Gaan na inhoud

Roemenië: Verskil tussen weergawes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Geskrapte inhoud Bygevoegde inhoud
No edit summary
No edit summary
Lyn 68: Lyn 68:
}}
}}


'''Roemenië''' ([[Roemeens]]: ''România'', [romɨˈni.a], {{Audio|Ro-România.ogg|luister}}) is 'n [[land]] in [[Suidoos-Europa]]. Dit beslaan 'n oppervlakte van 238 397 km² en 'n bevolking van 19 401 658 in 2019 gehad. Roemenië grens in die noordweste aan [[Hongarye]], in die noorde aan [[Oekraïne]], in die noordooste aan [[Moldowa]], in die ooste aan die Swartsee, in die suide aan [[Bulgarye]] en in die suidweste aan [[Serwië]]. Die [[hoofstad]] en grootste stad is [[Boekarest]]. Roemenië is ryk aan kultuur en natuurskoon. Die [[Donau]]rivier vloei in die Swartsee en vorm die Donaudelta, 'n wêrelderfenisgebied vir biodiversiteit. Die [[Karpate]]berge oorheers die sentrum van die land.
'''Roemenië''' ([[Roemeens]]: ''România'', [romɨˈni.a], {{Audio|Ro-România.ogg|luister}}) is 'n [[land]] in [[Suidoos-Europa]]. Dit beslaan 'n oppervlakte van 238 397 km² en 'n bevolking van 19 401 658 in 2019 gehad. Roemenië grens in die noordweste aan [[Hongarye]], in die noordooste aan [[Moldowa]], in die noorde aan [[Oekraïne]], in die ooste aan die Swartsee, in die suide aan [[Bulgarye]] en in die suidweste aan [[Serwië]]. Op die eerste twee na is die Romaanse Roemenië omring deur Slavische landen. Die [[hoofstad]] en grootste stad is [[Boekarest]]. Roemenië is ryk aan kultuur en natuurskoon. Die [[Donau]]rivier vloei in die Swartsee en vorm die Donaudelta, 'n wêrelderfenisgebied vir biodiversiteit. Die [[Karpate]]berge oorheers die sentrum van die land.


Die [[amptelike taal]] is Roemeens, 'n [[Romaanse tale|Romaanse taal]]. Die etniese samestelling van Roemenië is soos volg: 89% is [[Roemene|Roemeens]], 7% [[Hongare|Hongaars]], 3,5% [[Roma]] en die res bestaan uit 'n klein aantal [[Duitsers]], [[Russe]], [[Turke]] en [[Jode]]. 81% van die bevolking behoort aan die [[Roemeens-Ortodokse Kerk]].
Die [[amptelike taal]] is Roemeens, 'n [[Romaanse tale|Romaanse taal]]. Die etniese samestelling van Roemenië is soos volg: 89% is [[Roemene|Roemeens]], 7% [[Hongare|Hongaars]], 3,5% [[Roma]] en die res bestaan uit 'n klein aantal [[Duitsers]], [[Russe]], [[Turke]] en [[Jode]]. 81% van die bevolking behoort aan die [[Roemeens-Ortodokse Kerk]].

Wysiging soos op 07:48, 16 Oktober 2020

România
Roemenië
Vlag van Roemenië Wapen van Roemenië
Vlag Wapen
Volkslied: Deșteaptă-te, române!
(Roemeens vir: "Waak op, Roemeniërs!")
Ligging van Roemenië
Hoofstad Boekarest

44°25′N 26°6′O / 44.417°N 26.100°O / 44.417; 26.100

Grootste stad Boekarest
Amptelike tale Roemeens
Regering Unitêre semi-presidensiële
grondwetlike republiek
Klaus Iohannis
Ludovic Orban
Onafhanklikheid
Vorming
• Prinsdom Wallachië
• Prinsdom Moldowa
• Prinsdom Transsilvanië
• Verenigde Prinsdome
• Onafhanklikheid van die
Ottomaanse Ryk
• Koninkryk Roemenië
• Groot Unie
• Volksrepubliek Roemenië
• Sosialistiese grondwet
• Roemeense Rewolusie
• Huidige grondwet


