23 Desember
datum
<< | Desember 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | 5 | 6 | 7 |
8 | 9 | 10 | 11 | 12 | 13 | 14 |
15 | 16 | 17 | 18 | 19 | 20 | 21 |
22 | 23 | 24 | 25 | 26 | 27 | 28 |
29 | 30 | 31 | ||||
Al die dae |
23 Desember is die 357ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (358ste in skrikkeljare). Daar volg nog 8 dae in die res van die jaar.
Gebeure
wysig- 619 – Pous Bonifatius V volg Pous Deusdedit op.
- 800 – Pous Leo III lê die eed van verontskuldiging af.
- 1312 – Pous Clemens V stel Jacques Duèze (later Pous Johannes XXII) aan as kardinaalbiskop van Porto.
- 1466 – Pous Paulus II ekskommunikeer Georg Podebrady van Boheme, aanhanger van Johannes Hus.
- 1672 – Giovanni Cassini ontdek Rea, die tweede grootste maan van die planeet Saturnus.
- 1711 – Pous Clemens XI stel Annibale Albani, Apostoliese protonotarius aan as kardinaal.
- 1731 – Carlo Rezzonico (later Pous Clemens XIII) word as priester gewy.
- 1839 – Pous Gregorius XVI stel vier nuwe kardinale aan, waaronder Giovanni Maria Mastai-Ferretti (later Pous Pius IX), aartsbiskop-biskop van Imola.
- 1936 – Switserland erken de jure die Italiaanse heerskappy in Abessinië.
- 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Geallieerde bomwerpers val Zurich in Switserland aan. Aansienlike skade word aangerig en een persoon sterf in die aanval. Die Britse regering vra om verskoning vir die geografiese flater en belowe om skadevergoeding te betaal. Switserland was en is 'n neutrale staat.
- 1947 – Die transistor, deur John Bardeen, Walter Brattain en William Shockley uitgevind, word eerste gedemonstreer by Bell Laboratories.
- 1954 – Die eerste suksesvolle menslike orgaanoorplanting word gedoen: Drs. Joseph Murray en J. Hartwell Harrison plant 'n nier oor op 'n pasiënt vanaf sy tweelingbroer.
- 1975 – 'n Aérospatiale Alouette III-helikopter van die Suid-Afrikaanse Lugmag stort neer naby Cashel in Rhodesië. Vier Rhodesiese Weermagoffisiere en 'n Suid-Afrikaanse Lugmag-vlugtegnikus sterf.
- 1985 – Vyf mense sterf en 40 word beseer tydens 'n terreuraanval in Amanzimtoti, Suid-Afrika.
- 1990 – Die Republiek van Slowenië stem om weg te breek van die Sosialistiese Federale Republiek van Joego-Slawië.
Geboortes
wysig- 1605 – Keiser Tianqi van die Ming-dinastie.
- 1613 – Carl Gustav Wrangel, Sweedse soldaat († 1676).
- 1732 – Richard Arkwright, Engelse uitvinder en toonaangewende entrepreneur († 1792).
- 1777 – Aleksander I van Rusland, tsaar van Rusland († 1825).
- 1790 – Jean-François Champollion, Franse taalkundige en grondlegger van die Egiptologie († 1832).
- 1805 – Joseph Smith, Jr., stigter van die Mormoonse Kerk; in Chicago, Illinois († 1844).
- 1891 – P.C. Schoonees, Afrikaanse leksikograaf († 1970).
- 1918 – Helmut Schmidt, Duitse politikus en vyfde kanselier van die Federale Republiek van Duitsland († 2015).
- 1933 – Akihito, 125ste keiser van Japan.
- 1936 – James Stacy, Amerikaanse akteur († 2016).
- 1944 – Naoko Fukatsu, vrouetafeltennisspeler van Japan.
- 1946 – Susan Lucci, Amerikaanse aktrise.
- 1949 – At Botha, Suid-Afrikaanse akteur.
- 1956 – Michele Alboreto, Italiaanse F1-renjaer († 2001).
- 1960 – Zindziswa Mandela, politikus en derde dogter van Nelson Mandela († 2020).
- 1968 – Manuel Rivera-Ortiz, Amerikaanse fotograaf.
- 1975 – Yasmin Levy, Israeliese sanger-liedjieskrywer van Judeo-Spaanse musiek.
- 1976 – Kyle Kinane, Amerikaanse akteur, skrywer en vervaardiger.
Sterftes
wysig- 1722 – Pierre Varignon, 'n Franse wiskundige (* 1654).
- 1939 – Anthony Fokker, Nederlandse vliegtuigontwerper (* 1890).
- 1975 – Chen Pao-pei, Olimpiese vrouetafeltennisspeler uit Taiwan (* 1934).
- 1998 – David Manners, Amerikaanse akteur (* 1900).
- 2011 – Johannes Petrus Louw, Suid-Afrikaanse vertaler en akademikus (* 1932).
- 2013 – Michail Kalasjnikof, Russiese ontwerper van die AK-47 aanvalsgeweer (* 1919).
- 2024 – Desi Bouterse, Surinaamse militêre leier en staatshoof (* 1945).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
wysig- Ziemassvetki in Letland.
Gepubliseer
wysigFiksie
wysig- 1823 – A Visit From St. Nicholas, toegeskryf aan Clement Clarke Moore.
Wikimedia Commons bevat media in verband met 23 Desember. |