Kanferbos
Kanferbos | |
---|---|
'n Kanferbos in Jan Celliers Park. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Klade: | Asterids |
Orde: | Asterales |
Familie: | Asteraceae |
Genus: | Tarchonanthus |
Spesie: | T. camphoratus
|
Binomiale naam | |
Tarchonanthus camphoratus L., (1753)
| |
Sinonieme | |
|
Die kanferbos (Tarchonanthus camphoratus) is boom wat deel van die Asteraceae familie is. Die spesie is inheems in Angola, Botswana, Eritrea, Eswatini, Ethiopië, Jemen, Kenia, Lesotho, Malawi, Mosambiek, Namibië, Saoedi-Arabië, Suid-Afrika, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe. In Suid-Afrika kom die boom in Gauteng, Limpopo, Noord-Kaap, Noordwes en die Vrystaat voor.
Die boom staan ook bekend as die vaalbos of smalblaarkanferbos.
Kenmerke
[wysig | wysig bron]Dit word tussen 2 – 9 m groot. Die boom se bas is lig van kleur met diep groewe in die lengte. Die blare is leeragtig met 'n dowwe grysgroen aan die bokant en bleekgrys aan die onderkant. Indien die blare gekneus word gee dit 'n kanfergeur af. Die blomme en sade is oortrek met wit hare.
Habitat
[wysig | wysig bron]Die boom groei in duine, woudrande tot op hoë hoogtes. Die hout is swaar en word gebruik vir die maak van musiekinstrumente en meubels.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bronne
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Tarchonanthus camphoratus. |
- REDLIST Sanbi
- Plants of the World Online
- Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. ISBN 978-1-77009-215-0
- Algemene gids tot BOME. Keith, Paul & Meg Coates Palgrave. 2000. ISBN 1-86872-527-8
- IUBN Rooilys veilige spesies
- Bome van Afrika
- Tarchonanthus
- Flora van Angola
- Flora van Botswana
- Flora van Eritrea
- Flora van Eswatini
- Flora van Ethiopië
- Flora van Jemen
- Flora van Kenia
- Flora van Lesotho
- Flora van Malawi
- Flora van Mosambiek
- Flora van Namibië
- Flora van Saoedi-Arabië
- Flora van Suid-Afrika
- Flora van Tanzanië
- Flora van Zambië
- Flora van Zimbabwe