20ste eeu v.C.
Voorkoms
(Aangestuur vanaf 1905 v.C.)
Die 20ste eeu v.C. het geduur van 2000 tot 1901 v.C.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 2000 v.C.: Die aankoms van die voorouers van die Latyne in Italië.
- 2000 v.C.: Stonehenge word vermoedelik voltooi.
- 2000 v.C.: Boere en herders trek suid van Ethiopië af en vestig hulle in Kenia.
- 2000 v.C.: Perde word getem en vir vervoer gebruik.
- Omstreeks 2000 v.C.: Die eerste van die Minoïese paleise op Kreta.
- Omstreeks 2000 v.C.: Die Bronstydperk begin in die noorde van Antieke China.
- 2040–1556 v.C.: Die Xia-dinastie in China.
- Omstreeks 2000 v.C.: Middel-Jomon-tydperk eindig in Japan.
- Omstreeks 1995 v.C.: Farao Mentoehotep II van die 11de Dinastie van Antieke Egipte sterf.
- 1991 v.C.: Farao Mentoehotep IV sterf. Einde van die 11de Dinastie van Antieke Egipte. Amenemhat I stig die 12de Dinastie.
- 1932 v.C.: Amoriete verower Ur.
- 1913–1903 v.C.: Egipties-Nubiese oorlog.
- Omstreeks 1900 v.C.: Kakao word verbou in Guatemala.