Hendrina
Hendrina | |
---|---|
Koördinate: 26°9′S 29°43′O / 26.150°S 29.717°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Mpumalanga |
Distrik | Nkangala |
Munisipaliteit | Steve Tshwete |
Stigting | 1914 |
Oppervlak | |
• Totaal | 6,28 km2 (2,42 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 2 359 |
• Digtheid | 376/km2 (970/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 66.1% |
• Indiërs/Asiërs | 1.8% |
• Bruin mense | 1.5% |
• Swart mense | 29.2% |
• Ander | 1.4% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 69.0% |
• Zoeloe | 11.2% |
• Engels | 5.8% |
• Swazi | 2.4% |
• Ander | 11.6% |
Poskode (strate) | 1095 |
Poskode (posbusse) | 1095 |
Skakelkode | 013 |
Hendrina is 'n dorp in die Suid-Afrikaanse provinsie van Mpumalanga. Die dorp lê sentraal tussen Middelburg, Ermelo, Bethal, Davel en Carolina.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]In April 1914 word 'n vergadering op die plaas Grasfontein gehou om die wenslikheid van 'n dorp in hierdie omgewing te bespreek. Die idee het ontstaan by George Abraham, 'n sakeman, toe hy verneem het dat boere 'n meer sentrale kerkgebou wou oprig, omdat die afstande na naby geleë dorpe baie ver was. Abraham was van mening "stig 'n dorp en 'n eie gemeente met 'n eie kerkgebou sal volg". Uit twee voorstelle van plase waar 'n dorp gestig kon word, word die plaas Grasfontein van Gert Beukes gekies. Die grond word deur Willem (Dop) Joubert gekoop. Op 1 Junie 1915 word die dorp Hendrina gestig. Die dorp is na Gert Beukes se vrou Hendrina (nee de Clercq) vernoem. Op 1 September 1915 word besluit om 'n NG Kerk op die dorp te stig. Op 15 Junie 1916 word Hendrina dorp geproklameer en die NG Gemeente Hendrina op 04 Oktober 1916. Die dorp was oorspronklik 285 morge groot met 607 erwe.
Galery
[wysig | wysig bron]Omgewing
[wysig | wysig bron]Twee van Eskom se grootste steenkoolkragstasies, Arnot en Hendrina, is in die omgewing geleë. Daar is ook steenkoolmyne in die omgewing. Gemengde boerdery word beoefen (melk, grondbone, aartappels en mielies).
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bronne
[wysig | wysig bron]- Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
- Eric Rosenthal (1967). Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Juta. Kaapstad en Johannesburg.
- Roux, A.C. (2016). As die vlaktes verlate raak: Die kontrei-geskiedenis van die Hendrina Gemeenskap. 1862-2016. NG Gemeente Hendrina. ISBN 978-0-620-72175-2
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Hendrina". Sensus 2011.