Frank! :) Groete. -- JCIV (Besprekings | Bydraes) 10:19, 23 September 2015 (UTC)[antwoord]