1330
1346
1570
24 Januarie 1859

1877 / 1878
14 Maart 1881
1 Desember 1918
30 Desember 1947
21 Augustus 1965
1627 Desember 1989
21 November 1991
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
238 397 km2  (81ste)
92 046 myl2
3
Bevolking
 - 2019-skatting
 - 2011-sensus
 - Digtheid
 
19 401 658[1] (59ste)
20 121 641[2]
84,4 / km2 (117de)
218,6 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2020-skatting

$576,946 miljard[3] (40ste)
$29 555[3] (54ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2020-skatting

$261,868 miljard[3] (46ste)
$13 414[3] (57ste)

MOI (2018) 0,816[4] (52ste)  –  baie hoog
Gini (2017) 36[5] –  medium
Geldeenheid Leu (RON)
Tydsone
 - Somertyd
OET (UTC+2)
OEST (UTC+3)
Internet-TLD .ro
Skakelkode +40

Roemenië (Roemeens: România, [romɨˈni.a], ) is 'n land in Suidoos-Europa. Dit beslaan 'n oppervlakte van 238 397 km² en 'n bevolking van 19 401 658 in 2019 gehad. Roemenië grens in die noordweste aan Hongarye, in die noordooste aan Moldowa, in die noorde aan Oekraïne, in die ooste aan die Swartsee, in die suide aan Bulgarye en in die suidweste aan Serwië. Op die eerste twee na is die Romaanse Roemenië omring deur Slavische landen. Die hoofstad en grootste stad is Boekarest. Roemenië is ryk aan kultuur en natuurskoon. Die Donaurivier vloei in die Swartsee en vorm die Donaudelta, 'n wêrelderfenisgebied vir biodiversiteit. Die Karpateberge oorheers die sentrum van die land.

Die amptelike taal is Roemeens, 'n Romaanse taal. Die etniese samestelling van Roemenië is soos volg: 89% is Roemeens, 7% Hongaars, 3,5% Roma en die res bestaan uit 'n klein aantal Duitsers, Russe, Turke en Jode. 81% van die bevolking behoort aan die Roemeens-Ortodokse Kerk.

Roemenië het op 29 Maart 2004 'n lidland van die NAVO en op 1 Januarie 2007 'n lidland van die Europese Unie geword.

Roemenië beklee die 52ste plek in die Menslike-ontwikkelingsindeks, en is 'n ontwikkelende land met 'n hoë-inkomste-ekonomie. Dit het die 45ste grootste ekonomie ter wêreld volgens nominale BBP, met 'n jaarlikse ekonomiese groeikoers van 3,5% vanaf 2020.

Geografie

Kaart van Roemenië
Klimaatsones in Roemenië volgens die Köppen-klimaatklassifikasie
Nasa-Satellietbeeld van Roemenië in Desember 2001

Roemenië is in die suidooste van Europa geleë en beslaan ’n oppervlakte van sowat 238 397 km². Die Roemeense grense word deur hoofsaaklik twee riviere gevorm: die Donau in die suide en die Proet in die ooste.

Roemenië word in die noorde begrens deur Oekraïne, in die ooste deur Moldowa, Oekraïne en die Swartsee, in die suide deur Bulgarye, terwyl Serwië en Hongarye in die weste lê. Roemenië beslaan dele van die historiese gebiede Banat, Dasië, Dobroedja, Moldawië, Transsilvanië en Walachye. Die noordelike en sentrale deel van dié land word gekenmerk deur die Karpate.

