Gaan na inhoud

Pous Fabianus: Verskil tussen weergawes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Geskrapte inhoud Bygevoegde inhoud
MerlIwBot (besprekings | bydraes)
k robot Bygevoeg: mzn:فابین
GhalyBot (besprekings | bydraes)
k r2.7.3) (Robot: verander tl:Fabián na tl:Papa Fabián
Lyn 112: Lyn 112:
[[ta:ஃபேபியன் (திருத்தந்தை)]]
[[ta:ஃபேபியன் (திருத்தந்தை)]]
[[th:สมเด็จพระสันตะปาปาฟาเบียน]]
[[th:สมเด็จพระสันตะปาปาฟาเบียน]]
[[tl:Fabián]]
[[tl:Papa Fabián]]
[[uk:Фабіан]]
[[uk:Фабіан]]
[[vi:Giáo hoàng Fabianô]]
[[vi:Giáo hoàng Fabianô]]

Wysiging soos op 23:54, 14 Januarie 2013

Pous Fabianus
Geboortenaam Fabianus
Pontifikaat begin 10 Januarie 236
Pontifikaat eindig 20 Januarie 250
Voorganger Anterus
Opvolger Cornelius
Gebore ±200
Sterf 20 Januarie 250
Rome, Italië

Fabianus was die twintigste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Biografie

Pous Fabianus wat ook Flavius genoem word, is volgens legende (beskryf deur Eusebius) gekies toe ‘n duif op sy kop kom sit het. Hy was nie ‘n biskop nie en ook nie ‘n inwoner van Rome nie. Op 10 Januarie 236 volg hy Pous Anterus op en word in 250 opgevolg deur Pous Cornelius. Die naam ‘Fabianus’ beteken ‘uit die geslag van die Fabiërs’.

Pontifikaat

Pous Fabianus (met swaard) en Sint Sebastianus (met pyle)

Fabianus se pontifikaat word gekenmerk deur organisasie en uitbreiding. Hy het mense aangestel om die dade van die martelare op te teken. Hy het ook keiser Philippus en sy seun gedoop. Hy lê die grondslag vir die latere hiërargiese stelsel van die kerk deur sewe biskoppe vanuit Rome as sendelinge na die huidige Frankryk uit te stuur:

Die uitsending was moontlik nie sy werk nie omdat dit eers plaasgevind het na die Christenvervolging van keiser Trajanus Decius, waartydens Fabianus op 10 Januarie 250 om die lewe gekom het.

Hy stel die hoër ordes ("ordines majores") van biskop, ouderling en diaken in en ook die laer ordes ("ordines minores") van sub-diaken, akoliet, deurwagter, eksorsis (duiweluitdrywer) en leser (lektor).

Verering

Hy is begrawe in die Callixtus katakombe. Hy word as martelaar en heilige vereer. Sy feesdag is 10 Januarie in die Rooms-Katolieke Kerk en op 5 Augustus in die Ortodokse Kerk. Hy is saam met Sint Sebastianus die beskermheilige van die stad Selm in Wesfale en die kerk Santi Fabiano e Venanzio in Rome. Baie kerke is na hom saam met Sebastianus vernoem soos “Fabianus en Sebastianus” in Darup en Osterwick in Duitsland en Apeldoorn Nederland. Hy is ook die patroon van die pottebakkers en die tingieters. Sy sarkofaag is in 1915 herontdek.

Eksterne skakels

  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)

Verwysings

  • Attwater, Donald and Catherine Rachel John. The Penguin Dictionary of Saints. 3rd edition. New York: Penguin Books, 1993. ISBN 0-140-51312-4.
  • Gross, Ernie. This Day in Religion. New York:Neal-Schuman Publishers. ISBN 1555700454

Nota

Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wiki’s.

Opvolging

Voorafgegaan deur
Anterus
Biskop van Rome
236250
Opgevolg deur
Cornelius