Gaan na inhoud

NML Cygni

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
NML Cygni
H-Alpha-ligbeeld van Cygnus OB2, die sterassosiasie waarin NML Cygni lê.
H-Alpha-ligbeeld van Cygnus OB2, die sterassosiasie waarin NML Cygni lê.
Sterrebeeld Swaan
Spektraaltipe M6I
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 20h 46m 25,6s
Deklinasie +40° 06′ 59,4″
Skynmagnitude (m) 16,6
B-V-kleurindeks  2,0
Besonderhede
Massa (M) 32.5
Radius (R) 1 183
Ligsterkte (L) 270 000
Afstand (ligjaar) 5 300
Ander name
V* V1489 Cyg, RAFGL 2650, IRC +40448
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

NML Cygni, of V1489 Cygni, is ’n rooisuperreus[1] en een van die grootste sterre bekend. Sy radius is sowat 1 650 keer dié van die Son, of 7,67 AE. Die ster is een van die uiters helder superreuse.[2] Sy afstand van die Aarde af word op sowat 5 300 ligjare (1 600 parsek) geraam.[2] Die ster het ’n stowwerige omgewing[1] en toon ’n boontjievormige, asimmetriese newel.[3] Dit is ’n halfreëlmatige veranderlike ster met ’n periode van sowat 940 dae.[4]

NML Cygni is in 1965 deur Neugebauer, Martz en Leighton ontdek.[5] Die naam NML is afgelei van die drie ontdekkers se name.[6] Dit is deel van die Cygnus OB2-verbinding wat byna 2° in die lug beslaan. Dit is dus een van die naaste massiewe verbindings aan die son.[4]

NML Cygni is ’n massiewe suurstofryke ster.[7] Wilson en Barrett het aanvanklik OH-radio-emissies (1612 MHz) in 1968 ontdek. Later is die teenwoordigheid van molekules soos water (H2O), silikonmonoksied (SiO), koolstofmonoksied (CO), koolstofmonosulfied (CS), swaelmonoksied (SO), swaeldioksied (SO2) en waterstofsulfied (H2S) ook ontdek.[5]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia.
  1. 1,0 1,1 Zhang, B.; Reid, M.J.; Menten, K.M.; Zheng, X.W.; Brunthaler, A. (2012). "The distance and size of the red hypergiant NML Cygni from VLBA and VLA astrometry". Astronomy & Astrophysics. 544: A42. doi:10.1051/0004-6361/201219587.
  2. 2,0 2,1 Michael Thomas Schuster (2007). Investigating the Circumstellar Environments of the Cool Hypergiants. ProQuest. p. 57. ISBN 978-0-549-32782-0. Besoek op 27 Augustus 2012.[dooie skakel]
  3. Schuster, M.T.; Humphreys, R.M.; Marengo, M. (2006). "The Circumstellar Environments of NML Cygni and the Cool Hypergiants". The Astronomical Journal. 131: 603. doi:10.1086/498395.
  4. 4,0 4,1 Schuster, M.T.; Marengo, M.; Hora, J.L.; Fazio, G.G.; Humphreys, R.M.; Gehrz, R.D.; Hinz, P.M.; Kenworthy, M.A.; Hoffmann, W.F. (2009). "Imaging the Cool Hypergiant Nml Cygni's Dusty Circumstellar Envelope with Adaptive Optics". The Astrophysical Journal. 699 (2): 1423. doi:10.1088/0004-637X/699/2/1423.
  5. 5,0 5,1 Kevin Marvel (19 Desember 1996). "NML Cygni". The Circumstellar Environment of Evolved Stars As Revealed by Studies of Circumstellar Water Masers. Universal-Publishers. pp. 182–212. ISBN 978-1-58112-061-5. Besoek op 23 Augustus 2012.
  6. J. B. Hearnshaw (2 Mei 1996). "New infrared sources and their interpretation". The Measurement of Starlight: Two Centuries of Astronomical Photometry. Cambridge University Press. p. 278. ISBN 978-0-521-40393-1. Besoek op 23 Augustus 2012.
  7. "Combined Array for Research in Millimeter-wave Astronomy" (PDF). Besoek op 27 Augustus 2012.