Liebenbergsvleirivier
Liebenbergsvlei | |
---|---|
Die Liebenbergsvlei buite Bethlehem
| |
Stroomgebied | Suid-Afrika |
Hoofrivier | Vaalrivier |
Oorsprong | Drakensberge |
Monding | Wilgerivier |
Monding-hoogte | 1504 m |
Koördinate: 27°19′26″S 28°31′3″O / 27.32389°S 28.51750°O |
Die Liebenbergsvlei is 'n sytak van die Wilgerivier wat in die Oos-Vrystaat in Suid-Afrika vloei. Die bolope van die rivier ontspring aan die noordhange van die Rooiberge in die omgewing van die Golden Gate-Hoogland. By die Saulspoortdam vorm die Asrivier 'n linkersytak, en net noord van Bethlehem vorm die Jordaanrivier weereens 'n linkersytak van die Liebenbergsvleirivier.
Waterprojekte
[wysig | wysig bron]Die Liebenbergsvlei is deel van die Tugela-Vaal-waterprojek. Water word uit die Sterkfonteindam in die Nuwejaarspruit vrygelaat om via die Wilgerivier na die Vaaldam te vloei. Via die Asrivier ontvang dit ook water van die Lesotho-Hoogland-waterprojek.
Kanomaraton
[wysig | wysig bron]Die Liebensbergvlei-kanomaraton is 'n jaarlikse wedvaart van twee dae wat naby Reitz begin. Die eerste dagskof eindig 33 km stroomaf te Zorgvlietplaas, naby Tweeling. Die tweede skof begin te Bruinswickplaas noord van Tweeling en eindig in Frankfort.[1]
Kyk ook
[wysig | wysig bron]Bron
[wysig | wysig bron]- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4
- South Africa Road Atlas. Mapstudio. ISBN 978 1 77026 154 9
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ VKB Liebenbergsvlei canoe marathon, Route & Maps, 2019