12 November
Voorkoms
(Aangestuur vanaf 11-12)
<< | November 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | |||||
3 | 4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 |
10 | 11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 |
17 | 18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 |
24 | 25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 |
Al die dae |
12 November is die 316de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (317de in skrikkeljare). Daar volg nog 49 dae in die res van die jaar.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1323 – Pous Johannes XXII publiseer die bul Quum inter nonnullos teen die kettery van die Franciskane se "spiritualiste" oor absolute armoede.
- 1514 – Giovanni Maria Ciocchi del Monte (later Pous Julius III) word tot biskop gewy.
- 1516 – Die Verdrag van Ewige Vrede tussen Frankryk en die Switserse Bondgenootskap. Koning Frans erken die verowerings van die Switserse Bondgenoodskap in Noord-Italië en betaal die Switsers skadevergoeding van 700 000 Goue Krone.
- 1576 – Giovanni Antonio Facchinetti (later Pous Innocentius IX) word Latynse patriarg van Jerusalem.
- 1810 – Wallis (Switserland) word deur Frankryk geannekseer en herbenoem “Department du Simplon”.
- 1837 – Deborah Retief, skryf haar pa se naam op die Retiefklip naby Harrismith.
- 1847 – Sonderbund-oorlog: Nederlaag van die “Sonderbund”-Kantone teen die troepe van die Switserse Bondgenootskap in die veldslag by Lunnern an der Reuss.
- 1918 – Die nasionale staking deur die Sosialiste in Switserland lê die industrie lam. Die staking word deur die burger-weermag onderdruk.
- 1920 – Die eerste sitting van die Volkebond vind plaas in Lausanne, Switserland
- 1927 – Leon Trotsky word uit die Kommunistiese Party verban - wat aan Joseph Stalin onbetwiste beheer van die Sowjetunie verleen.
- 1936 – Die San Francisco-Oaklandbaaibrug open vir verkeer in Kalifornië.
- 1965 – Wenera 2 word deur die Sowjetunie gelanseer.
- 1984 – Marokko bedank uit die Organisasie vir Afrika-eenheid as gevolg van die Wes-Sahara-konflik.
- 1991 – Indonesiese magte vuur op studentebetogers in die Dílislagting.
- 1995 – Mosambiek sluit aan by die Britse Statebond.
- 2001 – Taliban-magte verlaat Kaboel, die hoofstad van Afghanistan, voor naderende troepe van die Noordelike Alliansie.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1780 – Piet Retief, Voortrekkerleier († 1838).
- 1840 – Auguste Rodin, Franse beeldhouer († 1917).
- 1903 – G.S. Nienaber, Afrikaanse taalkundige († 1994).
- 1917 – Dirk Ziervogel, Suid-Afrikaanse kenner van Bantoetale († 1977).
- 1929 – Prinses Grace van Monaco († 1982).
- 1938 – Steve Tshwete, ANC-kabinetsminister († 2002).
- 1950 – Johan van der Merwe, Afrikaanse akteur († 2012).
- 1963 – Damon Galgut, Suid-Afrikaanse skrywer en Booker-prys-wenner.
- 1979 – Erns Grundling, Afrikaanse joernalis en digter.
- 1980 – Ryan Gosling, Kanadese akteur en musikant.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 607 – Pous Bonifatius III, die 66ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1035 – Knoet die Grote, koning van Engeland, Denemarke en Noorweë (* circa 985-995).
- 1976 – Walter Piston, Amerikaanse komponis (* 1894).
- 1981 – William Holden, Amerikaanse akteur (* 1918).
- 1990 – Eve Arden, Amerikaanse aktrise (* 1908).
- 2000 – Christo Coetzee, Suid-Afrikaanse skilder (* 1929).
- 2002 – Johannes Kerkorrel, Afrikaanse musikant (* 1960).
- 2003 – Jonathan Brandis, Amerikaanse akteur (* 1976).
- 2007 – Piet Koornhof, Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister (* 1925).
- 2013 – John Tavener, Engelse komponis (* 1944).
- 2016 – Lupita Tovar, Amerikaanse aktrise (* 1910).
- 2024 – Bent Mejding, Deense akteur en regisseur (* 1937).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met 12 November. |