NGC 3628
Voorkoms
NGC 3628 | |
---|---|
(Bron: ESO)
| |
Soort | Spiraalsterrestelsel |
Sterrebeeld | Leeu |
Regte klimming | 11h 20m 17s |
Deklinasie | +13º 35' 23" |
Afstand | 35 miljoen ligjare |
Skynbare helderheid | 9,6 mag |
Skynbare grootte (v) | 15′ × 3′,6 |
Tipe | SAb pec |
Ander name | UGC 6350, PGC 34697, VV 308b |
NGC 3628 is ’n spiraalsterrestelsel sowat 35 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Leeu. Dit is in 1784 deur William Herschel ontdek.
Die sterrestelsel het ’n gety-stert van sowat 300 000 ligjare lank wat veroorsaak is deur ’n interaksie met ’n ander stelsel. Dit vorm saam met Messier 65 en Messier 66 die bekende Leeu-drieling, ’n klein groep sterrestelsels.
Die merkwaardigste eienskap van NGC 7089 is ’n breë band van stof aan die buitekant van die spiraalarms wat deur die stelsel sny soos van die Aarde af gesien.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- SEDS: NGC 3628 Geargiveer 10 September 2011 op Wayback Machine
- Foto's Geargiveer 19 Oktober 2012 op Wayback Machine
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie NGC 3628.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia