Kubuntu
Kubuntu 17.04 Zesty Zapus wat KDE loop | |
Webwerf: | www.ubuntu.com |
Maatskappy/ ontwikkelaar: | Canonical Ltd / Blue Systems / Ubuntu Foundation |
Bedryfstelsel-familie: | Linux |
Bronkodemodel: | Vrye en Oopbron-sagteware |
Jongste stabiele uitgawe: | 22.04 / 21 April 2022 |
Platforms wat ondersteun word: | IA-32, x86-64, lpia, ARM |
Kerntipe: | Monolitiese kernel |
Verstek-gebruikerskoppelvlak: | KDE Grafiese Gebruikerskoppelvlak |
Lisensie: | GPL en ander lisensies |
Status: | Tans aktief |
Kubuntu is 'n amptelike derivaat van die Ubuntu-bedryfstelsel wat die KDE grafiese omgewing in plaas van GNOME gebruik. Dit is deel van die Ubuntu-projek en gebruik dieselfde onderliggende stelsel. Dit is moontlik om beide die KDE-desktop (kubuntu-desktop) en die GNOME-desktop (ubuntu-desktop) in afwisseling op dieselfde masjien te laat loop. Elke pakket op Kubuntu deel dieselfde bergplek as Ubuntu.[1] Kubuntu is gratis aflaaibaar dwarsoor die wêreld en kan ook vanaf verskeie Suid-Afrikaanse bedieners op plaaslike bandwydte afgelaai word. Die Kubuntu-installerings-CD's kan ook deur die Shipit-diens Geargiveer 26 September 2007 op Wayback Machine vir aflewering bestel word. Kubuntu-weergawes word gereeld en voorafbepaald vrygestel op dieselfde skedule as Ubuntu.[2]
Galery
-
Kubuntu 8.04 met KDE 3.
-
Italiaanse Kubuntu 8.10 wat op KDE 4.1 loop.
-
Kubuntu 9.04.
-
Kubuntu 9.04
-
Kubuntu 10.04 Netbook.
-
Kubuntu 10.10
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Kubuntu. |
Verwysings
- ↑ "Kubuntu FAQ" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Mei 2008.
- ↑ "Kubuntu Wiki". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Junie 2018. Besoek op 24 Mei 2009.