Roemenië het 'n gematigde klimaat van koue winters en warm somers. Die gemiddelde jaartemperatuur wissel van noord na suid tussen 7 en 11 °C. Die neerslag wissel baie. Dit reën min by die kus, terwyl dit in die Karpate gemiddeld tot 1 400 mm per jaar reën.

Die land het ook 'n kusstrook aan die Swartsee (245 km). Kenmerkend vir die Roemeense landskap is die groot boog wat die Karpate, 'n middelgebergte uit die Tersiêr, en die heuwels en plato's, met laagvlaktes langs die groot riviere.

Tipies vir die Karpate is die baie bergmassiewe wat deur riviervalleie van mekaar geskei word, met 14 bergreekse wat hoogtes van meer as 2 000 m bereik, waarvan Moldoveanu-piek die hoogste is met 2 544 m is.

Natuurlike en semi-natuurlike ekosisteme beslaan ongeveer 47% van die land se landoppervlakte. Daar is bykans 10 000 km² (ongeveer 5% van die totale oppervlakte) se beskermde gebiede in Roemenië: 13 nasionale parke en drie biosfeerreservate.

Roemenië het een van die grootste dele van die ongerepte woud in Europa (byna 27% van sy grondgebied). Ongeveer 3 700 plantspesies is in die land geïdentifiseer (23 is as natuurlike monumente verklaar, 74 uitgesterf, 39 bedreig, 171 kwesbaar en 1 253 skaars).

Die fauna van Roemenië bestaan uit 33 792 diersoorte (33 085 ongewerweldes en 707 gewerweldes). Daar is byna 400 unieke soorte soogdiere, voëls, reptiele en amfibieë, insluitend ongeveer 50% van Europa se bruinbere (Rusland uitgesluit) en 20% van die wolwe.

Die Donaurivier vloei in die Swartsee en vorm die Donaudelta, wat die tweede grootste en bes bewaarde delta in Europa is, 'n biosfeerreservaat en 'n wêrelderfenisgebied weens sy biodiversiteit. Die Donaudelta is ook die grootste aaneenlopende moerasland in Europa (5 800 km²), en dit ondersteun 1 688 verskillende plantspesies. Byna al die Roemeense riviere mond uiteindelik in die Donau uit, deels via die Tisza, waarin die riviere dreineer wat in die Karpate ontspring (onder meer die Mures en Somes). Die riviere suid van die Transsilvaanse Alpe, die Jiu, Arges, Prahova en Ialomita, mond direk in die Donau uit.

Die Oltetrivier ontspring in die middel van die Karpate en vloei deur die Transsilvaanse Alpe. Die Siret en Proet word uit die oostelike deel van die Karpate en uit die Moldawiese hoogvlakte gevoed. Daar is baie mere langs die Donau en lagunes agter die kuslyn. ’n Probleem van die rivierstelsel is die beheer van die watervlak en oorstromings kom voor. 'n Ander natuurverskynsel wat Roemenië nou en dan teister, is aardbewings.

Roemeense kuslyn

Die Roemeense kuslyn het geen natuurlike hawens nie, en die enigste hawe vir groot skepe is Constanța, na die Oekraïense hawe Odessa die grootste hawe aan die Swartsee. Die delta van die Donaurivier ondervind in die somer subtropiese klimaatstoestande terwyl die binneland van Roemenië 'n kontinentale klimaat het.

Gevolglik is die somers in die binneland uiters warm en die winters baie koud. Uiteenlopende soorte diere en voëls, onder meer pelikane, tropiese voëls, bere, wolwe, takbokke en rooikatte kom voor. Daar is soms baie sterk winde in die berge; een van die kwaaiste winterwinde is die noordelike Crivat, wat dikwels groot skade aan die oeste aanrig.

Geskiedenis

Dasiërs en Romeine

Sarmizegetusa was die hoofstad en die militêre, religieuse en politieke sentrum van Dacië.

