Gaan na inhoud

Kaapstad-Kaïro-Grootpad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Die Kaapstad-Kaïro-Grootpad is die Trans-Afrika hoofweg 4 in die transkontinentale padnetwerk wat ontwikkel is deur Ekonomiese Kommissie van die Verenigde Nasies vir Afrika (UNECA), die Ontwikkelingsbank van Afrika, en die Afrika-unie. Die roete met 'n lengte van 10 228 km is in die laat 19de eeu die eerste keer voorgestel as die Kaap-Kaïropad, in 'n poging soortgelyk aan die Kaap-Kaïro-spoorweg wat die Britse Ryk se kolonies in Oos-Afrika verbind het.

Roete

[wysig | wysig bron]

Die roete strek deur Egipte, Soedan, Ethiopië, Kenia, Tanzanië, Zambië, Zimbabwe, Botswana en Suid-Afrika. Die konstruksie van 'n pad langs dié roete is oorspronklik voorgestel om die Britse Ryk te bevorder met Cecil Rhodes wat die plan vir die Kaap-Kaïropad bepleit het. Met die moderne herlewing van die plan in die 1980's, was Suid-Afrika nie deel van die roete tydens die apartheidsera nie, maar daar is nou erken dat dit tot in dié land sal strek. Die konsultante het Pretoria as die eindpunt voorgestel, wat ietwat arbitrêr lyk. Kaapstad, met sy belangrike hawe, word eerder beskou as die suidelike punt van die plaaslike paaie in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskapslande.

Die hoofweg kan in dokumente na verwys word as die Kaïro-Gaborone-hoofweg of Kaïro-Pretoria-hoofweg.

Lees ook

[wysig | wysig bron]



Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.