23 Mei
Voorkoms
(Aangestuur vanaf 05-23)
<< | Mei 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
23 Mei is die 143ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (144ste inskrikkeljare). Daar volg nog 222 dae.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1430 – Johanna van Arkel word deur die Boergondiërs gevange geneem.
- 1474 – Giuliano della Rovere (later Pous Julius II) word aartsbiskop van Avignon.
- 1498 – Die hervormer Girolamo Savonarola word in Florence tereggestel.
- 1533 – Die huwelik van Catharina van Aragon en Henry VIII van Engeland word nietig verklaar.
- 1555 – Pous Paulus IV volg Pous Marcellus II op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
- 1568 – Die Tagtigjarige Oorlog breek uit toe Nederlandse rebelle onder leiding van Lodewyk van Nassau Friesland in die Slag van Heiligerlee binneval.
- 1697 – Die Oosterland strand in Kaapstad.
- 1788 – Suid-Carolina word die 8ste deelstaat van die Verenigde State.
- 1842 – Die Beleg van Congella begin.
- 1844 – Samuel Morse stuur die eerste telegram via sy elektriese telegraaf.
- 1895 – Die Republiek van Formosa word gestig.
- 1934 – Die Amerikaanse bankrowers Bonnie en Clyde word deur die polisie in 'n lokval gelei en doodgeskiet in Black Lake, Louisiana.
- 1949 – Stigting van die Bondsrepubliek Duitsland.
- 1960 – Die stadjie Hilo, aan die ooskus van Hawaii, word deur 'n aardbewing getref.
- 1969 – Britse rockgroep, The Who, stel die rockopera Tommy vry.
- 1995 – Die Java-programmeertaal word amptelik deur die ontwikkelaar James Gosling en sy kollegas aangekondig.
- 2007 – Johanna Stoffels, voormalige ANC-burgemeester van Saldanhabaai verslaan haar voormalige party in 'n tussenverkiesing op Hopefield en die raad word deur die opposisie oorgeneem.
- 2021 – Irvette van Zyl stel 'n nuwe wêreldrekord op in 'n 50km wedloop in Gqeberha met 'n tyd van 3:07:26.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1707 – Carolus Linnaeus, Sweedse dokter, plantkundige en bioloog († 1778).
- 1827 – Lord Henry Loch, Britse goewerneur van die Kaapkolonie († 1900).
- 1848 – Otto Lilienthal, Duitse lugvaartpionier († 1896).
- 1888 – Adriaan Roland Holst, Nederlandse digter († 1976).
- 1896 – Felix Steiner, Duitse generaal († 1966).
- 1923 – Alicia de Larrocha, Spaanse pianis en komponis († 2009).
- 1926 – Joe Slovo, Suid-Afrikaanse politikus, leier van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party en lid van die ANC († 1995).
- 1929 – Joe Modise, Suid-Afrikaanse ANC-politikus en kabinetsminster († 2001).
- 1933 – Joan Collins, Engelse aktrise en rolprentvervaardiger.
- 1935 – Francois van Heyningen, Suid-Afrikaanse akteur, sanger, skrywer en radio-omroeper († 2015).
- 1949 – Estian Calitz, Suid-Afrikaanse ekonoom en emeritus professor van die Universiteit Stellenbosch.
- 1950 – Martin McGuinness, Noord-Ierse republikeinse politikus († 2017).
- 1969 – Kobie van Rensburg, Suid-Afrikaanse tenoor en operadirekteur.
- 1972 – Rubens Barrichello, Brasiliaanse Formule Een-renjaer.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 230 – Pous Urbanus I, sewentiende pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1423 – Teenpous Benedictus XIII (* 1328).
- 1498 – Girolamo Savonarola, Florentynse Dominikaanse hervormer (* 1452).
- 1699 – Abadin Tadia Tjoessoep, Indonesiese Moslem van adellike afkoms wat Islam aan die Kaap gevestig het (* 1626).
- 1838 – Jan Willem Janssens, laaste Nederlandse goewerneur van die Kaap (* 1762).
- 1857 – Augustin Louis Cauchy, Franse wis- en natuurkundige (* 1789).
- 1906 – Henrik Ibsen, Noorse dramaturg en kritikus (* 1828).
- 1926 – Hans von Koessler, Duitse komponis, dirigent en musiekonderwyser (* 1853).
- 1944 – Grete Berger, Duitse aktrise (* 1883).
- 1992 – Joyce Barker, Suid-Afrikaanse sopraan (* 1931).
- 2017 – Roger Moore, Engelse akteur (* 1927).
- 2021 – Lorrae Desmond, Australiese aktrise (* 1929).
Vakansiedae
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met 23 May. |