In 513 vC is verskeie stamme van die Getes noord van die Donau verslaan deur die Persiese keiser Darius die Grote in sy veldtog teen die Skithiërs (Herodotus IV.93). Die Getes, net soos die Dasiërs wat in dieselfde omgewing gewoon het, was 'n Thrakiese volk. Sommige sien die Geto-Dasiërs as 'n enkellopende volk. Na 'n halwe millennium is die Geto-Daciërs onder leiding van Decebalus verslaan deur die Romeinse Ryk onder leiding van keiser Trajanus. Hy het twee veldtogte tussen 101 en 106 nC nodig gehad om dit te verslaan. Die gebied het die status gekry van 'n Romeinse provinsie met die naam Dacia (Dacia Traiana). Trajanus se Kolom op die forum in Rome is 'n herinnering aan hierdie oorwinning. Dacië het 'n hoogtepunt bereik tydens die regering van Boerebista omstreeks 80 vC.

Die Romeine het 'n georganiseerde kolonisasiebeleid gevolg en die inwoners van die provinsie het 'n lang tydperk van vrede en voorspoed in die 2de eeu geniet. Geleerdes wat die Daco-Romeinse kontinuïteitsteorie aanvaar - een van die belangrikste teorieë oor die oorsprong van die Roemeniërs - sê dat die saamwoon van die inheemse Dasiërs en die Romeinse koloniste in Romeinse Dacia die eerste fase van die Roemenen se etnogenese was. Die Gotiese en Karpatiese invalle tussen 238-269 (vanaf die begin van die Romeinse krisis van die derde eeu tot die Slag van Naissus) het die Romeinse Ryk uiteindelik gedwing om afstand te doen van Dacia.

Na die Romeinse heerskappy

Tussen 271 en 275 verlaat die Romeinse regering en die leër die voormalige Dacia, waar die Gote binnegeval het. Hulle het daar gewoon tot die vierde eeu saam met die plaaslike bevolking. Toe kom 'n nomadiese volk, die Hunne. Die Gepiede en die Aware het tot in die agtste eeu in Transsilvanië regeer, toe die Bulgare Dacia by hul ryk gevoeg het en dit tot 1018 regeer het.

Transsilvanië was Hongaars vanaf die stigting van die Hongaarse Koninkryk in die tiende of elfde eeu tot die sestiende eeu; toe word die prinsdom Transsilvanië gevorm. Maar weens die verwoesting en finansiële las is die plaaslike bevolking nie deur die migrante geraak in hul lewenswyse en hul kultuur nie. Die Pechenegs, Cumans en Uzen was ook op Roemeense terrein, blyk uit argeologiese bevindings. Die Roemeense owerhede Walachy (deur Basarab I) en Moldawië (deur die Maramureșaan Dragoș) is tussen die dertiende en veertiende eeu gestig. In die Middeleeue het die Roemeense in twee verskillende en onafhanklike Roemeense owerhede gewoon: Walachye (Roemeens: Țara Românească - Roemeense Land) en Moldawië (Roemeens: Moldova), maar ook in die Hongaryse Transsilvanië.

Laat Middeleeue

In 1475 verslaan Stefan die Grote van Moldawië (Ștefan cel Mare) die Turke in die Slag van Vaslui. Ander heersers in die vyftiende eeu soos Vlad die Deurboorder (Vlad Țepeș, ook bekend as Vlad Dracula, heerser van Walachye) en Johannes Hunyadi (Iancu de Hunedoara, heerser van Transsilvanië) het ook teen die Turke geveg. Ondanks die oorwinnings in die vyftiende eeu, het Walachye en Moldawië aan die einde van die vyftiende, vroeë sestiende eeu (1476 - Walachye, 1514 - Moldawië) onder die susereiniteit van die Ottomaanse Ryk gekom. Soos vasalstate, het hulle volledige interne outonomie en 'n sekere eksterne onafhanklikheid gehad, wat hulle aan die einde van die agtiende eeu heeltemal verloor het. In 1812 het die Russiese Ryk die oostelike helfte van Moldawië geannekseer (hoewel Moldawië dit gedeeltelik herwin het na die Verdrag van Parys in 1856). In 1775 het Oostenryk-Hongarye die noordelike deel van Boekowina (Noord-Moldawië) geannekseer en die Ottomaanse Ryk het die suidoostelike deel van Moldawië, die Boedzjak (Roemeens: Bugeac), geannekseer.

