04.05.2013 Views

DEPARTMENT OF EDUCATION

DEPARTMENT OF EDUCATION

DEPARTMENT OF EDUCATION

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

TEGNOLOGIE

Algemene Taak vir Assessering

Tyd : 4 ure

Punte 120/2 = 60

Nr. Bladsye : 29

Graad 9

2007

Afdeling A

ONDERWYSERSGIDS

TECHNOLOGY GRADE 9 CTA 2007: TEACHERS GUIDE

Taak 1 LU Aktiwiteit Assesserings

Instrument

Hulpbronne Punte Tyd

Kossekuriteit 1 & 2 Aktiwiteit 1.1 Memorandum Geen hulpbronne

benodig

18/2 = 9 30 minute

Taak 2 LU Aktiwiteit Assesserings

Instrument

Hulpbronne Punte Tyd

Inheemse Tegnologie 1 & 3 Aktiwiteit 2.1 Memorandum Geen hulpbronne

benodig

22 30 minute

Taak 3 LU A Assesserings

Instrument

Hulpbronne Punte Tyd

Inheemse Tegnologie 1 & 2 Aktiwiteit 3.1 Rubriek en Morogo

29

graderingskaal Pot en blik

19 30 minute

Aktwiteit 3.2

Werksblad en Sinkplaat (Sink) Plate of

memorandum plat rotse

20/2 =10 30 minute

Taak 4 LU Aktiwiteit Assesserings

Instrument

Hulpbronne Punte Tyd

Inheemse Tegnologie 1 & 3 Aktiwiteit 4.1 Graderingskaal Geen hulpbronne

20 55 minute

Vloeikaart benodig

Aktiwiteit 4.2

Rubriek

12/2=6

Aktiwiteit 4.3

7

Uitgebreide

geleentheid

7

Taak 5 LU Aktiwiteit Assessering Hulpbronne Punte Tyd

Herwinning 2 Aktiwiteit 5.1 Memorandum Inligting oor plastiek

40 65 minute

Monsters van 6 tipes 10

Aktiwiteit 5.2 Rubriek en plastiek

Brandtoets – Bunsen 10

Aktiwiteit 5.3 Graderingskaal lamp of gas

Sigaretaansteker

12

Aktiwiteit 5.4

Rubriek Warm water en houer

Kombuis mes

Hamer of rots

8

TOTAAL 120/2

TECHNOLOGY GRADE 9 CTA 2007: TEACHERS GUIDE

Punte

60

240 Minute

GTA Agtergrond

TAAK EEN Kossekuriteit

INHOUDSOPGAWE

ONDERWERP Kontaktyd Punte

• Aktiwiteit 1.1 Ondersoek na die oorsake van kos wat

bederf

TAAK TWEE : Ondersoek na die Nguni graankuil

30 9

• Aktiwiteit 2.1 Nguni graankuil 30 22

TAAK DRIE Inheemse Tegnologie 60 29

▪ Aktiwiteit 3.1: Die droogmaak en toets van Morogo 30 19

▪ Aktiwiteit 3.2: Droogmaak van morogo Werksblad 30 10

TAAK VIER Inheemse Tegnologie 55 20

▪ Aktiwiteit 4.1: Inheemse kennis en hulpbronbestuur 20 6

▪ Aktiwiteit 4.2: Volhoudbare hulpbronbestuur 20 7

▪ Aktiwiteit 4.3: Etiese Navorsingspraktyk

▪ Uitgebreide geleentheid

15 7

TAAK VYF : Herwinning 65 40

▪ Aktiwiteit 5.1: Die oorsprong van plastiek en klasse

plastiek

▪ Aktiwiteit 5.2: Tipes plastiek en waarvoor hulle gebruik

word

▪ Aktiwiteit 5.3: Die identifikasie van plastiek. Praktiese

toetsing

▪ Aktiwiteit 5.4: Probleem identifikasie en die skep van ‘n

oplossing

15 10

10 10

20 12

20 8

Totaal 240 120/2

TECHNOLOGY GRADE 9 CTA 2007: TEACHERS GUIDE

60

L.W. Onder geen omstandighede mag die GTA Leerder boeke

huis toe geneem word nie. As bykomstige navorsing buite die

kampus toegelaat word om die leerproses te verryk, moet die

inligting bymekaar gemaak word, skool toe gebring word en

dan in die teenwoordigheid van die onderwyser en in die

leerder se eie woorde in die leerder se boek ingeskryf word.

Onderwysers wat toelaat dat die GTA of enige dokumente wat daarmee

assosieer word sonder toestemming die skoolgronde verlaat maak

hulle skuldig aan onprofessionele gedrag. Onderwysers moet seker

maak dat werk die vermoëns van Graad Nege leerlinge self

verteenwoordig.

Alle opvoeders moet verseker dat die GTA met die begeerde

geloofwaardigheid beskou word.

WAAROOR GAAN DIE GTA ?

Hierdie Gemene Taak vir Assessering (GTA) is die eerste assessering ontwikkel binne

die raamwerk van die Nasionale Kurrikulum Verklaring (NKV), wat landwyd implementeer

is.

Dit bestaan uit twee afdelings. Ons gebruik nie meer C2005 terminologie soos Fase en

Program Organiseerders nie. Alhoewel dit nie vereis is nie, het ons gebruik gemaak van

‘n tema om dele van die GTA in ‘n samehangende dokument saam te voeg.

Afdeling A (60 punte), wat al drie leeruitkomstes dek, fokus primêr op Prosessering en

word behandel as ‘n kort leerprogram. Afdeling B (40 punte) wat alle aspekte van LU2

naamlik Strukture, Stelsels & Beheer en Prosessering en sommige aspekte van LU1 dek,

is ‘n twee-uur eksamen.

STREKWYDTE VAN DIE GTA

Die 2007 GTA gebruik Globalisasie as die hoof onderliggende tema. Ons het aan die

verskillende Suid-Afrikaanse kontekse in die modules ewe veel aandag geskenk.

Hierdie jaar gee ons veral aandag aan globalisasie en hulpbronbestuur. Ons maak

gebruik van die subtema “Dink globaal maar tree plaaslik op” - wat ons doen met ons

hulpbronne kan ‘n impak op die res van die planeet hê

Mense gebruik dikwels hulpbronne soos krag, kos of stowwe op onhoudbare, nadelige en

skadelike maniere sonder om te dink aan die gevolge van hulle aksies.

Afdeling A is ‘n kort leerprogram wat meestal fokus op prosessering. Ons sal kyk hoe

materiale geprosessseer kan word om hulle kenmerke (lewensduur) te verander of te

verbeter. In die proses sal ons daarop let hoe verskillende kulture soortgelyke uitdagings

op unieke wyses te bowe kom.

Kosse moet vir lang periodes geberg word. Dit was nog altyd so en verskillende kulture

het bewaringstegnieke ontwikkel wat vir hulle eie omstandighede geskik is.

4

TECHNOLOGY GRADE 9 CTA 2007: TEACHER’S GUIDE

Die versamel van Medisinale Plante moet op ‘n volhoudbare wyse gedoen word sodat

die hulpbron nie uitgewis word nie en die plante moet prosesseer word om medikasie te

verskaf. In hierdie afdeling behandel ons ook intellektuele eiendom, outeursreg, plagiaat

en die erkenning van hierdie regte.

Plastiek is baie nuttig maar is ook die oorsaak van wydverspreide besoedeling. Dit is

egter maklik om te herwin, kan weer gebruik word en nuwe produkte kan daarvan

vervaardig word.

Eerstens sal die GTA bewustheid onder die leerders skep en hulle help om nie

hulpbronne te mors nie. Dit sal ook buite die plaaslike area ‘n impak hê.

Terwyl hulle die GTA doen, moet hulle take by die skool uitvoer. Hulle sal ook die

geleentheid kry om om hulle eie navorsing tuis te doen soos vereis deur sommige take en

om dus gehalte terugvoer skool toe te bring. Alle navorsing moet in hulle eie woorde

beskryf word en alle bronne moet in ‘n deeglik gestruktureerde bibliografie erken word.

(Hulle behoort teen die tyd die formaat van ‘n bibliografie te ken) .

Die pleeg van plagiaat moet vermy word en onderwysers moet leerders wat hieraan

skuldig is, penaliseer. Wees op die uitkyk vir Amerikaanse spelling van woorde,

woordeskat wat nie tipies is van Suid-Afrikaanse tieners nie en vir blokke teks wat

blindeliks in dokumente gevoeg is, leerders moes al geleer het om op te som, en om iets

vinnig deur te gaan om relevante inligting te identifiseer.

