Vanuit Wiktionary, die vrye woordeboek.
- broek
- (kleding) 'n Kledingstuk met twee pype vir beide bene wat om die heupe gedra word en (afhangende van die lengte) 'n deel van die bene bedek.
- 'n Kortbroek is soortgelyk aan 'n langbroek, maar met afgesnyde bene rondom die knieë, hoër of laer afhangende van die styl van die klere.
- «Hy is te lig in die broek.»
- Hy is nie opgewasse vir die taak nie.
- «Dit sit nie in sy broek nie.»
- Hy is nie in staat om dit te doen nie.
- «Ek voel dit aan my broek se naat.»
- Ek is seker daarvan.
- «Sy dra die broek in die huis.»
- Sy is baasspelerig.
- «Baie broek, bietjie man.»
- Hy is 'n grootprater.
- «Ek gaan sy broek afstof.»
- Ek gaan hom 'n pak slae gee.
- «'n Vlooi in die broek.»
- Kan nie stilsit nie.
- hemp, rok
Meer inligting
- Sien Wikipedia vir meer inligting oor broek.