Gaan na inhoud

Swaargewig

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Swaargewig is 'n massaklas in boks en ander vegsport.

Boksers wat 200 pond (14 st 3 lb, 90 kg) en meer weeg word beskou as swaargewigte deur die groot professionele boksorganisasies: die Internasionale Boksfederasie,[1] die World Boxing Association,[2] die Wêreldboksraad,[3] en die Wêreldboksorganisasie (WBO).[4]

Vir die meeste boksorganisasies, is die maksimummassa vir 'n kruisergewig 200 pond. Dus kan 'n bokser wie se massa meer as 200 lb (14 st 3 lb, 90 kg) is, kan slegs as 'n  swaargewig boks.

In 1920, is die minimummassa vir 'n swaargewig op 175 pond (12 st 7 lb, 79 kg) gestel, wat vandag die ligswaargewigafdeling se maksimum is.

Sedert die 1960's het die swaargewigtitel onder verskeie beheerorganisasies versplinter, en so, wat eens bekend was as die enkele "Swaargewigkampioen", word nou na verwys as die "Onbetwiste Kampioen" as die een vegter wat al die ander titelhouers verslaan het.

Trivia

[wysig | wysig bron]

Onder ander omstandighede kan na 'n persoon as 'n "Swaargewig" verwys word as hy/sy buitengewone mag of invloed het in 'n sakebesigheid, in 'n maatskappy se raadsaal, of selfs in 'n politieke arena.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.