Een van die grootste Hongaarse konings, Matthias Corvinus (in Roemeens bekend as Matei Corvin, heerser tussen 1458-1490 - sy vader was 'n Roemeens), is in Transsilvanië gebore en is deur die Roemeense geëis vanweë sy Roemeense vader, Johannes Hunyadi (Roemeens : Iancu de Hunedoara), maar is ook deur die Hongare opgeëis weens sy Hongaarse moeder. Later in 1541 het Transsilvanië amptelik 'n multi-etniese vorstedom geword, onder toesig van die Ottomaanse Ryk na die Slag van Mohács.

Vroegmoderne Roemenië

Prins Michael die Dappere regeer oor die drie middeleeuse vorstedomme Walachye, Moldawië en Transsilvanië.

Michael die Dappere (Roemeens: Mihai Viteazul) (1558 - 9 Augustus 1601) was heerser van Walachye (1593-1601), van Transsilvanië (1599-1600) en van Moldawië (1600). Tydens sy regeringstydperk is sy drie vorstedomme, wat grotendeels deur Roemeniërs bewoon is, vir die eerste keer deur een monarg bestuur. Hy word beskou as een van Roemenië se nasionale helde.

Aan die einde van die agtiende eeu verower Oostenryk-Hongarye Transsilvanië. Tydens die Oostenryks-Hongaarse dubbele monargie (1867-1918) is die Roemeense in Transsilvanië onderdruk deur die beleid van die "magyarisering" van die Hongaarse regering.

Na eeue van Ottomaanse heerskappy in Moldawië en Walachye, het die Roemeense ook daar toenemend onderdruk begin voel. In 1848 het daar byvoorbeeld 'n nasionalistiese revolusie in Walachye begin onder leiding van Tudor Vladimirescu, wat egter wreed verpletter is. Walachye het onder die Ottomaanse bewind gebly.

Van die Verenigde Prinsdom tot die Koninkryk van Roemenië

Ontwikkeling van Roemenië se grondgebied sedert 1859.
Opening in Boekarest van die eerste Wetgewende Vergadering van die Verenigde Prinsdomme van Roemenië.

Walachye en Moldawië het in 1859 hul onafhanklikheid van die Turke verklaar en verkies dieselfde monarg (Domnitor), Alexander Johan Cuza (Roemeens: Alexandru Ioan Cuza), maar is nie deur Frans Josef I van Oostenryk erken nie. Sultan Abdülaziz het hierdie staat op 23 Desember 1861 erken, waarna Moldawië en Walachye op 24 Januarie 1862 formeel een geword het as Verenigde Prinsdomme van Roemenië, ook Klein Roemenië genoem, met Boekarest as hoofstad.

Cuza se toenemende outoritarisme het gelei tot sy ondergang in 1866 deur 'n groot koalisie van konserwatiewe en liberale radikale.

Op 26 Maart 1866 word Karel van Hohenzollern-Sigmaringen deur die regering verkies as die nuwe monarg (Domnitor) van die land. Deur die verteenwoordiger van 'n erkende dinastie (Hohenzollern-Sigmaringen) aan die bewind te bring, het hulle gehoop om, soos die Grieke, die omliggende state wat tot dusver die gewoonte gehad het om die Roemeense gebied te oorheers, te balanseer. Rusland het al afsonderlike neigings in Moldawië luid en duidelik ondersteun deur demonstrasies in Iasi, die hoofstad van die destydse provinsie Moldawië, te reël. Op 10 Mei 1881 word Karl gekroon as die eerste koning ('rege') van Roemenië as Carol I.

