Sedert 1438 uit Middelnederlands bekend as focke (klein seil). Daar is verwante woorde in Noordfries en moontlik Oudnoors, maar verder is die herkoms onduidelik. Die benaming vir bril en neus is uit die seil-betekenis ontstaan. Die woord het hom uit Nederlands en/of Nederduits na Deens, Sweeds, Noors, Frans, Italiaans, Spaans, Baskies, Pools, Bulgaars, Oekraiens, Russies, Aserbeidjaans en Litous verbrei. [1]