Gaan na inhoud

Sahel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Ligging van die Sahel in Afrika
Die Sahel in blou
Kaart van die Sahel
Die welige groen tydens die reënseisoen in die Sahelwoud, langs die Bamako-Kayesweg in Mali. Die bome op die voorgrond is akasia. Let op die groot kremetartboom.

Die Sahel (uit Arabies: ساحل, [ˈsaːħil], sāḥil; letterlik: "strand", "grens" of "kus", van die Saharawoestyn) is die grensgebied in Afrika tussen die Sahara in die noorde en die meer vrugbare gebied in die suide, wat as die Soedan (wat nie met die land met dieselfde naam verwar moet word nie, sien Soedan) bekend staan.

Die term is aanvanklik as 'n geografiese term gebruik om na die strook land tussen 75 en 450 isohiëte (bande van neerslag). Latere navorsers verwys na 'n wye reeks isohiëte in bepaling van die ligging van die Sahel. Dit is ook al gebruik om te verwys na die lande van Wes-Afrika. Dit is ook 'n naam wat algemeen aan seuns in Indië gegee word.

Geografie

[wysig | wysig bron]

Die Sahel is hoofsaaklik savanne en loop van die Atlantiese Oseaan in Wes-Afrika tot by die Horing van Afrika in Oos-Afrika en verander van semi-droë grasveld na doringsavanne. In die geskiedenis van Afrika het die gebied van die mees gevorderde koninkryke gehad wat uit die handel oor die woestyn voordeel getrek het. Gesamentlik staan die lande bekend as die Sahelkoninkryke.

Die lande van die Sahel sluit vandag Senegal, Mauritanië, Mali, Burkina Faso, Niger, Nigerië, Tsjad, Soedan, Suid-Soedan, Ethiopië, Eritrea, Djiboeti en Somalië in.

Omgewing

[wysig | wysig bron]

Omtrent 12 500 jaar gelede was die Sahel deel van die Saharawoestyn en was dit bedek in sandduine wat die landskap wat ons vandag sien gevorm het. Die Sahel kry 150–500 mm reënval per jaar, meestal in die monsoonseisoen. Die reënval word gekenmerk deur jaar-tot-jaar en dekadegewyse wisselings. Die twee grootste bepalende faktore van grondproduktiwiteit in die Sahel is water en mikrovoedingstowwe, meestal stikstof en fosfate.

Daar is 'n sterk korrelasie tussen reënval in die Sahel en intense orkaanaktiwiteit in die Atlantiese Oseaan.

Veetrek

[wysig | wysig bron]

Tradisioneel was meeste mense in die Sahel semi-nomade wat geboer en beeste geteel het in 'n veetrekstelsel, wat moontlik die mees onderhoubare manier vir die benutting van die Sahel is. Die verskil tussen die droë noorde met hoër grondvrugbaarheidvlakke en die natter suide word benut sodat kuddes op die hoë kwaliteit voer wei in die noorde tydens die nat seisoen en dan 'n paar honderd kilometer suid trek om op die meer volop, maar minder voedsame voer te wie tydens die droë seisoen.

Droogtes

[wysig | wysig bron]

'n Erge droogte in die Sahel in 1914, is veroorsaak deur ver ondergemiddelde jaarlikse reënval, wat grootskaalse hongersnood veroorsaak het. In die 1960's was daar 'n vermeerdering in die jaarlikse reënval in die gebied, wat die noordelike droër gebied meer toeganklik gemaak het. Daar was druk vir mense om noordwaarts te trek, wat deur hul regerings ondersteun is. Toe die lang droogtetydperk van 19681974 'n aanvang neem word die weiding vinnig ononderhoubaar en wydverspreide degradering van die gebied vind plaas. Soos met die droogte in 1914, lei dit tot 'n grootskaalse hongersnood, maar die keer word dit tot 'n mate getemper deur die internasionale sigbaarheid daarvan en die instroming van hulpverlening. Die katastrofe lei tot die stigting van die Internasionale Fonds vir Landbouontwikkeling.

Bronne

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]