1 Julie
Voorkoms
(Aangestuur vanaf 07-01)
<< | Julie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
1 Julie is die 182ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (183ste in skrikkeljare). Dit is ook die eerste dag van die derde kwartaal van die jaar. Daar volg nog 183 dae in die res van die jaar.
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1440 – Pietro Barbo later Pous Paulus II word kardinaal-deken van Santa Maria Nuova.
- 1517 – Pous Leo X stel 'n rekordaantal van 31 nuwe kardinale aan. Onder hulle is Adriaan Florenszoon Boeyens wat hom later sou opvolg as Pous Adrianus VI.
- 1535 – Die hofsaak teen Sir Thomas More begin.
- 1620 – Die Slagting van Veltlin: Die katolieke magte om Rudolf en Pompejus von Planta mobiliseer die katolieke bevolking van die Veltlin om die meer as 400 protestante (meestal uit Graubünden) te vermoor. Spaanse troepe beset die Veltlin.
- 1695 – Michelangelo Conti (later Pous Innocentius XIII) word nuntius vir Switserland.
- 1859 – Die Switserse huursoldaat-regimente in die diens van Napoli word beveel om terug te keer Switserland toe. Switsers voortaan verbied om huursoldaat-diens te doen.
- 1863 – Amerikaanse Burgeroorlog: die Slag van Gettysburg begin.
- 1867 – Die Kanadese Federasie word volgens die British North America Act deur die vier provinsies Nieu-Brunswyk, Nova Scotia, Ontario en Quebec gestig, en ontvang sy onafhanklikheid van die Verenigde Koninkryk.
- 1873 – Die Prins-Edward-eiland word 'n provinsie van die Kanadese Konfederasie.
- 1890 – Die Duitse Keiserryk en die Verenigde Koninkryk onderteken die sogenaamde "Zanzibar-Helgoland-Verdrag". Helgoland en die Kaprivistrook word deel van die Duitse Keiserryk, terwyl Wituland (hede in Kenia geleë) en Zanzibar (destyds nie deel van die Duitse koloniale ryk nie) by die Britse koloniale ryk ingelyf word.
- 1903 – Die eerste Tour de France-fietsresies word aangebied.
- 1916 – Eerste Wêreldoorlog: Die Slag van die Somme begin.
- 1916 – Coca-Cola begin die gebruik van die klassieke Coke-bottel.
- 1957 – Die Internasionale Geofisiese Jaar begin.
- 1960 – Somalië word onafhanklik.
- 1962 – Burundi en Rwanda word onafhanklik van België.
- 1963 – Die Verenigde State begin die gebruik van poskodes; die sogenaamde 'ZIP'-kode.
- 1968 – Die kernsperverdrag word geteken.
- 1970 - Die Portugese Weermag begin Operasie Gordiese Knoop (Operação Nó Górdio) in Mosambiek.
- 1997 – Die voormalige Britse kolonie Hongkong word weer deel van die Volksrepubliek China.
- 2011 – Die Monegaskiese Albert II trou met die Suid-Afrikaanse Charlene Wittstock.
- 2013 – Kroasië verlaat die Sentraal-Europese Vryehandelsooreenkoms en word lid van die Europese Unie.
- 2016 – Letland sluit by die OESO aan.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 1481 – Christiaan II van Denemarke, Koning van Denemarke, Noorweë en Swede († 1559).
- 1534 – Frederik II van Denemarke, Koning van Denemarke en Noorweë († 1588).
- 1601 – Gerhard Coccejus, Duitse professor van regte, raadslid in Bremen († 1660).
- 1646 – Gottfried Wilhelm Leibniz, Duitse wetenskaplike († 1716).
- 1804 – George Sand, Franse skryfster († 1876).
- 1818 – Ignaz Semmelweis, Hongaarse arts († 1865).
- 1870 – J.J. Groeneweg, vroeë Afrikaanse skrywer van avontuurverhale, hoofsaaklik vir die jeug († 1945).
- 1872 – Louis Blériot, Franse ontdekker en ingenieur († 1936).
- 1916 – Olivia de Havilland, Amerikaanse aktrise († 2020).
- 1918 – Ahmed Deedat, Suid-Afrikaanse skrywer en openbare spreker († 2005).
- 1921 – Sir Seretse Khama, eerste president van Botswana († 1980).
- 1950 – Elke Aberle, Duitse aktrise.
- 1952 – Dan Aykroyd, Amerikaanse skrywer, akteur, en vervaardiger.
- 1957 – Lisa Blount, Amerikaanse filmaktrise en -vervaardiger († 2010).
- 1959 – Albert Fritz, Suid-Afrikaanse politikus, afgesette Wes-Kaapse provinsiale minister van gemeenskapsveiligheid.
- 1961 – Prinses Diana, Prinses van Wallis († 1997).
- 1967 – Pamela Anderson, Amerikaanse aktrise, fotomodel en vervaardiger.
- 1974 – Benjamin Rich, Engelse reisvlog YouTuber.
- 1983 – Izak Davel, Suid-Afrikaanse akteur, sanger, danser en model.
- 1986 – Agnes Monica, Indonesiese sangeres en kunstenaar.
- 1989 – Daniel Ricciardo, Australiese Formule Een-renjaer.
- 1993 – Katie Sarife, Amerikaanse aktrise.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 1736 – Ahmet III, 'n sultan van die Ottomaanse Ryk (* 1673).
- 1784 – Wilhelm Friedemann Bach, Duitse komponis (* 1710).
- 1876 – Michail Bakoenin, Russiese anargis (* 1814).
- 1925 – Erik Satie, Franse komponis en pianis (* 1866).
- 1934 – Ernst Röhm, die leier van die Sturmabteilung (SA) van die Nasionaal-Sosialistiese Duitse Arbeidersparty (* 1887).
- 1946 – Philippus Arnoldus Myburgh, die sesde administrateur van die Kaapland (* 1880).
- 1953 – Totius, Suid-Afrikaanse digter, predikant en hoogleraar aan die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerk (* 1877).
- 1961 – Louis-Ferdinand Céline, Franse skrywer (* 1894).
- 1967 – Frans Erasmus, Suid-Afrikaanse politikus (* 1896).
- 1974 – Juan Perón, Argentynse militaris en president van Argentinië (* 1895).
- 1978 – Kurt Student, Duitse generaal (* 1890).
- 1991 – Michael Landon, Amerikaanse akteur (* 1936).
- 2000 – Walter Matthau, Amerikaanse filmakteur (* 1920).
- 2004 – Marlon Brando, Amerikaanse akteur, in Los Angeles (* 1924).
- 2005 – Hanlie van Niekerk, wêreldbekende sopraan (* 1927).
- 2002 – Eleanor Baker, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1944).
- 2006 – Ryutaro Hashimoto, Japannese oud-premier (* 1937).
- 2009 – Karl Malden (97), Amerikaanse akteur(* 1912).
- 2009 – Mollie Sugden, Britse aktrise (* 1922).
- 2019 – Jackie Mekler, vyfmalige wenner van die Comrades-maraton (* 1932).
- 2021 – Louis Andriessen, Nederlandse komponis (* 1939).
- 2021 – Abel Pienaar, godsdienstige skrywer met spirituele en sintretistiese sienings. (* 1969).
- 2021 – Steve Kekana, Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer (* 1958).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met 1 July. |