3 Januarie
Voorkoms
(Aangestuur vanaf 01-03)
<< | Januarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | |
7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 |
14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 |
21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 |
28 | 29 | 30 | 31 | |||
Al die dae |
3 Januarie is die derde dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 362 dae in die res van die jaar (363 in skrikkeljare).
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 936 – Pous Leo VII volg Pous Johannes XI op.
- 1496 – Leonardo da Vinci poog onsuksesvol om ’n vliegmasjien te laat vlieg.
- 1521 – Pous Leo X verban Martin Luther uit die Katolieke Kerk.
- 1586 – Pous Sixtus V stel die maksimum aantal kardinale op 70 in sy bul Postquam verus.
- 1701 – Vincenzo Maria Orsini (Later Pous Benedictus XIII) word kardinaal-biskop van Frascati.
- 1749 – Benning Wentworth begin om die New Hampshire Grants uit te reik op land waarop die provinsie van New York ook aanspraak maak, en wat tans Vermont is.
- 1815 – Oostenryk, die Verenigde Koninkryk, en Frankryk smee ’n geheime verdedigingsbondooreenkoms teen Pruise en Rusland.
- 1833 – Die Verenigde Koninkryk verkry beheer oor die Falkland-eilande in die Suid-Atlantiese oseaan.
- 1857 – Cape Argus verskyn die eerste keer in Kaapstad, en wel as 'n oggendblad.
- 1888 – Die 91 cm refraktorteleskoop by Lick Observatory, op daardie stadium die grootste teleskoop ter wêreld, word in gebruik geneem.
- 1925 – Benito Mussolini kondig sy diktatorskap van Italië aan.
- 1926 – Generaal Theodorus Pángulos benoem homself die diktator van Griekeland.
- 1957 – Die Hamilton-horlosiemaatskappy onthul die wêreld se eerste elektriese horlosie.
- 1958 – Tien voormalige Britse kolonies in die Karibiese Eilande smelt saam om ’n nuwe onafhanklike land, die Wes-Indiese Federasie, te vorm.
- 1959 – Alaska word die 49ste deelstaat van die Verenigde State.
- 1961 – Die VSA verbreek diplomatieke betrekkings met Kuba.
- 1961 – ’n Kernreaktor naby Idaho Falls, Idaho smelt en drie werkers sterf weens stralingsblootstelling.
- 1962 – Pous Johannes XXIII verban Fidel Castro.
- 1973 – George Steinbrenner en ’n groep beleggers koop die New York Yankees vir VS$10 miljoen.
- 1990 – Generaal Manuel Noriega, die onttroonde “Sterkman van Panama”, gee homself oor.
- 1994 – ’n Toepolef Tu-154 straalvliegtuig van Baikal Lugredery stort neer kort nadat dit opstyg vanaf Irkoetsk, in Rusland, en 125 mense, insluitende een op die grond, sterf.
- 2004 – ’n Boeing 737-vliegtuig van Flash Airlines, ’n Egiptiese lugredery, stort neer in die Rooisee en al 148 mense aan boord sterf.
- 2004 – ’n Afstandbeheerde verkenningsvoertuig van NASA maak 'n suksesvolle landing op Mars.
- 2020 – Qasem Soleimani, bevelvoerder van die Islamitiese Revolusionêre Wagkorps (IRGC) se Koeds-mag, sterf in 'n Amerikaanse hommeltuig-teikenaanval in Bagdad, Irak.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 106 v.C. – Cicero, Romeinse filosoof en staatsman († 43 v.C.).
- 1883 – Clement Attlee, Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk († 1967).
- 1883 – Austin Roberts, Suid-Afrikaanse dierkundige en ornitoloog († 1948).
- 1892 – J.R.R. Tolkien, Suid-Afrikaansgebore Britse skrywer en filoloog († 1973).
- 1899 – M.I. Murray, Afrikaanse skrywer, dramaturg en lektrise († 1983).
- 1901 – Ngo Dinh Diem, Viëtnamese staatsman, president van Suid-Viëtnam († 1963).
- 1916 – Betty Furness, Amerikaanse aktrise en skrywer († 1994).
- 1929 – Gordon Moore, Amerikaanse sakeman en mede-stigter van Intel († 2023).
- 1930 – Robert Loggia, Amerikaanse akteur en regisseur († 2015).
- 1950 – Victoria Principal, Japannees-Amerikaanse aktrise.
- 1951 – Frank Chikane, Suid-Afrikaanse teoloog, ANC-politikus en anti-apartheidsaktivis.
- 1953 – Cora Marie, Suid-Afrikaanse country-sangeres († 1994).
- 1956 – Mel Gibson, Australiese akteur en regisseur.
- 1969 – Michael Schumacher, Duitse Formule Een-renjaer.
- 1970 – Rocco de Villiers, Suid-Afrikaanse pianis.
- 1986 – Rasta Rasivhenge, Suid-Afrikaanse rugbyskeidsregter.
- 1996 – Florence Pugh, Britse aktrise.
- 2003 – Greta Thunberg, Sweedse klimaataktivis.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 236 – Pous Anterus, 19de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend).
- 1322 – Philip V, koning van Frankryk (* 1293).
- 1641 – Jeremiah Horrocks, Engelse sterrekundige (* 1619).
- 1746 – Wilhelmina ten Damme, die eggenote van die Kaapse goewerneur Hendrik Swellengrebel (* 1706).
- 1795 – Josiah Wedgwood, Engelse pottebakker (* 1730).
- 1967 – Jack Ruby, die moordenaar van Lee Harvey Oswald (* 1911).
- 1979 – Conrad Hilton, Amerikaanse hotelmagnaat (* 1887).
- 1980 – Joy Adamson, bewaringsaktivis en skrywer van Born Free (* 1910).
- 1981 – Haar Koninklike Hoogheid Prinses Alice van Albanië, die laaste oorlewende kleinkind van Koningin Victoria (* 1883).
- 1991 – Anna Elizabeth Pohl, Suid-Afrikaanse sopraan en sangdosent (* 1914)
- 2013 – Burry Stander, Suid-Afrikaanse bergfietskampioen en voormalige onder-23 Wêreldkampioen (* 1987).
- 2013 – Hendrik Vermooten, Suid-Afrikaanse argitek wat veral verantwoordelik was vir die ontwerp van 144 Afrikaanse kerkgeboue (* 1921).
- 2020 – Qasem Soleimani, Irannese generaal-majoor van die Islamitiese Revolusionêre Wagkorps (* 1957).
- 2021 – Dorah Sitole, corden bleu-sjef en eerste swart vrou wat 'n kookboek gepubliseer het (* 1953).
- 2023 – Walter Cunningham, Amerikaanse ruimtevaarder (* 1932).
- 2024 – Edwill van Aarde, Suid-Afrikaanse televisie-, radio-omroeper en sportkommentator (* 1938).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]- Romeinse Ryk - 'n Fees ter ere van Pax.
- Die tiende dag van Kersfees in sommige Westerse Christelike lande.
- Feesdag van Pous Anterus in die Rooms-Katolieke Kerk.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 3 January. |