Pous Innocentius V
Pous Innocentius V | |
---|---|
Geboortenaam | Pierre de Tarentaise |
Pontifikaat begin | 21 Januarie 1276 |
Pontifikaat eindig | 22 Junie 1276 |
Voorganger | Gregorius X |
Opvolger | Adrianus V |
Gebore | ± 1224 Tarentaise, Frankryk |
Sterf | 22 Junie 1276 Rome, Italië |
Ander pouse genaamd Innocentius |
Geseënde Pous Innocentius V | |
---|---|
Gebore | ± 1224, Tarentaise, Frankryk |
Sterfte | 22 Junie 1276, Rome, Italië |
Vereer in | Rooms-Katolieke Kerk |
Saligverklaring | 9 Maart 1898, Rome, Koninkryk van Italië deur Pous Leo XIII |
Feesdag | 22 Junie |
Attribute | Dominikaanse klere, pouslike klere, pouslike tiara, boek |
Pous Innocentius V was die 185ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk in 1276 van 21 Januarie tot 22 Junie.
Biografie
[wysig | wysig bron]Pous Innocentius V[1] is gebore as Pierre de Tarentaise ongeveer in 1224 in Tarentaise, (teenswoordig Moûtiers in die departement Savoie) Frankryk. Ongeveer in 1240 word hy 'n Dominikaanse monnik in Lyon, hy is die eerste Dominikaan om pous te word. Hy studeer teologie in Parys aan die Sorbonne Universiteit en word ook dosent. In 1272 word hy aartsbiskop van Lyon en in 1273 kardinaal-biskop van Ostia. Hy het prominent deel geneem aan die tweede konsilie van Lyon. Op 21 Januarie 1276 volg hy Pous Gregorius X op en regeer tot sy dood op 22 Junie 1276. Hy word opgevolg deur Pous Adrianus V. Die naam ‘Innocentius’ beteken 'onskuldige'.
Pontifikaat
[wysig | wysig bron]Pous Innocentius V[2] het min vermag in sy kort pontifikaat. Hy was egter 'n vredemaker. Hy het probeer om die Welfe en die Ghibellyne in Italië te versoen, het vrede bewerkstellig tussen die stede Pisa en Lucca en het bemiddel tussen Karel van Anjou en Rudolf van Habsburg. Hy het ook probeer om die Roomse Kerk met die Oosters-Ortodokse Kerk te herenig. Hy het met keiser Michael VIII Paleologus gekorrespondeer en afgevaardigdes na Konstantinopel gestuur. Hy is egter gedwarsboom deur Karel van Anjou wat die briewe dikteer het en die taal sodanig beïnvloed het dat dit vir die keiser as beledigend geklink het. Die pous se bynaam was "famosissimus doctor" (die beroemdste doktor).
Verering
[wysig | wysig bron]Pous Innocentius V is op 9 Maart 1898 deur Pous Leo XIII salig verklaar. Sy feesdag is op 22 Junie.
Bibliografie
[wysig | wysig bron]- Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0300091656.
- Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0500017980.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Innocent V Blessed. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.
- ↑ Weber, N. (1910). Pope Bl. Innocent V. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Besoek op 19 September 2008 by: http://www.newadvent.org/cathen/08018a.htm
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Innocentius V. |
- CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)
- CF Inskrywing in die Catholic Forum (Engels)
- BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
- PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)
Nota
[wysig | wysig bron]Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.
Opvolging
[wysig | wysig bron]Voorafgegaan deur Gregorius X |
Pous (Pontifex Maximus) 1276 – 1276 |
Opgevolg deur Adrianus V |