536
536 |
◄ | 5de eeu | ◄6de eeu► | 7de eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 531 | 532 | 533 | 534 | 535 | ◄ 536 ► | 537 | 538 | 539 | 540 | 541 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:536 |
Kalenders | ||||||||||||||||
Teodahad | ||||||||||||||||
|
Die jaar 536 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Sondag begin het. Dit was die 36ste jaar van die 6de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
In 2018 het die middeleeuse geleerde Michael McCormick 536 aangewys as "die slegste jaar om te lewe", as gevolg van die uiterste weersomstandighede wat waarskynlik veroorsaak is deur 'n vulkaniese uitbarsting vroeg in die jaar, wat die gemiddelde temperature in Europa en China laat daal het en gelei het tot oesmislukkings en hongersnood vir meer as 'n jaar. Ander navorsers het bykomende slegte weersomstandighede gedurende die jaar opgemerk, insluitend 'n geheimsinnige mis, moontlik as gevolg van die vulkaniese uitbarsting.[1]<
Gebeure
[wysig | wysig bron]- Procopius rapporteer 'n afname in sonhelderheid. Dit word verbind met moontlike vulkaniese uitbarstings en die begin van die Laatantieke Kleinystyd.
- Pous Agapetus I versoek Justinianus uit naam van die Oos-Gotiese koning Teodahad dat Belisarius nie sal probeer om Italië te verower nie.[2]
- 8 Junie – Pous Silverius volg Pous Agapetus I op.
- Teodahad word deur Witiges gedood en opgevolg.
- 9 Desember – Belisarius verower Rome.
Geboortes
[wysig | wysig bron]Sterftes
[wysig | wysig bron]- 22 April – Pous Agapetus I, die 57ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- Desember - Teodohad; Oos-Gotiese koning van Italië.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Ciaccia, Chris (21 Januarie 2020). "Vikings may have predicted climate change on ancient stone carving". Fox News – via New York Post.
- ↑ Ephesus (Ephesos): An Abbreviated History from Androclus to Constantine Xi Hans Willer Laale WestBow Press, 2011, ISBN 1-4497-1618-0, ISBN 978-1-4497-1618-9