DIE BESTUUR VAN DIE GTA

Afdeling A is ‘n Leerprogram met ‘n spesifieke fokus en wat 120 /2 = 60 punte tel. Dit

word onder die leiding van die onderwyser in die klas uitgevoer. Soos met enige

leerprogram moet die onderwyser leiding en ook terugvoering gee soos die leerling vorder

met die take. Sommige aspekte mag vooraf onderrig benodig veral as u nie gedurende

die jaar op daardie aspek gefokus het nie. Afdeling A van die GTA moet deur die

Leerarea onderwyser gefasiliteer word en onder geen omstandighede mag ‘n nietegnologie

onderwyser toesig hou nie.

Afdeling B is ‘n eksamen wat 80/2 = 40 tel en waar opsigters teenwoordig sal wees.

Hierdie GTA is onafhanklik van afdeling A aangesien dit vrae bevat wat baseer is op die

werk wat gedoen moes gewees het gedurende die jaar in die skool se DAS-program wat

al die Assessering Standaarde van Tegnologie moes aangespreek het.

Fasiliteer die leerling se vordering soos hulle werk deur die Afdeling A aktiwiteite. Moenie

opsigter speel nie, neem aktief deel en bestuur die GTA terwyl u leiding verskaf en die

leerders konstant assesseer. As die leerders nie komplekse konsepte of ongewone

terminologie verstaan nie, verduidelik dit. Gee terugvoering om hulle te help om te

verstaan. Die take is ontwerp as klaswerk aktiwiteite. Hierdie aktiwiteite stel die

leerders bloot aan verskillende aspekte van prosessering en is bedoel om mekaar te

komplementeer sodat die leerder kan leer om globaal te dink terwyl hy plaaslik optree.

ASSESSERING

5

TECHNOLOGY GRADE 9 CTA 2007: TEACHER’S GUIDE

Elke aktiwiteit bevat vrae wat die leerling se begrip van die onderwerp toets. Daar is ‘n

balans tussen meer en minder moeilike vrae. Antwoorde waaroor daar gedink moet word

verdien meer punte as antwoorde wat op geheue gegrond is. Rubrieke, memoranda en

graderingskale sal gebruik word om die toepaslike aktiwiteite bv. Spandinamiek en

grafiese vaardigheid te assesseeer.

UITGEBREIDE GELEENTHEDE

Twee geleenthede is ontwerp wat leerlinge kan gebruik om hulle punte deur bykomende

werk te verbeter.

Dit beteken ekstra werk vir die onderwyser maar in die praktyk moet dit beperk word tot

daardie leerlinge wat gemotiveer genoeg is om ekstra punte te wil verdien.

Uitgebreide geleenthede kan gebied word aan daardie leerders wat alreeds die

assesseringstandaarde bereik het maar wat gewillig is om te poog om hulle prestasie te

verbeter. Die onderwyser skryf dan die beter punt neer. Leerders wat nog nie die vereiste

vermoë demonstreer het nie, word die geleentheid gegun om bevoegdheid te bewys.

HULPBRONNE :

Voordat leerders Taak 5 kan voltooi moet hulle monsters van ses verskillende tipes

plastiek versamel. Hierdie is maklik verkrygbaar en sluit gewone huishoudelike houers

en artikels in. Die versameling moet ‘n spanpoging wees en dit is nodig dat die leerders

vroeg moet begin versamel sodat hulle ‘n vol stel sal besit teen die tyd wat dit vir

Aktiwiteite 5.2 en 5.3. nodig is. Die tipes plastiek word genoem:

PET; PE-HD; PVC; PE-LD; Projek Portefeulje en PS

Die lys hieronder gee moontlike bronne vir die ses verskillende tipes. Die leerders moet

ten minste een monster van elk hê. Sorg dat die spanne nou begin versamel sodat die

versameling volledig is as hulle dit benodig.

1. PET - Koeldrank bottels, opwasseep bottels, ingemaakte vrugte houers.

2. PE-HD - Melkbottels, motorolie houers, emmers kratte en sakke.

3. PVC - Skinkborde vir kos of toilet benodigdhede, deurskynende bottels, geute,

Pype

4. PE-LD - Bevrore groente sakkies, vuilgoedsakke, boufilm, sagte plastiek bottels

5. PP - Bottelproppe, Motor battery houers, koppies en borde

6. PS - HD of Kristal Polisterien ..................bv . CD houers

-Hoë impak polisterien HIPS ..... bv . TV kabinette, monitor kabinette

LD or Uitgesitte polisterien ...... bv. Weggooi koppies en borde

- yoghurt houers, skinkborde vir wegneemetes

6

TECHNOLOGY GRADE 9 CTA 2007: TEACHER’S GUIDE

TEMA: GLOBALISASIE

SUBTEMA: DINK GLOBAAL EN TREE PLAASLIK OP

BEGINSELS: SOSIALE REGVERDIGHEID, MENSEREGTE, INKLUSIWITEIT EN

‘N GESONDE OMGEWING

Die kritiese en ontwikkelings uitkomste wat gelys is in die Leerdersgids, is gedurende die

beplanning van hierdie GTA. gebruik:

Benodigdhede

Die leerders moet al hulle ondersoek verslae, antwoorde op vrae, sketse en

werkstekeninge in ‘n GTA Portefeulje versamel.

Hoe sal jy assesseer?

Leerders sal assesseer word volgens hulle vermoë:

• Om ondersoek in te stel

die inheemse metodes om kos te bewaar

die erkenning van Intellektuele Eiendomsregte

die impak van stowwe op mense en op die natuurlike omgewing

• Om inligting na te vors

• Om ‘n probleem of ‘n geleentheid in ‘n gegewe konteks te identifiseer.

• Om morogo te droog en om jou produk te evalueer met die gebruik van ‘n

graderingskaal

• Om praktiese toetse te ontwikkel en te gebruik om die kenmerke van plastiek te

vergelyk.

• Om te kommunikeer - Bied insette op ‘n logiese en goed gestruktureerde wyse

aan

• Om hulpbronne op ‘n volhoudbare wyse te gebruik en te bestuur.

EN

Die vermoë van die leerders om effektief as individuë en as lede van ‘n span te werk

asook om tyd en hulpbronne effektief te bestuur, sal asssesseer word.

Die volgende rubriek sal gebruik word op alle geleenthede wanneer spanwerk vereis

word.

Span Dinamiek Rubriek. Assessering deur die onderwyser MODUS

KODE Vlak beskrywer

7 Alle lede van die span het hulle rolle goed vertolk. Hulle het goed saamgewerk

en mekaar ondersteun en die swakker leerders gehelp sonder om hulle take oor

te neem

6 Alle spanlede het hulle rolle effektief vertolk. Hulle het goed saamgewerk en

toegelaat dat elke spanlid sy/haar deel doen.

5 Alle spanlede het hulle rolle goed vertolk maar hulle het dikwels gestry.

4 Sommige spanlede het mooi gewerk maar hulle het die ander se take

oorgeneem en nie toegelaat dat hulle deelneem nie

3 Sommige spanlede het mooi gewerk maar die projek is voltooi omdat sommige

spanlede die werk gedoen het terwyl die res geen poging aangewend het om te

help nie.

2 Die spanlede het halfhartig saamgewerk en die produk is van swak gehalte

1 Die spanlede het nie saamgewerk nie. Hulle kon nie die produk betyds voltooi

nie.

7

TECHNOLOGY GRADE 9 CTA 2007: TEACHER’S GUIDE

Gemeenskaps Gesondheid Die agtergrond

Deel die leerders in spanne van 4 of 6 lede elk vir die meeste aktiwiteite.

Let daarop dat as gemeenskapsprobleme ontleed word, dit belangrik is om aan die

beginsels van Sosiale Regverdigheid, Menseregte, Inklusiwiteit van lede van die

gemeenskap en aan ‘n gesonde omgewing te dink.

KONTEKS

Kos sekuriteit is ‘n stelsel om in die lang termyn behoeftes van die gemeenskap te

voorsien. Dit gaan nie net oor produksie nie, dit sluit ook bewaring en berging in.

“In ‘n armoede situasie soos tans in Suid-Afrika waar amper 20% van die kinders onder

vyf in die areas waar ons werk aan wanvoeding ly, moet ingryping aangespreek word in

die wyer konteks van armoede verligting”.

