Gaan na inhoud

Bernard Haitink

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Bernard Haitink
Agtergrondinligting
GeboortenaamBernard Johan Herman Haitink
Gebore4 Maart 1929
Amsterdam, Nederland
Sterf21 Oktober 2021 (op 92)
GenresKlassiek
Beroep(e)Dirigent
InstrumenteViool

Bernard Johan Herman Haitink (Nederlands:ˈbɛrnɑrt ˈɦaːi̯tɪŋk|lang; * 4 Maart 192921 Oktober 2021) was 'n Nederlandse dirigent.

Vroeë lewe

[wysig | wysig bron]

Haitink is in Amsterdam gebore as die seun van Willem Haitink, 'n staatsbeampte wat later die direkteur van die Nederlandse Elektrisiteitsraad sou word, en Anna Clara Verschaffelt, wat vir Alliance Française gewerk het.[1] Hy het viool gestudeer en gedirigeer by die Konservatoria van Amsterdam. Hy het viool in orkeste gespeel voordat hy in 1954 en 1955 kursusse in dirigeer onder Ferdinand Leitner geneem het.

Loopbaan

[wysig | wysig bron]
Bernard Haitink (1959)

Haitink het op 19 Julie 1954 sy eerste uitvoering gedirigeer met die Nederlandse Radio-unie simfonieorkes (later die Nederlandse Radio Filharmoniese Orkes [RFO]).[2] Hy het in 1955 die tweede dirigent van die simfonieorkes geword, en in 1957 het hy hoofdirigent daarvan geword. Sy buiging as dirigent met die Koninklike Concertgebouw-orkes het op 7 November 1956 plaasgevind. Hy het naamlik ingestaan vir Carlo Maria Giulini.[3] Na die skielike dood van Eduard van Beinum, was Haitink op 1 September 1959 as die eerste- of hoofdirigent van die Concertgebouw-orkes aangestel. Hy het in 1961 die prinsipiële dirigent van die Concertgebouw-orkes geword, en het tot 1963 die posisie gedeel met Eugen Jochum, toe Haitink die enigste prinsipiële dirigent geword het.[4] Haitink het verskeie opname vir die Philips plaatetiket saam met die Concertgebouw-orkes gemaak, en ook later vir Decca en EMI Classics, en wyd getoer saam met die orkes.

In die vroeë 1980's het Haitink gedreig om te bedank uit sy pos in protes teen vermindering van die subsidie wat die Concertgebouw-orkes van die Nederlandse regering ontvang het − welke kon lei tot die afdanking van 23 musikante uit sy orkes. Die finansiële situasie was uiteindelik geskik,[5] en Haitink het tot 1988 aangebly as hoofdirigent. In 1999 is hy aangestel as eredirigent van die Koninklike Concertgebouw-orkes. In Desember 2012, in die nasleep van sy voorspraak vir die RFO en voorgestelde begrotingbesnydings aan die orkes en Nederlandse musiek in die algemeen, het Haitink die titel as weldoener of beskermheer van die RFO aanvaar.[2] In Maart 2014 het Haitink aan die Nederlandse koerant Het Parool genoem dat hy die titel van RFO dirigent-laureaat wou herroep en nie langer as gas-dirigent van die orkes wou optree nie, in protes teen die orkes se huidige administratiewe bestuur.[6] In September 2015 het die Koninklike Concertgebouw Orkes aangekondig dat hulle hulle versoen het met Haitink, met 'n gepaardgaande geskeduleerde gasdirigentoptrede met die orkes gedurende die 2016-17 seisoen.[7][8]

Haitink was ook vanaf 1967 tot 1979 die hoofdirigent van die Londen Filharmoniese Orkes. Hy was ook vanaf 1978 tot 1988 Musiekdirekteur by Glyndebourne Opera in Engeland, en vanaf 1987 tot 2002 Musiekdrekteur van die Royal Opera House, waar sy musikale vermoë hoog aangeslaan is, alhoewel hy nie altyd heeltemal toegewydheid was aan die organisasie nie.[9][10]

Van 2002 tot 2004 was Haitink hoofdirigent van die Staatskapelle Dresden. Sy oorspronklike kontrak met Dresden het tot 2006 geloop, maar Haitink het voor die afloop daarvan in 2004 bedank oor verskille met die Staatskapelle se Intendant, Gerd Uecker, betreffende die orkes se keuse van 'n opvolger.[11]

By die Barbican Centre in Londen saam met die Londen Simfonieorkes, 2011

Haitink het vanaf 1995 tot 2004 gedien as hoofgasdirigent van die Boston Simfonieorkes toe hy die nuwe titel van dirigent-emeritus aanvaar het. Bykomend hiertoe het hy saam met l'Orchestre National de France en die Londen Simfonieorkes verskyn. In die vroeë 2000's het hy die volledige simfoniese siklusse van Beethoven en Brahms opgeneem saam met die Londen Simfonieorkes vir die LSO Live plaatetiket. Haitink is ook 'n erelid van die Berliner Philharmoniker.

