Palapye
Voorkoms
Palapye | |
---|---|
Palapye, uitsig na die Morupule-kragstasie, 1987 | |
Koördinate: 22°23′0″S 27°8′0″O / 22.38333°S 27.13333°O | |
Land | Botswana |
Distrik | Sentraal Distrik |
Subdistrik | Serowe/Palapye |
Regering | |
• LP | Moiseraele Master Goya |
• Hoofman | Raditanka Ntebele |
Hoogte | 919 m (3 015 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 26 000 |
• Digtheid | 5,0/km2 (12,9/vk. myl) |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Areakode | 49xxxxx |
Webwerf | http://www.palapye.com |
Palapye (klem op tweede lettergreep) is 'n stad (voorheen 'n dorp) in Botswana. Palapye word beskou as die stad in Afrika wat die vinnigste groei.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die Bamangwato-volk, onder Kgosi Kgama III, word algemeen beskou as die eerste mense om hulself naby die hedendaagse Palapye te vestig. Hul hoofstad was die nedersetting Phalatswe, ook bekend as Ou Palapye, en was geleë aan die westelike punt van die Tswapong heuwels. Dit het tot 1902 bestaan, toe dit ontruim is, en die bouvalle daarvan is steeds sigbaar 'n paar kilometer buite Palapye se dorpskern. Die naam Palapye, voorheen ook Palachwe of Palapwe gespel, verwys na die rooibok.[1]