Tydens die Russies-Turkse oorlog tussen 1877-1878 het Roemenië aan die Russiese kant geveg; in 1878 is die onafhanklike staat Roemenië amptelik deur die Groot Moondheid erken tydens die Kongres van Berlyn. In ruil vir die afstaan ​​van die drie suidelike distrikte Bessarabië aan Rusland, wat ná die Krimoorlog in 1852 deur Moldawië herwin is, het Roemenië die Dobruja ontvang. In 1881 is die prinsdom van Roemenië ontbind en het 'n nuwe koninkryk sy plek ingeneem; Prins Carol I is gekroon as koning van Roemenië.

Koning Carol I van Roemenië met sy neef koning Ferdinand I van Roemenië en groot-neef koning Carol II van Roemenië.

Tydens die Tweede Balkanoorlog in 1913 het Roemenië die suidelike Dobruja van Bulgarye verkry deur die Verdrag van Boekarest.

Na twee jaar van neutraliteit in die Eerste Wêreldoorlog het Roemenië oorlog teen die Sentraal Moondhede verklaar. Die Roemeense veldtog het in rampe vir Roemenië geëindig; die Sentraal Moondhede het 'n groot deel van die land beset en binne vier maande 'n groot deel van die Roemeense leër vernietig. Na die oorlog het die Russiese Ryk en Oostenryk-Hongarye geval, waarna Bessarabia (1917), Bukovina en Transsilvanië (1918) tot die Roemeense koninkryk gevoeg is. Die Hongaarse-Roemeense oorlog is gevoer tussen Hongarye en Roemenië van 13 November 1918 tot 3 Augustus 1919. Die Roemeense leër het groot dele van Hongarye, waaronder Boedapest, beset tot 28 Maart 1920, toe Die Entente-magte die Roemeense oortuig het om uiteindelik terug te trek na die afbakeningslyne. Die Verdrag van Trianon in 1920 het verseker dat die streke Banaat, Crișana en Maramureș ook by Roemenië gevoeg word. Die nuwe Roemenië sou grens aan Joegoslavië, Hongarye, Tsjeggo-Slowakye, Pole (Stanisławów), die Sowjetunie en Bulgarye.

Koninkryk van Roemenië na die Eerste Wêreldoorlog en in oranje die Moldawiese ASSR

Op 15 Oktober 1922 word koning Ferdinand (die neef van Carol I, die koning van Roemenië sedert 1914) gekroon as die koning van die volledige Roemenië in Alba Iulia, in die hartjie van Transsilvanië.

Na die Eerste Wêreldoorlog

In 1948 het Roemenië 'n Kommunistiese staat geword.

Die regering en ekonomie word vervolgens geskoei op die model van die Sowjetunie. Sedert 1960 het die Roemeense leiers hulle begin distansieer van die Sowjetunie en volg hul eie binnelandse en buitelandse beleid. Roemenië bly egter binne die Sowjet-invloedsfeer. Die ekonomie groei gedurende die tydperk. In 1980 beleef die land 'n insinking en ly sommige Roemene honger.

In 1989 rebelleer die Roemene teen die diktator Nicolae Ceausescu en die kommunistiese regering. Sedert 1990 is Roemenië 'n demokrasie.

Bevolking

Religie

Die kerk Manastirea Putna

Roemenië is 'n sekulêre staat en het geen staatsgodsdiens nie. Die 2011-sensus toon dat 'n oorweldigende meerderheid van die bevolking hulself as Christene identifiseer: Ortodokse Christene (81%), Protestante (6,2%), Rooms-Katolieke (4,3%) en Griekse Katolieke (0,8%).

