Asië Rugby
Asië Rugby | |
---|---|
Kenteken van Asië Rugby
| |
Engelse naam | Asia Rugby |
Afkorting | AR |
Vasteland | Asië |
Lede | 36 |
Sportsoorte | Rugby, Sewesrugby |
Stigting | 1968 |
Gestig in | Bangkok, Thailand |
Sambreelorganisasie | Wêreldrugby |
Aangesluit in | 1988 |
President | Qais Al-Dhalai ( Verenigde Arabiese Emirate) |
Setel | Hongkong, Volksrepubliek China |
Amptelike taal | Engels |
Amptelike webwerf | asiarugby.com |
Asië Rugby (Engels: Asia Rugby, afgekort “AR”) is die kontinentale beheerliggaam vir rugby in Asië. Hulle is ook een van Wêreldrugby se ses kontinentale konfederasies.[1] Die konfederasie is in 1968 gestig en hulle hoofkantoor is in Hongkong, Volksrepubliek China, geleë. Die amptelike taal is Engels en Qais Al-Dhalai dien as president van Asië Rugby.
Asië Rugby organiseer verskeie vastelandse toernooie, insluitend die Asiatiese Rugbykampioenskap vir nasionale seniorrugbyspanne vir mans, vroue en jeug. Asië Rugby hou ook toesig oor Sewesrugby in Asië en aangesien dit ’n Olimpiese sportsoort is, werk hulle met die Olimpiese Raad van Asië (OCA) saam.
In 1968 is Asië Rugby onder die naam Asiatiese Rugbyvoetbalunie (Engels: Asian Rugby Football Union) in Bangkok gestig deur Hongkong, Japan, Thailand, Suid-Korea, Sri Lanka, Maleisië, Singapoer en Taiwan.[2] In Junie 2015 is die Asiatiese Rugbyvoetbalunie hernoem in Asië Rugby.
Lidlande
[wysig | wysig bron]Asië Rugby het tans 36 lede:[4]
- Afghanistan
- Bahrein
- Bangladesj
- Broenei
- Filippyne
- Guam
- Hongkong (HKRU)
- Indië
- Indonesië
- Irak
- Iran
- Japan (JRFU)
- Jordanië
- Kambodja
- Kasakstan
- Katar
- Kirgisië
- Laos
- Libanon
- Macau
- Maleisië
- Mongolië
- Nepal
- Oesbekistan
- Oman
- Pakistan
- Republiek van China
- Saoedi-Arabië
- Singapoer
- Sirië
- Sri Lanka
- Staat Palestina
- Suid-Korea (KRU)
- Thailand
- Verenigde Arabiese Emirate
- Volksrepubliek China
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Asia". Wêreldrugby. Besoek op 17 Desember 2023.
- ↑ (en) Chris Thau (22 April 2009). "Asian Championship reaches its 40th birthday". Wêreldrugby. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Junie 2009. Besoek op 19 Junie 2009.
- ↑ (en) "Global Participation in Rugby" (PDF). Wêreldrugby. 2018. Besoek op 17 Desember 2023.
- ↑ (en) "Membership". Asië Rugby. Besoek op 17 Desember 2023.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Asië Rugby.
- (en) Amptelike webwerf