“Daar moet nie net gedink word aan die berg van kos vir ‘n jaar nie, maar in die geval van

droogte vir 2 of 3 jaar. (Let daarop: Soos aardsverwarming vermeerder, is dit waarskynlik

dat Suid-Afrika droër as in die verlede sal wees). Kos sekuriteit is nie net ‘n kwessie van

die beskikbaarheid van groentes soos spinasie, kool, uie, tamaties, groen boontjies

pampoen, ens. nie. Daar moet ook gedink word aan die basiese kulturele kos

benodigdhede waaraan die gemeenskap gewoond is. Kos behoeftes van kulturele

groepe van inheemse mense wissel van mieliemeel, geprosesseerde mielies, sorghum,

manna, droë bone, grondboontjies, spanspek, suikerriet en die tradisionele pampoen wat

ook benut kan word as ‘n groen groente vir ‘n periode wat tot in die winter strek. “

[ Geneem uit ‘n toespraak deur Me Tshepo Khumbane by die Geïntegreerde

permakultuur Konferensie in Australië – 1997]

8

TECHNOLOGY GRADE 9 CTA 2007: TEACHER’S GUIDE

Taak 1

KOS SEKURITEIT

Minute 30

Punte 18 gedeel deur 2

Hierdie taak handel oor die

bederf van kosse en die faktore wat dit veroorsaak. Sodra die leerders weet hoekom kos

bederf, kan hulle dink aan geskikte strategieë om dit teen te werk. ‘n Aantal kwessies kan

identifiseer word deur om gebruik te maak van die denkplanne 1 – 3 Leerders moet

aangemoedig word om bykomstige inligting tuis te bekom, hulle kan bv. met ‘n

volwassene gesels, ‘n artikel in die biblioteek lees, of inligting op die internet soek. Hulle

moet nie plagiaat pleeg nie - daar moet seker gemaak word dat hulle die inligting in hulle

eie woorde oorskryf en die bronne op die regte wyse erken. Sommige aspekte van

sosiale regverdigheid en inklusiwitweit word aangeraak.

Aktiwiteit 1.1 Gevalle studie - Ondersoek na die oorsake van kosbederf

Tyd : 30 minute Punte: 18/2 = 9 Individuële Werk Spanwerk

LEERUITKOMSTES EN ASSESSERING STANDAARDE AANGESPREEK:

LU1: Tegnologiese prosesse en vaardigheded

AS: Stel ondersoek in

Ontleed ‘n bestaande produk met die oog op ‘n geïdentifiseerde probleem

(kosbederf). Let op veiligheid en die vervaardigingsmetode

LU 2 Tegnologiese kennis en begrip

AS: Prosessering

Demonstreer kennis en begrip van hoe stowwe prosesseer kan word om

kenmerke (bv lewensduur) te verander of te verbeter bv. vries, droog.

Leerders word assesseer volgens:

• Kennis van verskillende veilige bergmetodes

• Kennis van die oorsake van kosbederf.

Leerders bestudeer in hulle groepe die denkplanne en bespreek die verskillende faktore

wat betrokke is by die bederf van voedsel. Dan dink hulle aan metodes om hierdie

skadelike faktore teen te werk. Die onderwyser gebruik professionele oordeelsvermoë

om die antwoorde te evalueer. Gebruik die antwoorde wat hieronder gelys is, as leidraad.

a. Lys 4 faktore wat kosbederf veroorsaak.. ( ½ elk) [2]

Bacterië; swamme; skimmel; suurstof; insekte; knaagdiere; ensieme; ens

b. Stel vier prosesse voor wat sal verhoed dat bakterië die kos sal bederf. . [4]

Verwyder vogtigheid, verwyder suurstof, bestraal, gebruik

preserveermiddels, verlaag die temperatuur (3 o Cof laer); maak die kos in,

– gebruik suiker oplossings en hitte)

c. Stel twee prosesse voor wat sal verhoed dat suurstof die kos bederf. . [2]

9

TECHNOLOGY GRADE 9 CTA 2007: TEACHER’S GUIDE

Vakuum verpakking; gebruik ‘n trae gas bv. CO2; stikstof.

d. Kies een proses uit verstandskaart 3 en ontwikkel ‘n vloeikaart om die proses

ten vollle te beskryf.

Gebruik u professionele oordeelsvermoë om die vloeikaart te evalueer.

Hieronder is ‘n eenvoudige voorbeeld. Die droog van vis.

Die skubbe en

Die vis word in

Sout word in

ingewande word mote gesny

die mote

verwyder ingevryf

Die gesoute

mote word op

rakke geplaas

Meer formele vloeikaarte is welkom

Die rakke staan in die

son totdat die vis

droog is.

e. Watter impak het gebrek aan elektriese krag op ‘n gesin se vermoë om kos aan

te koop?

Geen elektrises krag beteken geen koelkas en vrieskas nie. Kos moet daagliks

gekoop word. Kan nie grootmaat koop nie. Moet daagliks die winkel besoek.

Moet altyd kontant byderhand hê - risiko. Kan nie oorskietkos berg nie.

10

TECHNOLOGY GRADE 9 CTA 2007: TEACHER’S GUIDE

Die droë vis word

geberg tot

benodig.

[6]

[4]

Taak 2

Minute 30 Punte 22

INHEEMSE TEGNOLOGIë: ONDERSOEK NA DIE NGUNI GRAANKUIL

{ Erkenning: Aangepas uit Viva Technolgie Gr9, Vivlia Uitgewers - 2006}

LEERUITKOMSTE EN ASSESSERING STANDAARDE AANGESPREEK:

LU: Tegnologiese prosesse en Vaardighede

AS: Ondersoek

Ontleed bestaande produkte met die oog op ‘n geïdentifiseerde probleem (die

presevering van kos). Let op veiligheid en bergmetodes.

Kommunikeer

Bied idees aan met die gebruik van Stelseldiagramme

LU3 Tegnologie, die gemeenskap en omgewing

Inheemse Tegnologie en Kultuur

AS Ondersoek, vergelyk en verduidelik hoe verskillende kulture in verskillende

wêrelddele effektief tegnologiese oplossings aangepas het vir optimale

bruikbaarheid.

Impak van Tegnologie

Herken en identifiseer die impak van tegnologiese ontwikkeling op die gehalte van

mense lewens en op die omgewing waarin hulle woon.

Leerders sal assesseer word op die volgende:

• Kennis van inheemse bergmetodes en die moderne aanpassings.

• Vermoë om die bergstelsels met die hulp van stelseldiagramme voor te stel.

• Vermoë om tegnologië wat geskik is vir spesifieke doelwitte te vergelyk.

Die gevalle studie fokus op die Nguni Graankuil. Skole in ander provinsies kan verwys na

plaaslike praktyke maar die beskermende rol van die CO2 gas wat deur die graankuil

genereer word is uniek en word benodig om sommige van die vrae te beantwoord.

Tegnologie word met die natuurwetenskappe geintegreer. Die sukses van inheemse

preserveringsmetodes weerspreek vooroordeel teen landelike, inheemse tegnologie. Die

skakel tussen die graankuil en die moderne silo in Vraag C wys hoe inheemse tegnieke ‘n

impak op moderne praktyke kan hê.

Die afdeling waar landelike prosesseringstegnieke (in ‘n bestaansekonomie) vergelyk

word met die van kommersiële plase is bedoel om te wys dat ‘n oplossing toepaslik moet

wees. Dit sal verkeerd wees vir ‘n kleinboer om duur masjinerie te koop om klein

hoeveelhede kos te prosesseer en dit sal ook onverstandig wees vir ‘n kommersiële boer

om ‘n groot oes met die hand te bewerk. Dit beteken nie dat die een beter is as die ander

nie.

Kleinboere behoort arbeidsintensiewe tegnieke te gebgruik terwyl grootboere

meganisasie gebruik. Bespreek hierdie stelling met die leerders. Onthou daar is tans baie

werkloosheid in Suid-Afrika.

11

TECHNOLOGY GRADE 9 CTA 2007: TEACHER’S GUIDE

Aktiwiteit 2.1

VRAE

a. Beskryf die rol wat CO2 gas teen insekte en knaagdiere speel [2]

As die kuil gevul is met CO2, ‘n swaar, trae gas, word al die suurstof uit die kuil gedruk.

Geen aërobiese bakterië (mikro organismes), of skimmel, swamme, insekte en

knaagdiere kan in hierdie beskermende atmosfeer bestaan nie.

b. Aangesien CO2 nie ‘n giftige gas is nie, hoekom is dit dan gevaarlik om ‘n kind in [2]

die kuil af te laat om graan te gaan haal kort nadat die kuil oopgemaak is?

