04.05.2013 Views

DEPARTMENT OF EDUCATION

DEPARTMENT OF EDUCATION

DEPARTMENT OF EDUCATION

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

L.W. Onder geen omstandighede mag die GTA Leerder boeke

huis toe geneem word nie. As bykomstige navorsing buite die

kampus toegelaat word om die leerproses te verryk, moet die

inligting bymekaar gemaak word, skool toe gebring word en

dan in die teenwoordigheid van die onderwyser en in die

leerder se eie woorde in die leerder se boek ingeskryf word.

Onderwysers wat toelaat dat die GTA of enige dokumente wat daarmee

assosieer word sonder toestemming die skoolgronde verlaat maak

hulle skuldig aan onprofessionele gedrag. Onderwysers moet seker

maak dat werk die vermoëns van Graad Nege leerlinge self

verteenwoordig.

Alle opvoeders moet verseker dat die GTA met die begeerde

geloofwaardigheid beskou word.

WAAROOR GAAN DIE GTA ?

Hierdie Gemene Taak vir Assessering (GTA) is die eerste assessering ontwikkel binne

die raamwerk van die Nasionale Kurrikulum Verklaring (NKV), wat landwyd implementeer

is.

Dit bestaan uit twee afdelings. Ons gebruik nie meer C2005 terminologie soos Fase en

Program Organiseerders nie. Alhoewel dit nie vereis is nie, het ons gebruik gemaak van

‘n tema om dele van die GTA in ‘n samehangende dokument saam te voeg.

Afdeling A (60 punte), wat al drie leeruitkomstes dek, fokus primêr op Prosessering en

word behandel as ‘n kort leerprogram. Afdeling B (40 punte) wat alle aspekte van LU2

naamlik Strukture, Stelsels & Beheer en Prosessering en sommige aspekte van LU1 dek,

is ‘n twee-uur eksamen.

STREKWYDTE VAN DIE GTA

Die 2007 GTA gebruik Globalisasie as die hoof onderliggende tema. Ons het aan die

verskillende Suid-Afrikaanse kontekse in die modules ewe veel aandag geskenk.

Hierdie jaar gee ons veral aandag aan globalisasie en hulpbronbestuur. Ons maak

gebruik van die subtema “Dink globaal maar tree plaaslik op” - wat ons doen met ons

hulpbronne kan ‘n impak op die res van die planeet hê

Mense gebruik dikwels hulpbronne soos krag, kos of stowwe op onhoudbare, nadelige en

skadelike maniere sonder om te dink aan die gevolge van hulle aksies.

Afdeling A is ‘n kort leerprogram wat meestal fokus op prosessering. Ons sal kyk hoe

materiale geprosessseer kan word om hulle kenmerke (lewensduur) te verander of te

verbeter. In die proses sal ons daarop let hoe verskillende kulture soortgelyke uitdagings

op unieke wyses te bowe kom.

Kosse moet vir lang periodes geberg word. Dit was nog altyd so en verskillende kulture

het bewaringstegnieke ontwikkel wat vir hulle eie omstandighede geskik is.

4

TECHNOLOGY GRADE 9 CTA 2007: TEACHER’S GUIDE

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!