Gaan na inhoud

Superaanjaer

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n Superaanjaer (item 6) van 'n suierenjin
Roots-tipe superaanjaer (regs) aan 'n 2006 GM Ecotec LSJ viersilinder enjin

'n Superaanjaer is 'n toestel in 'n binnebrandenjin, wat die lug wat na die verbrandingkamer gestuur word, saampers om sodoende meer lug in die enjin in te forseer om die enjin kragtiger te maak. Daar is 'n beperking wat so bereik kan word en hang af van die suierkapsiteit van die enjin.

Die kategorisering tans is dat 'n superaanjaer 'n vorm van geforseerde induksie is wat meganies aangedryf word deur 'n dryfband vanaf die enjin se krukas. Dit kan 'n aparte dryfband wees. Daarteenoor word 'n turboaanjaer aangedryf deur die kinetiese energie van die uitlaatgasse.[1] Tot in die middel van die 20ste eeu is 'n turboaanjaer egter 'n "turbosuperaanjaer" genoem en is dit as 'n tipe superaanjaer beskou.[2]

Die eerste superaangejaagde enjin was in 1878 gebou,[3] en in die 1910's in vliegtuigenjins en in vroeg in die 1920's in motorenjins gebruik. In suierenjins, soos gebruik deur vliegtuie, was superaanjaers gebruik om te kompenseer vir die laer lug digtheid op hoë hoogtes. Superaanjaers is minder gebruik in die 21ste eeu omrede daar na tuboaanjaers oorgeskakel is om brandstof verbruik te verbeter en meer krag te lewer.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Automotive handbook (6th uitg.). Stuttgart: Robert Bosch. 2004. p. 528. ISBN 0-8376-1243-8. Besoek op 6 Junie 2022.
  2. "The Turbosupercharger and the Airplane Power Plant". Rwebs.net. 30 Desember 1943. Besoek op 3 Augustus 2010.
  3. Ian McNeil, red. (1990). Encyclopedia of the History of Technology. London: Routledge. p. 315. ISBN 0-203-19211-7.