Tale

Verspreiding van etniese groepe in Roemenië volgens die 2011-sensus

Volgens die Roemeense grondwet is Roemeens (limba română) die ampstaal van Roemenië. Dit is die belangrikste taal in die land en word deur sowat 89,5 persent van die bevolking gepraat. Hongaars (6,6 persent) en Romanes (2,5 persent) is tans die belangrikste minderheidstale. Onder meer as gevolg van die emigrasie na Duitsland het die Duitse taal se aandeel tot sowat 0,3 persent gedaal. Daar is 'n klein Poolssprekende minderheid in die Boekowina, terwyl in die Banat en die noordweste van Transsilvanië ook Slowaaks gepraat word. Ander minderheidstale is Oekraïens (0,3 persent, in die Boekowina en Maramoeresj), Turks (0,2 persent, Dobroedsja, Russies (0,2 persent, veral in die Donaudelta), Tartaars (0,1 persent, Dobroedsja) en kleiner tale (0,3 persent).[6] Die aandeel Roemeenssprekendes neem geleidelik toe.

Sport

Die Roemeense nasionale rugbyspan nadat hulle in 2016 die Pershing-trofee ingepalm het
Die Roemeense nasionale sokkerspan in 2014

Oină word as nasionale sport van Roemenië beskou[7] en is verwant aan bofbal/sagtebal en krieket. Sokker is die gewildste sportsoort in Roemenië en die Roemeense nasionale sokkerspan het tot dusver sewe keer aan die FIFA Sokker-Wêreldbeker deelgeneem. Hulle het hul beste prestasie tydens die 1990's opgelewer en tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1994 die kwarteindrondte bereik.

Ander gewilde sportsoorte sluit in tennis, handbal, basketbal en rugby. Die Roemeense nasionale rugbyspan het tot dusver vir byna elke Rugbywêreldbeker kwalifiseer, maar nog nie tot die uitklopfase deurgedring nie. Roemenië is, saam met België en Spanje, nadat hulle tydens die kwalifisering vir die Rugbywêreldbeker 2019 ongeskikte spelers ingespan het, vir elke wedstryd met hierdie spelers met puntaftrekking beboet.[8][9]

Vervolgens kon die drie spanne nie vir die 2019-toernooi kwalifiseer nie; vir Roemenië die enigste toernooi tot dusver wat hulle misgeloop het. Hulle behoort tot die sterkste Europese spanne buite die Sesnasies-toernooi en staan bekend as "die Eike" (Stejarii). Roemenië ding in die Europese Nasiesbeker met ander opkomende rugbyspanne mee. Sedert 2002 ding Georgië en Roemenië om die Antimbeker mee; dié beker is na die Metropolis van Moentenië en Dobroedja van die Roemeens-Ortodokse Kerk, die Georgiër Antim Iverianul, genoem.

Verwysings

  1. "Population on 1 January". ec.europa.eu/eurostat (in Engels). Eurostat. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 April 2020. Besoek op 21 April 2020.
  2. "Romanian 2011 census (final results)" (PDF) (in Roemeens). INSSE. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 9 Mei 2020. Besoek op 21 April 2020.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) "Romania". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2019. Besoek op 21 April 2020.
  4. "2019 Human Development Index Ranking" (in Engels). United Nations Development Programme. 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2020. Besoek op 21 April 2020.
  5. "Gini Index" (in Engels). Wêreldbank. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Julie 2019. Besoek op 21 April 2020.
  6. (ro) Sensus 2002
  7. "Oina – sportul naţional uitat" (in Roemeens). Adevărul Holding. 18 September 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 21 November 2012.
  8. "Independent Appeal Committee decision regarding Romania and Spain". Wêreldrugby (in Engels). 6 Junie 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 April 2019. Besoek op 21 April 2020.
  9. "Russia handed 2019 World Cup spot" (in Engels). ESPNscrum. 15 Mei 2018. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 September 2019. Besoek op 21 April 2020.

Bronnelys

Eksterne skakels