In April 2006, na 'n hoogaangeskrewe twee-weeklange uitvoering van musiek saam met die Chicago Simfonieorkes (CSO), het die CSO Haitink in die nuutgeskepte posisie van hoofdirigent aangestel, met ingang van die 2006–2007 seisoen.[12] Die duur van die kontrak was vier jaar.[13] Haitink het egter a.g.v. sy hoë ouderdom nee gesê op die aanbod van die CSO om hul direkteur van musiek te word.[14] Ten opsigte van sy kontrak, het Haitink gesê dat "elke dirigent, insluitende ekself, 'n vervaldatum het."[15] Hy het in Junie 2010 sy kontrak as hoofdirigent van Chicago afgesluit met 'n reeks konserte van die volledige Beethoven-simfonieë. [16] en terselfdertyd het die orkes die Theodore Thomas-medalje aan hom toegeken.[17]

Haitink het 'n wye variëteit werke gedirigeer en opgeneem, met die volledige simfonieë van Beethoven, Brahms, Schumann, Tsjaikofski, Bruckner, Mahler, Sjostakowitsj en Vaughan Williams, asook die volledige klavierconcertos van Beethoven en Brahms saam met Claudio Arrau wat van sy mees noemenswaardige opnames is.[18] Haitink het opnames vir 'n verskeidenheid plaatetikette gemaak, insluitende Philips Records, EMI Classics, Columbia Records, LSO Live, RCO Live, en CSO Resound. Ander opnames sluit die volledige orkeswerke van Debussy, die twee simfonieë van Elgar, die drie Mozart/Da Ponte operas, en Wagner se volledige operasiklus, Der Ring des Nibelungen, in, asook die opera Tannhäuser.

Haitink het in 'n 2004 artikel aangekondig dat hy nie langer opera sou dirigeer nie, maar het in 2007 toegewings op die voorneme gemaak, en drie uitvoerings van Parsifal in Zürich in Maart en April gedirigeer, en vyf uitvoerings van die opera Pelléas et Mélisande in Parys se (Théâtre des Champs-Élysées) in Junie. Hy het in 2004 gesê dat hy nie beplan het om verder by die Koninklike Opera, Covent Garden te dirigeer nie.[19] 'n Aankondiging in April 2007 het egter vermeld dat Haitink sou terugkeer na die Koninklike Opera in Desember 2007, met dieselfde Zürichproduksie van Parsifal,[20] en hy het die voorneme vervul.[21]

Haitink het vir verskeie jare meesterklasse in dirigeer aangebied en jong dirigente opgelei in Luzern.[22] In Junie 2015 het die Europese Unie Jeugorkes die aanstelling van Haitink as die orkes se dirigent-laureaat aangekondig, met onmiddellike ingang.[23] In Junie 2019 het Haitink gekonstateer dat sy finale konsert as dirigent in September 2019 sal wees.[24]

Geselekteerde platelys

[wysig | wysig bron]

Koninklike Concertgebouw-orkes:

  • Anton Bruckner: Simfonieë 0-9 (Philips)
  • Claude Debussy: Orkeswerke (Philips, 1976–79)
  • Gustav Mahler
    • Simfonieë 1–9 (Philips)
    • Simfonie No. 2 "Opstanding", Elly Ameling, Aafje Heynis, Nederlandse-radiokoor, (Philips 1968).
    • Simfonie No. 5 (PENTATONE)
    • Simfonie No. 8 "Simfonie van 'n Duisend” (remastered PENTATONE)
    • Simfonieë Nos. 1-5, 7, 9 (Kerstmatinee; Philips)
  • Maurice Ravel
    • Orkestrale Werke (Philips 1971–77)
    • Daphnis et Chloé Suites & Ma mère l’oye (remastered; Pentatone)
  • Pjotr Tsjaikofski: Simfonieë 1-6. (Philips, 1979)
  • Dmitri Sjostakowitsj: Simfonie no.15 (RCO live 2012).
  • Robert Schumann: Simfonie No.3 in E-mol "Ryns" (Philips 411 104-1, 1983)
  • Symphony Edition boksstel van Koninklike Concertgebouw-orkes (RCO) opnames van Beethoven, Brahms, Bruckner, Mahler, Schumann, Tsjaikofski (36 CDs - Decca, 2014)

