Disa zuluensis
Voorkoms
Disa zuluensis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Orchidaceae |
Subfamilie: | Orchidoideae |
Genus: | Disa |
Spesie: | D. zuluensis
|
Binomiale naam | |
Disa zuluensis Rolfe, (1913)
|
Disa zuluensis is 'n meerjarige plant en geofiet wat tot die genus Disa behoort. In Suid-Afrika is die plant endemies aan KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga. Die plant kom voor by Dundee en vanaf Roossenekal tot by Dullstroom. Dit het 'n voorkomsgebied van 122km2 en daar is vier subpopulasies. Die spesie groei in moerasagtige of vleiagtige omgewings op hoogtes van 1500 - 2000 m. Die plant word bedreig deur mynbou wat die water onttrek uit die vleie of drooglê, oorbeweiding en indringerplante. Mynbou is die grootste bedreiging vir die onmiddellike toekoms.