11 Januarie
Voorkoms
(Aangestuur vanaf 01-11)
<< | Januarie 2025 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
11 Januarie is die elfde dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 354 dae in die res van die jaar (355 in skrikkeljare).
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 1621 – In sy laaste konsistorie stel Pous Paulus V tien kardinale aan, waaronder Desiderio Scaglia, O.P., kommissaris van die Inkwisisie.
- 1696 – ’n Ligte aardbewing vind in die Kaap de Goede Hoop plaas.
- 1787 – William Herschel ontdek Oberon en Titania, twee mane van die planeet Uranus.
- 1794 – Jan Willem Wernich word as Landmeter-Argitek aangestel aan die Kaap.
- 1879 – Die Anglo-Zoeloeoorlog breek uit.
- 1887 – F.W. Reitz word tot president van die Vrystaat verkies.
- 1909 – Die Nasionale Konvensie oor die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika kom in Kaapstad byeen.
- 1913 – Die Springbokke druk nege drieë en klop die Franse Hane in Bordeaux met 3
- 1922 – Leonard Thompson word die eerste persoon wat met insulien ingespuit word.
- 1991 – Die Internasionale Krieketraad besluit om sy isolasie van Suid-Afrikaanse krieket voort te sit toe hy deur die aansoekers, die SA Krieketunie en die SA Krieketraad, om toere genader word.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 347 – Theodosius I, keiser van die Romeinse Ryk († 395).
- 1755 of 1757 – Alexander Hamilton, Amerikaanse ekonoom, politikus en filosoof († 1804).
- 1856 – Harry Gordon Selfridge, Britse kleinhandelmagnaat († 1947).
- 1878 – Paul de Groot, Suid-Afrikaanse akteur († 1940).
- 1894 – Margaret Ballinger, leier van die Liberale Party († 1980).
- 1903 – Alan Paton, Suid-Afrikaanse skrywer en politikus († 1988).
- 1906 – Albert Hofmann, Switserse wetenskaplike († 2008).
- 1909 – Victor Ivanoff, Suid-Afrikaanse kunstenaar, spotprenttekenaar en sanger († 1997).
- 1911 – P.J. Olivier, Suid-Afrikaanse staatsman, Goewerneur van Kaapland († 1958).
- 1929 – Nicoletta Orsomando, Italiaanse televisie-aanbieder en aktrise († 2021).
- 1930 – Rod Taylor, Australiese akteur († 2015).
- 1934 – Jean Chrétien, Kanadese politikus, 20ste premier.
- 1934 – Mitchell Ryan, Amerikaanse akteur († 2022).
- 1946 – Naomi Judd, Amerikaanse sangeres en aktrise († 2022).
- 1963 – Arne Dahl, Sweedse skrywer.
- 1974 – Die Rosenkowitz-sesling word in Kaapstad gebore.
- 1991 – Pieter Labuschagne, Suid-Afrikaanse rugbyspeler.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 314 – Pous Miltiades. Party bronne gee die datum as 10 Januarie (* datum onbekend).
- 705 – Pous Johannes VI, die 85ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 655).
- 812 – Staurakios, keiser van Bisantium (* datum onbekend).
- 844 – Pous Gregorius IV, die 101ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* c 795).
- 844 – Michael I, keiser van die Bisantynse Ryk (* circa 770).
- 1055 – Konstantyn IX, keiser van die Bisantynse Ryk (* 1000).
- 1494 – Domenico Ghirlandaio, Italiaanse skilder (* 1449).
- 1845 – Henry George Grey, waarnemende goewerneur aan die Kaap van Goeie Hoop (* 1766).
- 1923 – Konstantyn I van Griekeland (* 1868).
- 1955 – Rodolfo Graziani, Italiaanse maarskalk tydens die Tweede Wêreldoorlog (* 1882).
- 1976 – Paul Sauer, Suid-Afrikaanse politikus (* 1898).
- 1984 – Jack La Rue, Amerikaanse akteur (* 1902).
- 1998 – Klaus Tennstedt, Duitse dirigent (* 1926).
- 2008 – Edmund Hillary, Nieu-Seelandse bergklimmer en ontdekkingsreisiger (* 1919).
- 2023 – Carole Cook, Amerikaanse aktrise (* 1924).
- 2023 – Harriet Hall, Amerikaanse huisdokter (* 1945).
- 2024 – Gonzalo Lira, Amerikaanse ondersoekende joernalis en oorlogskommentator. Hy sterf in Oekraïnse aanhouding (* 1968).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]- Feesdag van Pous Higinus - pous van die Rooms-Katolieke Kerk
Wikimedia Commons bevat media in verband met 11 Januarie. |