Boston Simfonieorkes:

  • Johannes Brahms
    • Simfonie No. 1, Nanie met die Tanglewood Festival Koor (Philips, 1994)
    • Simfonie No. 2 in D Majeur, Tragiese Ouverture (Philips, 1990)
    • Simfonie No. 3, Alto Rapsodie met Jard Van Nes saam met die mans van die Tanglewood Festival Koor (Philips, 1993)
    • Simfonie No. 4 in E Mineur, Haydn Variasies (Philips, 1992)
    • Klavierconcerto No. 2, met Emanuel Ax (Sony, 1997)
  • Maurice Ravel
    • Daphnis and Chloe met die Tanglewood Festival Koor (Philips, 1989)
    • Ma Mere l'Oye, Menuet antique, Rapsodie espagnole, La Valse (Philips, 1995)
    • Alborada del Gracioso, Bolero, Le tombeau de Couperin, Valses nobles et sentimentales (Philips, 1996)

Chicago Simfonieorkes:

Londen Filharmoniese Orkes:

Londen Simfonieorkes:

Beierse Radio Simfonieorkes:

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Nicholas Wroe (14 Oktober 2000). "Meester van die Huis". The Guardian. Besoek op 21 April 2007.
  2. 2,0 2,1 Radio Filharmonisch Orkest (20 Desember 2012). "Haitink beskermheer van die Nederlandse Radio Filharmoniese Orkes". Persberig. Archived from the original on 6 Augustus 2013. https://web.archive.org/web/20130806071554/http://en.radiofilharmonischorkest.nl/mco_page/detail/22285. Besoek op 2 Februarie 2013. 
  3. "Die Bedeesde Nederlander". Time (in Engels). 12 Mei 1967. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Julie 2013. Besoek op 13 Julie 2007.
  4. Die orkes se eie webwerf gee 1963 aan as die datum waarop Haitink die enigste prinsipiële dirigent geword het.
  5. James R. Oestreich (10 Maart 2002). "'n Rasionele Man in 'n Irrasionele Beroep". New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Julie 2018. Besoek op 30 Oktober 2007.
  6. "Haitink nooit meer bij Concertgebouworkest". Het Parool, 4 Maart 2014.
  7. Royal Concertgebouw Orchestra (2 September 2015). "Press Statement - Royal Concertgebouw Orchestra and Bernard Haitink". Persberig. Archived from the original on 18 Oktober 2015. https://web.archive.org/web/20151018060618/http://www.concertgebouworkest.nl/en/News/Press/2015-2016/Press-statement-Royal-Concertgebouw-Orchestra-and-Bernard-Haitink/. Besoek op 2015-09-03. 
  8. Guido van Oorschot (3 September 2015). "Concertgebouw toont zich de wijste in kwestie-Haitink". De Volksrant (in Nederlands). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2017. Besoek op 3 September 2015.
  9. Nicholas Kenyon (2 Junie 1991). "Vir 'n Teësinnige Maestro, Verligting, Geen Berou, in Berlyn". New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Julie 2018. Besoek op 6 Januarie 2008.
  10. Andrew Clements (21 Junie 2002). "'n Groot musikant – maar dit was nie genoeg nie". The Guardian. Besoek op 21 April 2007.
  11. Andrew Clark (22 Oktober 2004). "Bernard Haitink: onvoltooide simfonie". Financial Times. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Januarie 2013. Besoek op 5 Mei 2007.
  12. Andrew Patner (15 Oktober 2006). "Simfonie in goeie hande". Chicago Sun-Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Oktober 2015. Besoek op 21 April 2007.
  13. Daniel J. Wakin, (28 April 2006). "Kuns,Kortliks; Chicago Simfonieorkes: Dirigente maar Geen Musiekdirekteur". New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Julie 2018. Besoek op 21 April 2007.{{cite news}}: AS1-onderhoud: ekstra leestekens (link)
  14. Geoffrey Norris (9 April 2008). "Bernard Haitink: Ek's mal oor mag sonder verantwoordelikheid". The Telegraph. Besoek op 10 September 2008.[dooie skakel]
  15. James R. Oestreich (6 Oktober 2006). "A Jet-Setting Maestro Sets a Brisker Pace for Beethoven". New York Times. Besoek op 21 April 2007.
  16. Andrew Patner (19 Junie 2010). "Haitink beëindig CSO ampstermyn met onthullende interpretasie van Beethoven se Negende". Chicago Sun-Times. Besoek op 2 Julie 2010.[dooie skakel]