Alhoewel CO2 gas nie giftig is nie, is daar geen suurstof in die kuil vir die kind om in te

asem nie. Die kind sterf nie as gevolg van die CO2 gas nie, maar weens gebrek aan

suurstof.

c. Hierdie inheemse tegnologie is geskik vir kleinboer bergstelsels. Hoe kan CO2 in

kommersiële graansuiers ingevoer word om skade te verhoed? Sien die prentjie

hieronder (Leerders Boek)

STAPPE 1. Verseel die bodem van die graansuier.

2. Plaas ‘n blok droë ys bo-op die graan. (sien die alternatiewe hieronder)

3. Die graansuier sal gou vol CO2 word

Verduideliking

Aangesien CO2 ‘n swaar gas is sal dit nie, nadat dit in die silo ingepomp is, bo-uit

ontsnap nie. As die bodem van die silo verseel is, sal die CO2 daar bly en die graan

beskerm teen mikro organismes en ander gevare. ‘n Eenvoudige manier om die CO2 in

te voer is om ‘n blok droë ys (soliede CO2)bo-op die graan te plaas. Die droë ys sal

verander in ‘n swaar gas wat sal sink en al die lug opwaarts en uit druk. Die silo sal later

net die beskermende CO2 gas bevat.

OF ‘n Mens kan ‘n CO2 vuurblusser gebruik.

OF ‘n Mens kan van die graan natmaak. Die graan sal dan gis wat CO2 gas sal genereer.

d. Ontwikkel steseldiagramme:

1. Om die inheemse preserveer stesel van die Nguni stam te verteenwoordig.

2. Om die meer moderne preserveringstelsel wat jy in c voorgestel het, te

1.

2.

verteenwoordig.

Inset

Voer kuil uit

met nat klei

Stort graan

in.

Inset

Beton silo

Stort graan

in

Proses

Die graan langs

die kante sal

fermenteer en

CO2 vrystel wat

die kuil vul.

Proses

Sit ‘n blok droë

ys bo in die silo.

Dit sal verander in

CO2 wat die silo

sal vul.

12

TECHNOLOGY GRADE 9 CTA 2007: TEACHER’S GUIDE

Gevolg

Preserveerde

graan

Gevolg

Gepreserveerde

graan.

[3]

[3]

[3]

e. Skryf ‘n kort verduideliking oor hoekom hierdie metode geskik is vir bestaansboere.

[2]

Bestaansboere produseer kos vir die gesin. Daar is geen of min kos oor om te verkoop.

Dit sal sinneloos wees om duur masjinerie te gebruik vir ‘n paar rye mielies of ander

gewas. Massjinerie benodig ook duur brandstof.

Of Alternatiewe geldige antwoord.

Hierdie metode is goedkoop en gebruik mense arbeid en net natuurlike hulpbronne wat

maklik bekombaar is. Die proses is geskik vir die hoeveelhede wat ‘n bestaansboer

benodig. Die produk is natuurlik, onverfynd en sonder toevoegings. Die proteine in die

doppe word gebruik om mageu en mqomboti (sorghum bier) te produseer.

f. Hoekom is hierdie metodes nie geskik vir kommersiële produksie stesels nie? [2]

Voorgestelde antwoord:

Mense arbeid is te stadig vir grootskaalse produksie

Dit is duurder as om masjinerie te gebruik

Die gewasse is seisoen-gebonde - arbeiders moet heel jaar aan diens wees

Dieper kwessies

Sulke arbeids-intensiewe praktyke is te stadig en ondoeltreffend vir die prossessering van

duisende tonne graan. Arbeiders word moeg as hulle op groot plase ure lank aan die

elemente blootgestel word. Geslagsvooroordeel is ook hier ter sprake aangesien daar

dikwels van vroue arbeid gebruik gemaak word. Die arbeiders word ook net tydens sekere

seisoene gebruik maar benodig heeljaar behuising en kos. Masjinerie kan in ‘n skuur

geberg word.

Gebruik hierdie geleentheid om oor geslagsvooroordele en verwante kwessies te gesels.

g. Stel ‘n meer geskikte stelsel voor vir kommersiële skaal graan prossessering [3]

Sien LG vir prente.

Dit is ekonomies sinvol om masjinerie te gebruik vir grootskaalse produksie - masjinerie

kan 24 uur per dag werk (met bestuurders wat mekaar aflos). Masjiene is doeltreffend as

hulle goed versorg word en goedkoper as ‘n groot arbeidsmag wat in die aftye betaal

moet word.

Die prentjie wys ‘n stroper wat die graan dors. ‘n Hamermeul kan die werk doen van die

vrou met ‘n vysel en ‘n stamper en die meul sal die werk van die vrou wat meulstene

gebruik dupliseer.

Vysel en stamper

(Tshivenda: musi na mutuli);)

Meulstene

(Tshivenda: lwala na bwani; (Isixhosa: imbokhodo )

h. Watter impak het moderne prosesserings metodes op die gehalte van hoogs verfynde

kos bv. Meel? [2]

h Hoogs verfynde kosse bv. witsuiker en witmeel het gewoonlik laer koswaardes as

minder verfynde kosse.

Dieper kwessies

Oormatige prosessering kan vitamines en minerale verwyder. Oormatige blootstelling aan

hitte, ultravioletstrale, ens kan dit ook doen.

13

TECHNOLOGY GRADE 9 CTA 2007: TEACHER’S GUIDE

Taak

3

Minute 60

Punte 29

Gevalle studie en Hulpbron Taak – Inheemse tegnologie Son-gedroogte

Morogo

{Erkenning: Aangepas uit Viva Technologie Gr 9, Vivlia Uitgewers - 2006}

LEERRUITKOMSTE EN ASSESSERINGS STANDAARDE AANGESPREEK

LU1: Tegnologiese prossesse en Vaardighede

AS Ondersoek

Ontleed bestaande produkse met die oog op ‘n geïdentifiseerde probleem (Kos

preservering)

Maak

Leerders kook en droog morogo

Evalueer (subjektief) en kommunikeer

Leerders evalueer die smaak, tekstuur en gehalte van die gedroogte produk en

doen verslag.

LU 2 Tegnologiese kennis en begrip

AS Prossessering

Hoe morogo prossesseer kan word om die kenmerke (lewensduur) te verander

of te verbeter.

LU 3 Tegnologie, die Gemeenskap en die Omgewing

AS Inheemse Tegnologie en Kultuur

Ondersoek,vergelyk en verduidelik hoe verskillende kulture in verskillende

wêrelddele effektief tegnologiese oplossings aangepas het vir optimale

bruikbaarheid.

Impak van tegnologie - ‘n geskikte preserveringstegniek.

Herken en identifiseer die impak van tegnologie op die gehalte van menselewens

en op die omgewing waar hulle woon.

Leerders word geassesseer op:

• Kennis van inheemse preserveringsmetodes

• Vermoë om morogo te kook, te droog en te evalueer.

Agtergrond

Morogo is ryk aan yster. Dit groei wild maar kan ook tuis gekweek word. ‘n Mens moet

versigtig wees as enige wilde kos gepluk word.

• Vermoë om ‘n werksblad te voltooi en om kostes en profyt te bereken. Hierdie is ‘n

praktiese aktiwiteit. Organiseer die leerders in spanne.

Die spanne sal…

▪ Een tipe morogo (bv thepe) kook en droog en dan rehidreer, verhit en evalueer.

14

TECHNOLOGY GRADE 9 CTA 2007: TEACHER’S GUIDE

▪ ‘n Ander tipe groente (bv lephotse - pampoenblare) tussen papierblaaie droog, dit

dan rehidreer, dit kook en evalueer.

Dit moet verkieslik in die skool gekook word. Dit is moontlik al beskik die skool nie oor ‘n

“Verbruikers Studie “ Sentrum nie aangesien ‘n oop vuur en ‘n konfytblik gebruik kan

word. Die leerders moet die morogo (of winkelspinasie as wilde spinasie nie verkrygbaar

is nie) kook. Hulle moet lepel-groottes morogo op ‘n sonnige rots of op ‘n stuk sinkplaat

wat effens skuins lê, droog. ‘n Paar dae later kan hulle die gedroogde morogo versamel

en berg tot dit benodig word vir die evaluasie sessie. Die ander tipe groente word tussen

papierblaaioe gedroog en geberg tot benodig.

Die gedroogde morogo word rehidreer en volgens die kriteria in die werksblad evalueer.

Hierdie aktiwiteit bewys aan die leerders dat kos preservasie ‘n universele praktyk is.

Voordat die moderne hoogs tegnologiese oplossings bestaan het, het alle mense

metodes ontwikkel om die lewensduurte van voedingstowwe te verleng. Die Voortrekkers

het biltong gemaak, die Indiërs gebruik kerrie, die Maleiers in die Kaap maak gesoute

snoek en bokkoms, die Venda en Shangaan mense droog Mopane wurms en baie groepe

droog vandag nog morogo.

