Gaan na inhoud

Nuwelandstadion

Koördinate: 33°58′13.89″S 18°28′6.80″O / 33.9705250°S 18.4685556°O / -33.9705250; 18.4685556
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die drukbare weergawe word nie meer ondersteun nie en kan leweringsfoute hê. Dateer asseblief jou blaaierboekmerke op en gebruik asseblief eerder die verstekblaaierdrukfunksie.
Nuwelandstadion
Lugbeeld van die Nuwelandstadion

Ligging Nuweland, Kaapstad
Koördinate 33°58′13.89″S 18°28′6.80″O / 33.9705250°S 18.4685556°O / -33.9705250; 18.4685556
Eienaar Westelike Provinsie Rugbyunie
Kapasiteit 51 900 (Rugby)
Oppervlak Gras
Konstruksie
Huurders
Stormers, Westelike Provinsie en Springbokke

Nuwelandstadion is ’n stadion wat in Kaapstad, Suid-Afrika geleë is. Die stadion het ’n kapasiteit van 51 900 mense en bied sitplekke en losies.

’n Super 14-wedstryd op Nuweland
Springbokondersteuners in Nuwelandstadion

Verskeie sportklubs het oor die jare die stadion as hulle tuisveld gebruik, die mees onlangse is:

Nuwelandstadion was tot die einde van die 2004/05 seisoen ook die tuisveld van die Ajax Kaapstad-sokkerspan tydens die Premier Sokkerliga. Ajax speel nou by die Athlone-stadion.

Wedstryde

Rugbywêreldbeker 1995

Datum Span 1 Telling Span 2 Rondte Toeskouers
25 Mei 1995 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 27–18 Vlag van Australië Australië Groep A 51 000
30 Mei 1995 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 21–8 Vlag van Roemenië Roemenië Groep A 45 000
11 Junie 1995 Vlag van Engeland Engeland 25–22 Vlag van Australië Australië Kwarteindstryd 35 448
18 Junie 1995 Vlag van Engeland Engeland 29–45 Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland Halfeindstryd 51 000

Toekoms

Daar is bespiegel dat WP-rugby Nuweland sou verkoop, en dat die Stormers en die Westelike Provinsie hul tuiswedstryde by die nuutgeboude Kaapstad-stadion sou speel. Die Westelike Provinsie Rugbyunie het egter vroeër besluit dat hulle nie die nuwer stadion sal gebruik nie, maar eerder op Nuweland wil aanbly.

Dit het in 2020 verander toe daar bevestig is dat die stadion aan 'n belegger via 'n verseelde koevert bie-proses verkoop en in 2022 gesloop sal word vir residensiële en kleinhandelontwikkelings wat gebou gaan word.[1][2][3]

Sien ook

Eksterne skakels

Verwysings

  1. "iafrica.com Stormers in stadium shift". iAfrica. 12 Maart 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Maart 2016.
  2. Somdyala, Kamva. "Newlands to go under the hammer as SA Rugby and WP push final sale". Newn24 (in Engels (VSA)). Besoek op 13 Mei 2022.
  3. on, Published (17 Februarie 2022). "Newlands Stadium to go on sale". SA Rugby magazine (in Engels (VSA)). Besoek op 13 Mei 2022.