Gaan na inhoud

Krueger-klap

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Krueger-klappe ontplooi aan die leirand van die vlerk van 'n Boeing 747 (bo links en regs in die foto).

Krueger-klappe is toestelle wat aan die voorkant van die vlerke van sommige vliegtuie aangebring word om die hefkrag van die vlerke te verbeter. Dit verander nie die vlerk se profiel of oppervlakte nie soos wat leirandklappe doen nie. Met Krueger-klappe word 'n onderste gedeelte van die vlerk uitgestoot op 'n skanier om die leirand te verleng. Boeing 707 en Boeing 747 gebruik Krueger-klappe op die vlerk se leirande. Die meeste moderne vliegtuie gebruik Krueger-klappe tussen die enjins en die romp met leirandklappe aan die buitekant van die enjins. Die Boeing 727 gebruik 'n mengsel van Krueger-klappe aan die binnekant en leirandklappe aan die buitekant sonder dat daar 'n enjin tussen hulle is, die Boeing 727 se drie enjins is agter op die stert gemonteer.

Gebruik

[wysig | wysig bron]

Die aërodinamiese effek van Krueger-klappe is soortgelyk aan dié van leirandklappe, al word hulle anders ontplooi. Krueger-klappe skarnier om die voorste punt van die leirand van die vlerk van onder die vlerk uit; dit word die nuwe leirand in die proses en verbeter die kromming van die vlerk en maksimeer hefkrag.[1]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Gary V. Bristow (2002). Ace the Technical Pilot Interview. McGraw-Hill Professional. ISBN 0-07-139609-8. Besoek op 16 Februarie 2009.