Die doel van hierdie aktiwiteit is dat leerders die effektiwiteit van die droging van morogo

moet ondervind en dus waardering vir suksesvolle inheemse praktyke moet ontwikkel wat

respek vir ander inheemse kennistelsels sal bevorder. Omdat die aktiwiteit prakties is,

word spandinamiek opgebou en die leerders neem deel aan ‘n kulturele aktiwiteit wat

brûe tussen kulture kan opbou en tot beter begrip kan lei.

Die tegniek is ‘n effektiewe manier om koshulpbronne ekonomies en volhoudbaar te

gebruik.

Aktiwiteit 3.1: Praktiese Evaluasie – Die Droog en Toets van Morogo

Tyd : verleng : Kook Droog ...Toets {30} Punte : 19

Spanwerk

Die leerders moet morogo in die hande kry - wilde morogo kan gepluk word of selfs in

sekere supermarkte en by smouse gekoop word. Koop gewone spinasie as morogo

onverkrygbaar is.

Leerders moet in hul oorspronklike spanne bly - evalueer hulle doeltreffendheid as lede

van ‘n span met behulp van die rubriek op bladsy 5. [7 punte ]

▪ Kook een kooksel en droog dit op rotse of op sinkplaat.

▪ Droog nog morogo tussen blaaie papier sonder om dit te kook.

▪ Na twee weke word die morogo rehidreer soos op die vorige bladsy beskryf word

▪ Evalueer met behulp van die onderstaande tabel.

Leerders moet veiligheid in gedagte hou.

Leerder instrument - Morogo Toets Graderingskaal

Monster Metode van Droog Smaak Tekstuur Gehalte

A Vooraf gekook en gedroog op ros of sinkplaat

B Ongekook gedroog tussen koerantpapier

15

TECHNOLOGY GRADE 9 CTA 2007: TEACHER’S GUIDE

Graderingskaal: Smaak : 1 = vieslik , 2 = smaakloos , 3 = eetbaar

Tekstuur : 1 = taai , 2 = slymerig , 3 = koubaar

Gehalte : 1 = laag , 2 = aanvaarbaar , 3 = goed

Hier is nie verkeerde antwoorde nie want die toetse is subjektief en berus op eie mening.

Moedig die leerlinge aan om eerlik te wees en die toetse ernstig op te neem.

Gebruik die volgende skaal om die leerlinge se prestasie in die bostaande take te

gradeer:

Graderingskaal Kos gehalte toets Onderwyser assessering

Modus : Span

Voorbereiding van monsters vir droog 1 2 3

Die droog van monsters 1 2 3

Rehidreer van monsters 1 2 3

Die evaluasie van monsters vir smaak, tekstuur en 1 2 3

gehalte

Maksimum

Sodra daar met Aktiwiteit 3.1 begin word, kan die leerders met 3.2, die Werksblad, begin.

Hulle hoef nie te wag totdat 3.2 voltooi is nie.

Aktiwiteit 3.2: Die droging van Morogo Werksblad

Tyd : 30 minute Punte : 10 Werk in pare

Deel leerders in fokus groepe van vier. Hulle moet die volgende vrae bespreek.

▪ Hoe geskik is hierdie metodes vir die mense wat hulle gebruik?

▪ Is koerantpapier veilig?

▪ Wat is ‘n beter alternatief vir koerantpapier?

Deel nou die fokus groepe in pare. Die paar volg die volgende instruksie:

Werk in pare :Werk saam met ‘n maat om die WERKSBLAD op die volgende bladsy te

voltooi:

Voltooi een werksblad per paar en lewer dit in vir punte toekenning. Dit verminder die

punte toekenningslas van die onderwyser.

Albei lede van die paar kry dieselfde punt en moet ‘n afskrif van die werksblad in sy/haar

antwoordboek bewaar.

As die een leerder ‘n beter handskrif het, gee punte vir sy afskrif.

WERKSBLAD Gedroogde

Werk in pare

NAME: Blaai om vir M emo

kos.

1. Noem twee tipes morogo (wilde spinasie) wat deur mense gebruik word.

…………………………………… en …………………………………….…. [2]

16

TECHNOLOGY GRADE 9 CTA 2007: TEACHER’S GUIDE

12

2. Verduidelik hoe vooraf gekookte morogo gedroog word.

…………………………………………………….......................................... [2]

3. Vars morogo word tussen die blaaie van ‘n koerant gedroog. Is koerantpapier veilig? ………

Gee ‘n rede vir jou antwoord

………..............................…………………….............................................. [1 + 2]

4. Watter tipe papier is volgens jou meer geskik vir die droging van morogo?

…………………………………………………………............…………….……[1]

5. Hoe word gedroogde morogo geberg?

.....................................................................................................................[2]..

Ondersoek na Koste

Dehidreerde kos verloor water en weeg minder as vars kos.

6. As biltong 60% van die oorspronklike massa tydens droging verloor, wat sal ‘n redelike

verkoopprys wees vir ‘n kilogram biltong as die vars vleis teen R30 ‘n kilogram aangekoop is? Jy

kan ‘n profyt van 30% op die transaksie maak.

(a) Bereken die prys as daar geen profyt of verlies is nie.( gelykbreekprys)

........................................................................................................................................................[6]

(b) Voeg nou ‘n profyt van 30% by:

.......................................................................................................................[4]

Totaal: 20 {20÷2=10 punte }

17

TECHNOLOGY GRADE 9 CTA 2007: TEACHER’S GUIDE

WERKSBLAD Gedroogde kosse

Werk in pare

1. Noem twee verskillende variëteite morogo (wilde spinasie) wat deur mense geëet

word.

Enige twee van: lerotho of thepe of lephotsi of murudwi ens.

[2]

2. Verduideklik hoe om vooraf gekookte morogo te droog.

Nadat dit gekook is, word lepel- of handevol op plat rotse of op sinkplaat geplaas. Die

water dreineer en die morogo droog uit (dehidreer) in die son.

As dit droog is word die morogo in mandjies of ander houers geberg tot benodig word.

[2]

3. Vars morogo word tussen koerantblaaie gedroog. Is koerantpapier veilig?

Gee asb. ‘n rede vir jou antwoord.

NEE [1] Drukkersink is giftig. [2]

4. Wat is volgens jou mening ‘n veiliger tipe papier om te gebruik vir die droging van

moroko?

Ongedrukte

koerantpapier of wit papier (“flip chart paper”) of bruin papier.

[1]

5. Hoe word die droë morogo geberg?

Dit word in biesiemandjies, of lemoensakkies of soortgelyke goed-geventileerde houers

geberg tot benodig word [2]

Ondersoek na Koste

6. Gehidreerde kosse verloor water en weeg minder as vars kosse.

As biltong tydens droging 60% van sy oorspronklike massa verloor, wat is dan ‘n

redelike verkoopsprys vir ‘n kilogram biltong as die vars vleis R30 per kilogram gekos

het? Jy kan ‘n profyt van 30% op die transaksie maak.

a> Bereken die gelykbreekprys. (geen profyt of verlies nie)

1kg NAT = 400g Vleis + 600gVog

Dus uit R30/kg, is net R12 vir vleis en R18 vir vog.

1kg Droë Biltong = 400g x 2,5 = 1kg

so R30 x 2,5 = R75 ............................. Dit is die gelykbreekprys [6]

b> Voeg nou ‘n 30% profyt by:

NAME: MEMORANDUM

R75/kg gelig met 30%: 30% van R75 = 0.3x7,5 = R22.50

Dus moet die verkoopsprys R75 + R22.50 = R97.50 wees [4]

Totaal: 20 {20÷2=10 punte

18

TECHNOLOGY GRADE 9 CTA 2007: TEACHER’S GUIDE

Let op: As a verkeerd is, moet b bereken word volgens die waarde van a en dus

kan die antwoord verskil van die antwoord in die memo en nogtans volpunte vir

daardie stap verdien.

As u hulp benodig, bespreek dit met u EMS en Wiskunde kollegas.

19

TECHNOLOGY GRADE 9 CTA 2007: TEACHER’S GUIDE

LEERUITKOMSTES EN ASSESSERINGSTANDAARDE AANGESPREEK :

{Erkenning: Aangepas uit Viva Tegnologie Gr9, Vivlia Uitgewers - 2006}

Lu

1

AS

Lu

3

AS

AS

AS

Taak

4

Minute 55 Punte 20

Tegnologiese Prosesse en Vaardighede

Ontwerp [omgewing ]

Waar sal die produk gebruik en gemaak word? Lang en kort termyn impak op die

omgewing.

