Gaan na inhoud

Vlot

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n Groot vlot.

'n Vlot is enige plat struktuur vir ondersteuning of vervoer oor water.[1] Dit is gewoonlik van basiese ontwerp, gekenmerk deur die afwesigheid van 'n romp. Vlotte word gewoonlik bo die water gehou deur enige kombinasie van dryfmateriaal soos hout, verseëlde vatte of deur die gebruik van opgeblaasde lugkamers (soos pontons),en word gewoonlik nie deur 'n enjin aangedryf nie. Vlotte is 'n oeroue vervoermiddel; natuurlik-voorkomende vlotte soos verstrengelde plantegroei en stukke hout is sedert die aanbreek van die mensdom gebruik om water te deurkruis.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. G. & C. Merriam Co., Websters New Collegiate Dictionary, 1976, ISBN 0-87779-339-5

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]