  17. Chicago Symphony Orchestra (21 Junie 2010). "CSO Hoofdirigent Bernard Haitink Ontvang Theodore Thomas-medalje vir Uitstaande Diens". Persberig. Archived from the original on 16 Julie 2011. https://web.archive.org/web/20110716180850/http://cso.org/uploadedFiles/7_Learn/Press_Room/Press_Releases/2009/Haitink_ThomasMedallion_final.pdf. Besoek op 2 Julie 2010. 
  18. Anderson, Robert; Mahler; Soloists; Choirs; Orchestra, Concertgebouw; Haitink. "Mahler: Die Volledige Simfonieë". Musical Times (1560 uitg.). Musical Times Publications Ltd. 114 (1560): 152. doi:10.2307/957200. JSTOR 957200.
  19. Martin Kettle (5 Maart 2004). "I started far too young. I still have sleepless nights ..." The Guardian (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Augustus 2008. Besoek op 21 April 2007.
  20. Opera News. "Breaking News: Next Royal Opera Season Promises Minotaur Premiere, New Salome, Voigt as Ariadne". Persberig. http://www.metoperafamily.org/operanews/news/pressrelease.aspx?id=1396. 
  21. Erica Jeal (8 Desember 2007). "Parsifal (Royal Opera House, London)". The Guardian (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Desember 2007. Besoek op 6 Januarie 2008.
  22. Tom Service (11 Augustus 2011). "'n Meesterklas met Bernard Haitink". The Guardian (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Desember 2019. Besoek op 4 Oktober 2014.
  23. "argiefkopie". Persberig. Archived from the original on 2019-01-04. https://web.archive.org/web/20190104175839/http://www.euyo.eu/discover/news/euyo-announces-new-conductors/. Besoek op 2019-07-12. 
  24. Guido van Oorschot (12 Junie 2019). "Dirigent Bernard Haitink zet na 65 jaar een punt achter zijn carrière". De Volksrant (in Nederlands). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Augustus 2019. Besoek op 12 Junie 2019.
  25. Fiona Maddocks (13 Desember 2009). "Mahler Simfonie No 2: Chicago Symphony/Haitink". The Observer (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Augustus 2017. Besoek op 27 Oktober 2010.
  26. "Chicago Simfonieorkes kondig Groot Radio - en Opname Inisiatiewe Aan". Chicago Symphony Orchestra. 30 November 2006.
  27. John von Rhein (20 Oktober 2006). "Haitink, CSO skep towerkuns met Mahler". Chicago Tribune. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Mei 2007. Besoek op 21 April 2007.
  28. Andrew Clements (25 April 2008). "Mahler: Simfonie No 6, Chicago Simfonieorkes/ Haitink". The Guardian (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Augustus 2017. Besoek op 27 Oktober 2010.
  29. Andrew Clements (22 Augustus 2008). "Classical review: Shostakovich: Symphony No 10, LPO/Haitink; Symphony No 4, Chicago SO/Haitink". The Guardian (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Augustus 2017. Besoek op 27 Oktober 2010.
  30. Andrew Clements (17 Junie 2010). "Strauss: Ein Heldenleben; Webern: Im Sommerwind". The Guardian (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016. Besoek op 27 Oktober 2010.
  31. Geoffrey Norris (24 Maart 2010). "Strauss: Eine Alpensinfonie, review". Telegraph (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Augustus 2017. Besoek op 19 April 2017.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Onderhoude
Kulturele poste
Voorafgegaan deur
Paul van Kempen
Hoofdirigent, Nederlandse Radio Filharmoniese orkes
1957–1961
Opgevolg deur
Jean Fournet
Voorafgegaan deur
John Pritchard
Hoofdirigent, Koninklike Concertgebouw Orkes
1978–1988
Opgevolg deur
Andrew Davis
Voorafgegaan deur
Colin Davis
Musikale Direkteur, Koninklike Operahuis, Covent Garden
1987–2002
Opgevolg deur
Antonio Pappano
Voorafgegaan deur
Giuseppe Sinopoli
Hoofdirigent, Staatskapelle Dresden
2002-2004
Opgevolg deur
Fabio Luisi
Voorafgegaan deur
Daniel Barenboim
Hoofdirigent, Chicago Simfonieorkes
2006–2010
Opgevolg deur
Riccardo Muti