Tegnologie, Gemeenskap en Omgewing

Inheemse Tegnologie en Kultuur

Verduidelik hoe verskillende kulture effektief tegnologiese oplossings aangepas het vir

optimale benuting.

Impak van Tegnologie

Herken en identifiseer die impak van tegnologie op die gehalte van menselewens en

van die omgewing waar hulle woon.

Vooroordeel in tegnologie

Strategië om die uitbuiting van inheemse kennis stelsels in die verlede aan te spreek.

Inheemse Tegnologië - die Hoodia storie

Hierdie taak bied baie geleenthede om te besin oor menseregte, sosiale regverdigheid,

inklusiwiteit en ‘n gesonde volhoudbare omgewing.

Die gevalle studie oor die intellektuele kapitaal van die San Mense maak leerders

sensitief vir die gevare van uitbuiting. Leerders besef terselfdetyd dat inheemse

kennistelsels waardevol is en weer gebruik kan word. Die volhoudbare gebruik van

huplbronne word beklemtoon asook die morele plig om mense te respekteer en vir hulle

kennis te beloon.

Aktiwiteit 4.1: Klasbespreking en spanverslag – Hoodia: Inheemse kennis en

Hulpbronbestuur.

Tyd : verleng : 20 minute Punte : 6 Spanwerk

Hierdie taak ..

▪ Bevorder groep- en spanwerk

▪ Bevorder begrip van kulturele en omgewings kwessies.

▪ Bevorder intergroep respek en is ‘n “toegevoegde waarde”

▪ Beklemtoon plaaslike inheemse oplossings.

▪ Beklemtoon die rolspelers en hulle verantwoordelikhede ten opsigte van die

omgewing, kulturele erfenis regte, en toekomstige geslagte.

▪ Volhoudbare gebruik van hulpbronne.

20

TECHNOLOGY GRADE 9 CTA 2007: TEACHER’S GUIDE

Gesamentllke eienaarskap van die finale produk word verkry as die leerders ‘n

spanverslag genereer wat aan spesifieke kriteria voldoen. Die volgende twee aktiwiteite

fokus op die voorafgaande konsepte en verskaf aan leerders die geleentheid om hul

begrip van omgewingskwessies wat verwant is aan onbeheerste prossessering van

natuurlike hulpbronne en die onregverdige uitbuiting van inheemse kennistelsels deur

sake ondernemings, te demonstreer.

Dieselfde punte kan aan alle spanlede toegeken word tensy ‘n leerder nie sy/haar kant

gebring het nie.

Graderingskaal Klasverslag Onderwysers assessering Modus : Span

Inleiding 1 2

Sleutelkwessies bespreek 1 2 3 4

Voorstelle 1 2 3 4

Gevolgtrekking 1 2

Maksimum 12 ÷ 2 = 6

Aktiwiteit 4.2: Vloeikaart: Volhoudbare hulpbronbestuur

Tyd 20 minutes Punte 7 Individuële Werk

LU1, AS – Maak

Leerders ontwikkel ‘n vloeikaart wat wys

hoe skaars hulpbronne op ‘n volhoubare

wyse gebruik kan word om te verhoed dat

hulle uitsterf.

U kan leerders leiding gee en ‘n

voorbeeld van ‘n vloeikaart wys as hierdie

deel van die Assesseringstandaarde nie

alreeds behandel is nie - bladsy 41 punt

3 van die NKV Graad 9.

Hierdie voorbeeld wys hoe ‘n geskikte

antwoord daarna kan uitsien. Gebruik u

professionele oordeel om die sewe punte

hier toe te ken. Die sterker studente kan

bykomende inligting gee bv. oor

outeursregte of soortgelyke kwessies.

Blaai om vir

Assesseringsinstrument

Find out about the scarce

resource e.g. A plant

(where does it grow? What is its

value? Etc)

Collect plant specimens

and/or seeds

Plant seeds / plants in a

protected area with

suitable conditions

Do we have enough

to utilise sustainably?

Harvest in a limited way

ensuring that you do

not take out more than

you can reproduce

21

TECHNOLOGY GRADE 9 CTA 2007: TEACHER’S GUIDE

Vloeikaart Rubriek Onderwyser assessering MODUS: Individueel

KODE Vlak Beskrywer

4

3

Ontwikkel ‘n plan vir die volhoudbare gebruik van inheemse plante en

verteenwoordig die sleutel stadiums op die vloeikaart en noem alternatiewe

strategieë indien plaaslike hulpbronne opgebruik word, bv. ‘n kwekery.

Ontwikkel ‘n plan vir die volhoudbare gebruik van inheemse plante en toon

die sleuitel stadiums op ‘n eenvoudige vloeikaart maar daar is geen

alternatiewe voorstelle indien ‘n area die plaaslike hulpbronne oorgebruik

nie.

Kan sekere planne lys vir ‘n plan om inheemse planne volhoudbaar te

gebruik maar het geen idee van hoe om dit op ‘n vloeikaart te toon nie.

2

1 (0) Kan nie ‘n plan formuleer om inheemse plante te gebruik nie.

As ‘n leerder voldoen het aan die beskrywer wat as KODE 4 gradeer is, mag u u

professionele oordeel gebruik om hom/haar ‘n punt van tussen 5 en 7 te gee volgens die

spesifieke leerder se vermoë om te beplan en vloeikaarte op te stel.

Aktiwiteit 4.3: Verslag – Etiese Navorsing Praktyke

Tyd: 15 minute Punte : 7 Spanwerk

Na ‘n bespreking van hoe groot maatskappye hulle bronne behoort te erken en te beloon,

moet elke span ‘n gesamentlike verslag voorberei en deur ‘n gekose spreker aan die klas

aangebied word.

Tyd wat bestee is op die wag vir jou span se beurt word nie gereken as kontak tyd

vir die aktiwiteit nie.

Gebruik die onderstaande rubriek om die prestasie van die spanne en hulle sprekers te

gradeer.

Sprekers wat min bydra, kry nie dieselfde punte as hulle meer produktiewe spanmaats

nie. Moet egter nie leerders beloon wat hulle spanmaats domineer en nie toelaat dat

gewillige spanmaats ‘n bydrae maak nie. Gebruik u professionele oordeelsvermoë vir die

punte toekenning van individuë in die groep.

Die punte vir die twee rubrieke moet saam getel en dan met twee gedeel word.

Rubriek : Voorbereiding van verslag

Onderwysers assessering MODUS : Span {7/2=3,5}

Vlak Beskrywer

KODE

7 Alle spanlede het die spreker gehelp om die verslag saam te stel, hulle het

6

5

4

3

2

1

materiaal voorberei en gehelp tydens die aflewering van die toespraak. .

Alle spanlede het gehelp gedurende die voorbereiding van die toespraak,

hulle het visuele materiaal voorberei maar het nie tydens die aflewering

van die toespraak gehelp nie.

Alle spanlede het tot ‘n gelyke mate gehelp met die voorbereiding van die

verslag

Alle spanlede het gehelp met die voorbereiding van die verslag.

Die meeste van die spanlede het gehelp met die voorbereiding van die

verslag

Sommige spanlede het gehelp met die voorbereiding van die verslag

Niemand het gehelp met die voorbereiding van die verslag nie.

Gebruik OOK die rubriek op die volgende bladsy:

22

TECHNOLOGY GRADE 9 CTA 2007: TEACHER’S GUIDE

Rubriek : Aanbieding van die verslag

Onderwyser se assessering

{7/2=3,5}

KODE Vlak beskrywer

MODUS : Span verteenwoordiger

7 Die spreker was goed voorberei, het ‘n goeie, duidelike verslag gelewer, het

goeie aantekeninge gehad en het drie voorbeelde van onetiese gedrag

genoem.

6 Die spreker was goed voorberei, kon ‘n baie duidelike verslag lewer, het wel

aantekeninge gehad en het drie voorbeelde van onetiese gedrag genoem.

5 Die spreker was goed voorberei, kon ‘n baie duidelike verslag lewer, het wel

aantekeninge gehad en het twee voorbeelde van onetiese gedrag genoem.

4 Die spreker was goed voorberei, kon ‘n duidelike verslag lewer, en het twee

voorbeelde van onetiese gedrag genoem

3 Die spreker was goed voorberei, kon ‘n duidelike verslag lewer en het een

voorbeeld van onetiese gedrag noem.

2 Die spreker was swak voorberei , kon wel ‘n duidelike verslag lewer maar

het nie verwys na die steel van inheemse kennis nie.

1

Die spreker was swak voorberei, kon nie ‘n duidelike verslag lewer nie en

het nie verwys na die steel van inheemse kennis nie.

