Olimpiese Winterspele 2034
Die artikel beskryf ’n sportgebeurtenis wat in die toekoms gaan plaasvind. Die inligting is moontlik spekulatief en kan vinnig verander soos data beskikbaar raak. |
XXVIIe Olimpiese Winterspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Die Olimpiese Winterspele 2034 (Engels: 2034 Winter Olympics), amptelik bekend as die XXVIIste Olimpiese Winterspele, sal tussen 10 en 26 Februarie 2034 in Salt Lake City, Verenigde State, aangebied word.[1]
Dit sal die vyfde Winterspele en tiende Olimpiese Spele wees wat in die Verenigde State beslis word. Salt Lake City het voorheen die Olimpiese Winterspele 2002 aangebied.
Die openings- en sluitingseremonie sal in die Rice-Eccles-stadion gehou word. Soos gebruiklik sal die lande in alfabetiese volgorde die stadion instap met Griekeland eerste en die gasheer die Verenigde State laaste, maar aangesien die plaaslike taal Engels is, sal dié taal se alfabet gebruik word om die volgorde te bepaal.
Die Paralimpiese Winterspele 2034 sal tussen 10 en 19 Maart in Salt Lake City gehou word.
Toewysing
[wysig | wysig bron]Salt Lake City is op 24 Julie 2024 in Parys deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Winterspele in 2034. Die stemming is op die vooraand van die Olimpiese Somerspele 2024 gehou en soos met die Olimpiese Somerspele van 2024 en 2028 is die Olimpiese Winterspele van 2030 en 2034 tegelyk toegeken, eersgenoemde aan Frankryk en laasgenoemde aan Salt Lake City, Verenigde State.
Die stemming het as volg verloop:
Stemming vir gasheer van die Olimpiese Winterspele 2034 | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|
Stad | Land | Stemme | ||||
Franse Alpe en Nice | Frankryk | Verkies as 2030-gasheer | ||||
Salt Lake City | Verenigde State | Verkies as 2034-gasheer |
Sportplekke
[wysig | wysig bron]Salt Lake City-gebied
[wysig | wysig bron]- Rice-Eccles-stadion – Openings- en sluitingseremonie
- Delta Center – Kunsskaats, kortbaanskaats
- Maverik Center – Yshokkie
- Utah Olympic Oval – Langbaanskaats
- Olympic Medals Plaza – Big Air
Ogden-gebied
[wysig | wysig bron]- Weber County Ice Sheet – Ysbal
- Snowbasin Resort – Alpeski
Berggebied
[wysig | wysig bron]- Soldier Hollow – Tweekamp, heg-en-steg-ski
- Utah Olympic Park Track – Bobslee, skeleton, rodel
- Utah Olympic Park Jumps – Skaansspring, Noorse kombinasie
- Deer Valley Resort – Gebiede, mogole
- Utah Olympic Track – Vryski (kruis), sneeuplankry (kruis, parallelle reuseslalom)
- Park City – Halfbaan, hellingstyl
Ander plekke
[wysig | wysig bron]- Peaks Ice Arena – Yshokkie
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Olimpiese Somerspele 1904 in St. Louis
- Olimpiese Winterspele 1932 in Lake Placid
- Olimpiese Somerspele 1932 in Los Angeles
- Olimpiese Winterspele 1960 in Squaw Valley
- Olimpiese Winterspele 1980 in Lake Placid
- Olimpiese Somerspele 1984 in Los Angeles
- Olimpiese Somerspele 1996 in Atlanta
- Olimpiese Somerspele 2028 in Los Angeles
- Olimpiese Winterspele 2034 in Salt Lake City
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) Jeré Longman, Tariq Panja, Michael S. Schmidt (24 Julie 2024). "Salt Lake Awarded 2034 Olympics Under I.O.C. Pressure Over Doping Inquiries". The New York Times. Besoek op 26 Julie 2024.
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Olimpiese Winterspele 2034. |
- (en) Resultate en medaljewenners Olympic.org. Internasionale Olimpiese Komitee.
Olimpiese Spele | |||
---|---|---|---|
Olimpiese Somerspele: 1896 • 1900 • 1904 • 1906* • 1908 • 1912 • Olimpiese Winterspele: 1924 • 1928 • 1932 • 1936 • |