De Doorns
De Doorns | |
---|---|
De Doorns | |
Koördinate: 33°29′S 19°41′O / 33.483°S 19.683°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Kaapse Wynland |
Munisipaliteit | Breedevallei |
Regering | |
Oppervlak | |
• Totaal | 7,6 km2 (2,9 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 11 278 |
• Digtheid | 1 484/km2 (3 840/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 6.0% |
• Indiërs/Asiërs | 0.6% |
• Bruin mense | 51.5% |
• Swart mense | 40.0% |
• Ander | 1.9% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 64.0% |
• Xhosa | 25.2% |
• Sotho | 3.7% |
• Engels | 2.5% |
• Ander | 4.5% |
Skakelkode | 023 |
De Doorns is 'n dorp in die Hexriviervallei in die Wes-Kaap, Suid-Afrika, noordoos van Worcester. In 2011 het die dorp en die townships saam 'n bevolking van 11 278 gehad, van wie 673 (6%) wit was.[1]
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die eerste blanke nedersetter was waarskynlik Roelof van Hoeting, wat ’n lisensie in 1709 gekry het om sy beeste daar te laat wei. Ander veeboere het gevolg en teen die einde van die 18de eeu was daar ses plase, elk met ’n opstal. Die een plaas was De Doorns boven aan de Hexen Rivier. Dit is hier waar die dorp uitgelê is. Daar was ’n dorpsraad in 1933 ingestel en munisipale status is in 1951 verky. Die eerste druiwe is in 1894 uitgevoer.
Die wetenskaplike Stefan Meiring Naudé is in 1904 in De Doorns gebore.
Wapen
[wysig | wysig bron]Die munisipale raad het in 1985 'n wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer: In silwer, op 'n golwende blou paal 'n goue heksebesem, vergesel regs en links van 'n purper druiwetros, groen gestingel en geblaar; op 'n rooi skildhoof 'n goue valhek sonder kettings. Die helmteken is 'n voskop met 'n doringkrans om die nek, en die wapenspreuk is "Deus providebit".[2]
Omgewing
[wysig | wysig bron]Druiwe is verreweg die belangrikste landbouproduk wat verbou word. Die oorspronklike opstal van die plaas De Doorns staan steeds op die Valley Stud perdetelery.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Friedrich Eich, stigter van die plaaslike sendingstasie van die Rynse Sendinggenootskap
- Kaffrarian Rifles-monument
- Lys van dorpe in Suid-Afrika
Bronne
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 Som van die hoofplekke De Doorns, Hassie Square en Ekupumeleni Sensus 2011.
- ↑ National Archives of South Africa: Data of the Bureau of Heraldry.