Uitgebreide Geleentheid Nie deel van tyd toewysing nie. Punte [4]

‘n Opsionele navorsingstaak vir gemotiveerde leerders:

Hierdie is ‘n geleentheid vir leerders om bonus punte te verdien.

Leerders wat nie so goed presteer het soos hulle wou nie kan van hierdie geleentheid

gebruik maak om bykomende punte te verdien. Die werk sal op individuele basis vir

verdienstelike leerders volgens die professionele oordeel van die ondwerwyser punte

toegeken word. Dit is soortgelyk aan die situasie waar ‘n werker ekstra geld verdien vir

oortyd werk.

Gee aan u leerders leiding i.v.m die Hoodia gevalle studie sodat hulle sinvol op hierdie

kwessie kan reageer.

Baie ander inheemse plante groei wild in Suid-Afrika en word versamel en verkoop

sonder dat daar gedink word aan of die praktyk volhoudbaar is.

Sommige ou medisynes is aangeneem en verbeter deur moderne mediese tegnologie.

Kies een van die volgende items en ondersoek die rol daarvan in medisyne

1. Kinien van die bas van die cinchona boom OF

2. Aspirien van die bas van die wilgerboom OF .

3. Die pynstillende eienskappe van die acacia mimosa doringboom OF

4. Die pynstillende eienskappe van die moederkruid madeliefie

Lys ...

▪ Waar in die wêreld vind ‘n mens dit?

▪ Waarvoor word dit gebruik?

▪ Hoe het moderne medisyne daarvan te hore gekom?

▪ Hoe word dit geprossesseer en ‘n medisyne daarvan gemaak?

23

TECHNOLOGY GRADE 9 CTA 2007: TEACHER’S GUIDE

Taak 5

Minute 65 Punte 40

LEERUITKOMSTE EN ASSESSERINGSTANDAARDE AANGESPREEK

LU 1 Tegnologiese Prossesse en Vaardighede

AS Teen die einde van Gr 9 moet leerders ‘n probleem, asook ‘n behoefte of ‘n

geleentheid in die werklike lewe kan identifisser en verduidelik en om na die konteks,

die aard van die behoefte, die omgewingsituasie en die mense betrokke ondersoek

AS in te stel.

Ontwikkel en voer praktiese toets prosedures uit om die toepaslikheid en

geskiktheid vir die doel van relevante eienskappe van stowwe vas te stel en te

vergelyk.

LU 3 Tegnologie, die Gemeenskap en die Omgewing.

AS

Die Impak van Tegnologie

Erken en identifiseer die impak van tegnologiese ontwikkeling op die gehalte van

menselewens en op die omgewing waarin hulle leef.

Teen die einde van Taak 5 behoort die leerders te besef het dat:

▪ Plastiek waardevol is, maar dat dit vervaardig word uit bronne wat nie hernu kan word

nie.

▪ Plastiek wat weggegooi word veroorsaak ernstige besoedeling want min tipes is biodegradeerbaar.

▪ Die oplossing van hierdie twee probleme lê in herwinning.

Elke skool sal ‘n uittreksel uit ‘n pamflet “It’s All About Plastics - Material of Choice”

uitgegee deur die Plastiek Federasie van Suid-Afrika ontvang.

24

TECHNOLOGY GRADE 9 CTA 2007: TEACHER’S GUIDE

Aktiwiteit 5.1 The oorsprong van plastiek EN Klasse van Plastiek

Tyd : 10 minute Punte : 10 Spanwerk

Die onderwyser moet inligting oor plastek klas toe bring vir hierdie afdeling

Ons beveel die bekende pamflet “It’s All about Plastics– Material of Choice” wat

beskikbaar is vanaf die Plastiek Federasie aan. Daar is uittreksels hiervan in die Leerders

gids.

Elke span leerders produseer een stuk werk vir bepunting. Nadat punte toegeken is,

moet ‘n afskrif in elke spanlid se GTA portefeulje geplaas word. Maak seker dat elke GTA

wat vir moderasie voorgelê word, bewyse van leerder prestasie wat punte ontvang het,

bevat.

a) Leerders gebruik die uittreksel en enige ander bronne wat die onderwyser beskikbaar

het, om uit te vind:

• Waar kom die grondstowwe vir plastiek internasionaal vandaan? [2]

[petrochemiese bronne bv olie, oil, natuurlike gas (etilien or propilien ) of

steenkool ]

• Waar kom ons plaaslike grondstowwe vir plastiek vandaan?

[lae graad steenkool, meer onlangs gebruik ons etilien (eteen) gas wat per

pypleiding na Secunda vanaf Xai-xai in Mosambiek gestuur word. [2]

b) Alle plastieke val in een van twee klasse, naamlik Termoplastiek en termosette

▪ Kyk in die uittreksel vir ‘n verduideliking van die twee klasse.

▪ Skryf die verskille tussen hulle neer en lys twee voorbeelde van voorwerpe

gemaak uit elke klas plastiek.

Termoplastiek

Hierdie plastieke kan deur verhitting saggemaak word en sal weer hard word as dit

afkoel.

Bv. enige twee uit:

PET (1) tot PS (6) en assosieerde voorbeelde soos PET wat gebruik word vir koeldrank

bottels, Geplastiseerde PVC wat gebruik word vir plastieksakke, elektriese draad

isolering, tuinslange, Rigiede PVC wat gebruik word vir pype en geute.

[3]

Termosette:

Hierdie plastieke word deur verhitting verhard en kan nie deur verdere verhitting

saggemaak word nie. Bv. enige twee van:

Urea formaldehied wat gebruik word vir ligte elektriese ware bv. skakelaars.

Melamien formaldehied wat gebruik word vir tafelware en elektriese isoleerders.

Fenol formaldehied wat gebruik word vir donker elektriese ware en vir pot handvatsels en

plastiek botteltoppe. [3]

25

TECHNOLOGY GRADE 9 CTA 2007: TEACHER’S GUIDE

Aktiwiteit 5.2: Tipes plastiek EN waarvoor dit gebruik word – SPANUITSTALLING

Tyd : 10 minute Punte : 10 Spanwerk

Spanne moet vooraf hulle uitstallings reël. Die tien minute wat hier toegelaat word is net

vir uitstal met die oog op assessering.

‘n Spesiale stelsel vir die identifiseer van plastiek word wêreldwyd gebruik vir die

identifikasie van verpakkingsplastiek. Dit word die Polimeer Identifikasie Kodering Stelsel

genoem. Dit is in 1998 ingevoer op versoek van die herwinnaars omdat baie plastieke

eenders lyk en moeilik is om met die oog op herwinning te sorteer.

‘n Polimeer Identifikasie Logos word op die produk aangebring -- in die geval van

bottels is dit op die bodem. Die nommer in die driehoek toon die tipe plastiek (polimeer)

wat gebruik is. Verwys na bladsye 3 en 4 van die uittreksel uit “It’s all about Plastics”

Die eienskappe van die verskillende tipes plastiek verskil effens en hulle word vir

verskillende doele aangewend.

1. PET - Koeldrank bottels, opwasseep bottels, ingemaakte vrugte houers.

2. PE-HD - Melkbottels, motorolie houers, emmers kratte en sakke.

3. PVC - Skinkborde vir kos of toilet benodigdhede, deurskynende bottels, geute,

pype

4. PE-LD - Bevrore groente sakkies, vuilgoedsakke, boufilm, sagte plastiek

bottels

5. PP - Bottelproppe, Motor battery houers, koppies en borde

6. PS - HD of Kristal Polisterien ..................bv. CD houers

- Hoë impak polisterien HIPS ..... bv. TV kabinette, monitor kabinette

LD or Uitgesitte polisterien ...... bv. Weggooi koppies en borde

- yoghurt houers, skinkborde vir wegneemetes

26

TECHNOLOGY GRADE 9 CTA 2007: TEACHER’S GUIDE

Wat die leerders moet doen: Die spanne leerders moet ten minste twee voorbeelde

van die ses tipes verpakkingsplastiek versamel. Herinner die spanne daaraan dat

hulle ‘n vol stel met voorbeelde van al ses verpakkingsplastiek moet hê. Hierdie

monsters moet voor die begin van die aktiwiteit versamel word. Versameltyd maak

nie deel uit van Aktiwiteittyd nie. Etikette moet op die voorbeelde aangebring word.

[3]

Gee instruksie aan die spanne om:

▪ ‘n uitstalling van hulle monsters op te stel

▪ te identifiseer waarvoor elke tipe plastiek gebruik kan word, en

▪ om seker te maak dat daar etikette met die relevante inligting aangebring word.

