Gaan na inhoud

The Godfather

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
The Godfather
rolprent
Onderdeel vanAmerikaanse Nasionale FilmregisterWysig
Naam van werkThe GodfatherWysig
BewegingNew HollywoodWysig
Gebaseer opThe GodfatherWysig
ReeksThe GodfatherWysig
Hoof onderwerpgeorganiseerde misdaadWysig
Opgevolg deurThe Godfather: Part IIWysig
Land van oorsprongVerenigde State, ItaliëWysig
Oorspronklike taalEngels, italiaansWysig
Publikasiedatum15 Maart 1972, 27 September 1972, 24 Augustus 1972, 18 Oktober 1972Wysig
RegisseurFrancis Ford CoppolaWysig
DraaiboekskrywerMario Puzo, Francis Ford CoppolaWysig
Uitvoerende vervaardigerRobert EvansWysig
Direkteur van fotografieGordon WillisWysig
RolprentredakteurWilliam H. Reynolds, Peter ZinnerWysig
Produksie ontwerperDean TavoularisWysig
Kostuum ontwerperAnna Hill JohnstoneWysig
KomponisNino RotaWysig
VervaardigerAlbert S. RuddyWysig
ProduksiehuisParamount Pictures, Alfran ProductionsWysig
VerspreiderParamount Pictures, Xfinity Streampix, Ivi.ruWysig
Na 'n werk deurMario PuzoWysig
Soundtrack releaseThe Godfather – Original Soundtrack RecordingWysig
Ligging van verhaalNew York, Los AngelesWysig
Verfilming plekLong Island, New York, New Jersey, SisiliëWysig
Aspek verhouding1.85:1Wysig
Original film format35 mm filmWysig
KleurkleurWysig
Review score9.4/10, 97%, 100/100Wysig
Verspreidingvideo-op-aanvraagWysig
BBFC rating15 certificate, 18 certificate, X certificateWysig
CNC film rating (France)no minors under twelveWysig
EIRIN film ratingGWysig
Filmiroda ratingCategory IIIWysig
FSK film ratingFSK 16Wysig
ICAA ratingNot recommended for minors under 16Wysig
Kijkwijzer rating16Wysig
MPA film ratingRWysig
Amptelike webwerfhttp://www.thegodfather.com/Wysig
Gekarakteriseer deurfilm based on a novelWysig
AssessmentBechdel test, reverse Bechdel Test, Mako Mori testWysig

The Godfather is 'n Amerikaanse misdaadrolprent uit 1972. Francis Ford Coppola is die regisseur en Albert S. Ruddy die vervaardiger.

Dit is gebaseer op Mario Puzo se gelyknamige blitsverkoper roman. Marlon Brando en Al Pacino speel die hoofrolle as die leiers van 'n fiksionele New Yorkse misdaadfamilie.

Die verhaal omvat die periode 1945 tot 1955 en is 'n kroniek van die familie onder die patriarg Vito Corleone (gespeel deur Brando), en fokus op die transformasie van Michael Corleone (gespeel deur Pacino) van 'n teësinnig of huiwerige buitestaander in die familie na 'n genadelose Mafiabaas.

Paramount Pictures het die regte tot die roman verkry vir $80,000, voordat dit gepopulariseer is.[1][2]

Die ateljeebestuurders het moeite gehad om 'n gepaste regisseur te vind. Hulle eerste paar kandidate het die pos afgewys. Hulle en Coppola het verskille gehad oor karakters en deur wie hulle vertolk moes word, veral die rolle van Vito en Michael. Verfilming het grotendeels plaasgevind in New York asook in Sisilië en is voor skedule voltooi. Die klankbaan is gekomponeer deur Nino Rota, met bykomende stukke deur Carmine Coppola.

Die rolprent het die meeste vir 1972 verdien[3] en was vir 'n geruime tyd die rolprent wat die meeste ooit verdien het.[4] Dit het die Oscar gewen vir Beste Prent, Beste Akteur (Marlon Brando) en Beste Aangepaste Draaiboek (vir Mario Puzo en Francis Ford Coppola). Die rolprent se sewe ander Oscar benoemings sluit in Al Pacino, James Caan, Robert Duvall (Beste Ondersteunende Akteur), en Coppola vir Beste Regisseur in.

The Godfather word wyd gereken as een van die beste rolprente in die geskiedenis van wêreldteater en -bioskopie en as een van die invloedrykste rolprente ooit, veral wat die "bende genre" betref.[5]

Dit is in 1990 gekies vir bewaring in die Nasionale Filmregister van die Biblioteek van die V.S.A. Kongres as "kultureel, geskiedkundig, of esteties betekenisvol of beduidend" en word deur die Amerikaanse Filminstituut gelys as die derde beste rolprent in die Amerikaanse rolprentwese (na Casablanca). Dit is opgevolg deur The Godfather Deel II (1974) en The Godfather Deel III (1990).

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Allan, John H. (April 17, 1972). "'Godfather' gives boost to G&W profit picture". Milwaukee Journal. (New York Times). bl. 16, deel 2.
  2. Allan, John H. (April 16, 1972). "Profits of 'The Godfather'". The New York Times. Opgespoor 2018-09-10
  3. "IMDb: Top-US-Grossing Titles Released 1972-01-01 to 1972-12-31". IMDb. Opgespoor 2018-09-10.
  4. Allan, John H. (April 16, 1972). "Profits of 'The Godfather'". The New York Times. Opgespoor 2018-09-10.
  5. Gambino, Megan (31 Januarie 2012). "What is The Godfather Effect?". Smithsonian. Opgespoor op 2018-09-10.