6 Januarie
Voorkoms
<< | Januarie 2025 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
6 Januarie is die sesde dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 359 dae in die res van die jaar (360 in skrikkeljare).
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 386 – Pous Siricius hou ’n sinode in Rome wat die kerklike dissipline vaslê.
- 754 – Pous Stefanus II trek oor die Alpe en ontmoet Pepyn die Korte by Ponthion om sy hulp te vra teen die Lombarde.
- 1450 – Pous Nicolaas V begin die heiligverklaringsproses van Sint Simpert van Ausburg. Die proses word eers in 1468 voltooi.
- 1453 – ’n Sameswering teen Pous Nicolaas V word ontdek en onderdruk.
- 1563 – Pous Pius IV stel Frederico Gonzaga, broer van die hertog van Mantua en Ferdinando de’ Medici, seun van die hertog van Florence aan as kardinale.
- 1485 – Pous Innocentius VIII verklaar Markgraaf Leopold van Oostenryk heilig.
- 1560 – Pous Pius IV word gekroon deur kardinaal Alessandro Farnese.
- 1622 – Pous Gregorius XV stig die Congregatio de propagande fide met sy bul Inscrutabili divinae providentia.
- 1704 – Eerste kerkgebou van NG gemeente Kaapstad die Groote Kerk word ingewy.
- 1768 – Pous Clemens XIII publiseer Summa Quae – Oor die Poolse Kerk.
- 1838 – Samuel Morse toets die elektriese telegraaf suksesvol vir die eerste keer.
- 1857 – Die Vierkleur word die eerste keer gehys.
- 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Slag van Platrand vind plaas.
- 1903 – Albert Einstein trou met Mileva Maric.
- 1907 – Maria Montessori open haar eerste skool en dagsorgsentrum vir werkersklaskinders in Rome.
- 1912 – Nieu-Meksiko word die 47ste deelstaat van die Verenigde State.
- 1963 - Windhoek se middestad word oorstroom na 'n wolkbreuk; ten minste 6 mense verdrink.
- 1973 – Schoolhouse Rock draai vir die eerste keer.
- 1995 – ’n Brand in ’n woonstel in Manila lei tot die ontbloting van die beplande Operasie Bojinka-komplot van Al-Kaïda.
- 2005 – Oudpres. Nelson Mandela bevestig dat sy enigste oorlewende seun, Makgatho Mandela, gesterf het aan MIV/vigs.
- 2021 – Gewapende aanhangers van die uitgaande president Donald Trump bestorm die Amerikaanse Kapitool in Washington, D.C.
- 2025 – Indonesië sluit by BRICS aan.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1367 – Richard II van Engeland († 1400).
- 1412 – Johanna van Arkel, Franse nasionale heldin († 1431).
- 1834 – Georges de Layens, Franse botanis en byeboer († 1897).
- 1838 – Max Bruch, Duitse komponis en dirigent († 1920).
- 1861 – Victor Horta, Belgiese argitek en ontwerper († 1947).
- 1865 – Stephanus Postma, Afrikaanse teoloog en predikant († 1904).
- 1878 – Carl Sandburg, Amerikaanse digter en geskiedkundige († 1967).
- 1890 – Paul Louw, Afrikaanse predikant en digter († 1933).
- 1897 – Ferenc Szálasi, Hongaarse militêre offisier en politikus († 1946).
- 1906 – Walter Battiss, Suid-Afrikaanse kunstenaar († 1982).
- 1913 – Loretta Young, Amerikaanse aktrise († 2000).
- 1944 – Bonnie Franklin, Amerikaanse aktrise († 2013).
- 1946 – Syd Barrett, Engelse sanger, liedjieskrywer en musikant wat die rockgroep Pink Floyd in 1965 gestig het († 2006).
- 1955 – Rowan Atkinson, Britse akteur.
- 1955 – Virginia Davids, Suid-Afrikaanse sopraan.
- 1962 – Mike Schüssler, Suid-Afrikaanse ekonoom († 2022).
- 1964 – Richard Louis, naelloopatleet van Barbados († 2025).
- 1984 – Marius van der Westhuizen, Suid-Afrikaanse internasionale rugbyskeidsregter.
- 1986 – Deepika Padukone, Indiese aktrise en model.
- 1987 – Bongani Khumalo, Suid-Afrikaanse sokkerspeler.
- 1999 – Eliza Scanlen, Australiese aktrise.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 1448 – Christoffel van Beiere, 'n koning van Denemarke, Noorweë en Swede (* 1418).
- 1693 – Mehmet IV, sultan van die Ottomaanse Ryk (* 1642).
- 1884 – Gregor Mendel, Oostenrykse Augustynse monnik, bioloog en ontdekker van die grondslag van die genetika (* 1822).
- 1919 – Theodore Roosevelt, die 26ste President van die Verenigde State (1901–1909) (* 1858).
- 1919 – Walther Paucker, Duits-Baltiese protestantse martelaar (* 1878).
- 1981 – A.J. Cronin, Skotse fisikus en digter (* 1896).
- 1993 – Rudolf Nureyev, Russiese balletdanser (* 1938).
- 1993 – Dizzy Gillespie, Amerikaanse trompetspeler van jazzmusiek (* 1917).
- 1995 – Joe Slovo, 'n Suid-Afrikaanse politikus, leier van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, en 'n lid van die ANC (* 1926).
- 2013 – Neil Adcock, Suid-Afrikaanse krieketspeler (* 1931).
- 2019 – Johan Claassen, Suid-Afrika se ses-en-twintigste Springbokkaptein (* 1929).
- 2022 – Sir Sidney Poitier, Amerikaansgebore Bahamaanse akteur, regisseur, skrywer en diplomaat (* 1927).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met 6 January. |