Assessering Plastiek Uitstalling

Assessering van Onderwyser MODUS : Span Graderingskaal

Uitstalling bevat voorbeelde van al ses tipes plastiek. 1 2

Algehele voorkoms van uitstalling 1 2

Inligting in die uitstalling vervat 1 2 3

Gebruike vir elke tipe plastiek buiten die wat hierbo gegee is 1 2 3

Aktiwiteit 5.3: Die identikasie van plastieke: Praktiese Toets

Tyd : 20 minutes Punte : 12 Spanwerk T

Maksimum 10

Gee aan die leerders instruksies om al die verskillende tipes plastiek wat hulle

versamel het klas toe te bring. In die Leerderboek word verskillende gewone items wat

van verskillende soorte plastiek gemaak is, getoon maar daar is baie ander soos

plastieksakke en koshouers. Hule kan enige hoeveelheid plastiek voorwerpe versamel.

Maak seker dat hulle ‘n CD houer (Hoë digtheid Polisterien ) en ‘n Stiroskuim kos

skinkbordjie (Lae digtheid of Uitgesitte Polisterien) insluit. Hulle mag natuurlik voorbeelde

wat vir Aktiwiteit 5.2 versamel is, insluit.

Baie plastiek items het nie ‘n Polimeer Identifiserings Logos op nie. Hierdie aktiwiteit toon

vir leerders hoe om sulke plastiek te identifiseer sodat dit effektief herwin kan word.

Leerders voer die toetse in die Leerderboek uit en gaan die eienskappe in die tabel na.

Hulle sal die volgende benodig:

‘n Skerp mes, ‘n hamer (‘n ronde klip sal ook werk) , ‘n bakkie water, ‘n vlam (bv ‘n brand

spiritus lampie, ‘n bunsenlampie, ‘n gasstofie of ‘n sigaretaansteker) Moet nie ‘n kers of

lampolie gebruik nie want dit beïnvloed die vlamkleur- en smaaktoetse. ‘n

Sigaretaansteker is uiters geskik.

Die leerders moet die CD houer en die Stiroskuim kosskinkbordjie tegelyk toets. Dit sal

hulle in staat stel om die resultate van die vlamtoets te vergelyk (kleur/rook) en te verifieer

dat die twee chemiesstowwe eenders is al verskil hulle fisiese eienskappe.

27

TECHNOLOGY GRADE 9 CTA 2007: TEACHER’S GUIDE

Dit is raadsaam dat die fasiliteerder voor die les ‘n paar van hierdie toetse uitvoer. Dit sal

hom insig gee in hoe die taak sal vorder, watter probleme moontlik kan opduik, en hom

help om gevaarlike situasies te vermy. Hy kan daaraan dink om ‘n span gemotiveerde

leerders in hierdie vooraf toetse te gebruik.

Stappe:

1. Leerders voer die toetse wat op bladsy 27 van die Leerderboek gelys is op een van

die monsters uit en verifieer die eienskappe met behulp van die tabel op dieselfde

bladsy.

2. Hulle toets dan die Stiroskuim en die CD houer om te toon dat hulle chemies

soortgelyk is alhoewel hulle fisies verskil. Dit word gedoen deur om die vlamtoetse te

vergelyk (kleur/rook)

Uitgebreide Geleentheid

Gemotiveerde studente kan die ander monsters toets om bykomende bonuspunte te

verdien. (maks =4)

Hier is die Assesseringsinstrument om leerder prestasie te evalueer.

ASSESSERING: Graderingskaal

Beskrywer Die span : 1 2 3

Het die take op ‘n georganiseerde, veilige en gedisiplineerde wyse

uitgevoer.

Het die eienskappe / kenmerke korrek geïdentifiseer. I

Het die tipe plastiek korrek geïdentifiseer.

Het toetse uitgevoer om te bewys dat die Stiroskuim en die CD

houer chemies soortgelyk is.

Aktiwiteit 5.4: Probleem Identifikasie en die Skepping van ‘n Oplossing

Tyd : 20 minute Punte : 8 Individuële werk

LEERUITKOMSTE EN ASSESSERINGSTANDAARDE

LU 1 Tegnologiese Prosesse en Vaardighede

AS Leerders identifiseer ‘n probleem, behoefte of geleentheid vanuit ‘n gegewe

konteks.

Hierdie aktiwiteit is ontwerp om leerders die geleentheid te gee om ‘n probleem te

identifiseer. Aangesien hulle met plastiek gewerk het, behoort hulle ‘n begrip van

vermorsing te ontwikkel het. Fokus hulle aandag op die skool en kyk of hullle:

1. ‘n Probleem verwant aan vermorsing kan identifiseer en 2. ‘n Oplossing kan voorstel.

Dit is duidelik dat die tweede punt van hulle reaksie op die eerste afhang.

Stel eers vas of hulle korrek op nommer 1 kan reageer. Diegene wat nie kan nie ontvang

nul punte. Bepreek dan die probleem met die klas voordat nommer twee aan hulle gegee

word. Leerders wat nie die probleem identifiseer het nie moet gehelp word sodat hulle ‘n

regverdige kans het om die volgende vrae te beantwoord.

28

TECHNOLOGY GRADE 9 CTA 2007: TEACHER’S GUIDE

[12]

1. Noudat jy geleer het omtrent plastiek en uittreksels gelees het uit “It’s all about

Plastics”, kan jy in hierdie konteks ‘n probleem, behoefte of geleentheid wat in jou skool

omgewing bestaan, identifiseer?

Moontlike antwoorde:

In ons skool word baie herwinbare stowwe (soos plastiek, papier en blikke) weggegooi en

soms verbrand. Dit vererger aardsverhitting en is eintlik ‘n vermorsing van potensiële

inkomste.

[2]

2. Ontwikkel ‘n voorstel wat sal help om die probleem wat jy identifiseer het, op te los.

Ek stel voor dat ons met ‘n herwinningsentrum begin waar hierdie afvalprodukte sorteer

en dan geberg kan word totdat dit deur ‘n herwinningsmaatskappy afgehaal kan word. Dit

sal fondse genereer wat gebruik kan word om die skool te verbeter / behoeftige leerders

kan help ens. [2]

Ten spyte van die baie voorstelle wat gemaak word, moet alle leerlinge dieselfde

instruksies vir 3 en 4 gegee word. Die proses word nou spanwerk.

2. Hulle ontwerp ‘n herwinningsentrum waarnatoe leerders, ouers en plaaslike

inwoners items vir herwinning kan bring. Daar moet sorteer en bergareas

wees. Dit moet ‘n aangename voorkoms hê en van sterk winde beskerm wees

3. Leerders produseer ‘n netjiese skets van die finale ontwerp wat drie aansigte

met dimensies toon en bring die nodige ettikette en aantekeninge aan.

29

TECHNOLOGY GRADE 9 CTA 2007: TEACHER’S GUIDE

Rubriek: Sketsplan

Onderwyser se Assessering MODUS : Individueel

KODE Vlak Beskrywer:

4 Die skets is volledig, netjies geteken met al die nodige afdelings, en daar

is ook volledige duidelike aanteninge.

3 Die skets is volledig, dit is netjies geteken met al die nodige afdelings en

daar is gepoog om ‘n paar aantekeninge te skryf.

2 Die skets is amper volledig en is netjies, met die meeste van die nodige

afdelings.

1 Die skets is glad nie volledig nie, en is onnet

30

TECHNOLOGY GRADE 9 CTA 2007: TEACHER’S GUIDE

WOORDELYS

Woorde Betekenis

Outeursreg Som geld wat betaal is vir werk wat gedoen is, iets wat verkoop is.

Plagiaat Die gebruik van ‘n ander se idees. Aanhaal sonder om die bron te

erken.

Degenerasie Om erger te word.

Nguni Graankuil ‘n Ou praktyk vir die berg van graan (‘n Graansuier is die moderne

weergawe).

Sangomas Fortuinverteller, geneser.

Volhoudbaarheid Hou vir langer periodes.

Eties Menslike gedrag, verwant aan morele waardes.

Simptomaties Aspekte van fisiese of verstandelike toestand.

Naarheid Opgooi, maag probleme.

Antibiotika Stof wat vreemde liggame (bakterië) kan verwoes.

Spru Swaminfeksie van die keel (in kinders) of van die vagina

Diarrhee Toestand waar die maag baie dikwels en los werk.

Chronies Konstante siekte toestand wat nie weggaan nie.

Pynstiller Medisyne wat pyn verlig.

31

TECHNOLOGY GRADE 9 CTA 2007: TEACHER’S GUIDE

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!