Gaan na inhoud

Hongarye

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Hongarye
Magyarország (Hongaars)
Vlag van Hongarye Wapen van Hongarye
Vlag Wapen
Volkslied: Himnusz
(Hongaars vir: "Himne" of "Volkslied")
Ligging van Hongarye
Hoofstad Boedapest

47°26′N 19°15′O / 47.433°N 19.250°O / 47.433; 19.250

Grootste stad Boedapest
Amptelike tale Hongaars
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike republiek
Tamás Sulyok
Viktor Orbán
Onafhanklikheid
Vorming
• Prinsdom Hongarye
• Christelike koninkryk
• Goue Bulle
Slag van Mohács
• Bevryding van Boeda
• Hongaarse 1848-rewolusie
Oostenryk-Hongarye
Trianon-verdrag
• Derde republiek
• Huidige grondwet


895[1]
25 Desember 1000[2]
24 April 1222
29 Augustus 1526
2 September 1686
15 Maart 1848
30 Maart 1867
4 Junie 1920
23 Oktober 1989
1 Januarie 2012
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
93 030[3] km2  (108ste)
35 920 myl2
2,14 (2015)[4]
Bevolking
 - 2023-skatting
 - 2011-sensus
 - Digtheid
 
9 597 085[5] (95ste)
9 937 628[6]
105 / km2 (78ste)
271,9 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$444,595 miljard[7] (53ste)
$46 037[7] (43ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$222,201 miljard[7] (57ste)
$23 008[7] (49ste)

MOI (2021) 0,846[8] (46ste)  –  baie hoog
Gini (2022) 27,4[9] –  laag
Geldeenheid Forint (HUF)
Tydsone
 - Somertyd
MET (UTC+1)
MEST (UTC+2)
Internet-TLD .hu
Skakelkode +36

Hongarye (Hongaars: Magyarország, [ˈmɒɟɒrorsaːɡ], ) is 'n landingeslote land in Sentraal-Europa wat 'n groot deel van die Pannoniese Laagvlakte beslaan. Die land grens aan Oostenryk, Slowakye, Oekraïne, Roemenië, Serwië, Kroasië en Slowenië. Dit staan plaaslik bekend as die Land van die Magjare of Magyarország.

Nasa-satellietbeeld van Hongarye in Desember 2002

Tot en met 1918 het Hongarye deel uitgemaak van Oostenryk-Hongarye, maar dit moes as gevolg van die Trianon-verdrag ná die Eerste Wêreldoorlog sowat sewentig persent van sy staatsgebied aan die destydse buurlande Joego-Slawië, Roemenië en Tsjeggo-Slowakye afstaan. 'n Minderheid van meer as 2,8 miljoen Hongare woon steeds in aangrensende lande.

Tussen 1945 en 1989 het Hongarye as Oosblokland onder Sowjet-Russiese invloed gestaan. Die Hongaarse opstand van 1956 was 'n poging om die Sowjet-juk af te werp, maar is deur Sowjet-troepe bloedig teengestaan. Ná die val van die Sowjetunie is Hongarye as onafhanklike republiek herstel en het op 12 Maart 1999 by die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO) aangesluit. Die land is sedert 1 Mei 2004 'n lidland van die Europese Unie.

Staats- en landsnaam

[wysig | wysig bron]

Oorsprong

[wysig | wysig bron]
'n Kaart van Hongarye

Die inheemse landsnaam verskil sterk van die name wat in die buiteland vir Hongarye gebruik word. Die term magyar [madjar] kom reeds in 9de en 10de eeuse Islamitiese bronne voor en is waarskynlik 'n samestelling van magy (Oegries: *mańćε = "mens, man, geslag") en er(i) (eweneens "man, mens, geslag"). Hierdie naam het oorspronklik slegs na een van sewe halfnomadiese stamme verwys wat in die 9de en vroeë 10de eeu rooftogte in Europa onderneem en tot by die Pireneë-bergreeks getrek het. Dié stamme het as Megyer (Magyar), Tarján, Jenő, Kér, Keszi, Kürt-Gyarmat en Nyék bekend gestaan. Daarnaas is die sambreelterm hétmagyar gebruik om na hulle te verwys. Teen die einde van die 10de eeu het die Magyare-stam – dit wil sê die nakomelinge van Árpád – daarin geslaag om al die Hongaarse stamme onder hul heerskappy te verenig. Vanaf hierdie tydperk is na die hele volk as Magyare verwys.

Die naam Hongarye, wat in Europese tale ingeburger geraak het, is vermoedelik uit Slawiese tale ontleen en het sy oorsprong in die Bolgaroturkse stamnaam onogur (afgelei van on = "tien" + ogur = "stam"). Die voorvaders van die Hongaarse volk het in die 5de en 6de eeu noue bande met die Onogure-ryk gehandhaaf. Die "H-" in die Latynse term hungarus is vervolgens ook in ander tale, waaronder Afrikaans, oorgeneem nadat dit valslik aan die Hunne (Hunni) gelykgestel is.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]
Monument ter herdenking van die Pan-Europese Piekniek in September 1989. Destyds het Oostenryk en Hongarye ooreengekom om die Ystergordyngrens tussen die twee lande drie ure lank simbolies te open. Honderde Oos-Duitsers het hul kans gegryp en na die weste gevlug. Die politieke omwenteling van 1989, die val van die Berlynse Muur en die Duitse hereniging is grotendeels aan Hongarye se besluit te danke[10]

Volgens tradisie is Hongarye gevestig deur Árpád, wat in die 9de eeu die Magyare in die vlaktes van Pannonia gelei het. Die Koninkryk Hongarye is gestig in 1000 deur Stefan die Grote.

Geleidelik het Hongarye verander in 'n groot, onafhanklike koninkryk, wat 'n gematigde Sentraal-Europese kultuur geskep het, as deel van die Europese samelewing.

Die Goue Eeu het geëindig met die Ottomaanse oorname aan die begin van die 16de eeu, toe die res van Hongarye onder Oostenrykse beheer geval het en Oostenryk uiteindelik Hongarye teen die 17de eeu geheel en al beset het.

Gebiede

[wysig | wysig bron]

Hongarye is verdeel in 40 administratiewe gebiede. Van hierdie is 19 graafskappe (megyék, enkelvoud – megye) en 20 is sogenaamde landelike graafskappe (enkelvoud – megyei jogú város), en daar is een hoofstad (főváros): Boedapest. Die ander 39 is:

Administratiewe gebiede (Hoofstede)

Sport

[wysig | wysig bron]

Sokker is die gewildste sportsoort in Hongarye.[11] Die Hongaarse nasionale sokkerspan het aan verskeie internasionale toernooie deelgeneem, insluitende die eerste sokkertoernooi op die Olimpiese Somerspele 1912 in Stockholm, nege FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooie en twee UEFA Europa-bekertoernooie. Hul beste prestasies was die goue medaljes op die Olimpiese Somerspele in 1952, 1964 en 1968, asook naaswenner tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooie in 1938 en 1954. Die span was ook die eerste nie-Britse span wat Engeland kon klop, toe hulle op Wembley met 6–3 geseëvier het. Maande later het hulle die Engelse in Boedapest met 7–1 hul ergste nederlaag ooit toegedien.[12][13]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) Encyclopedia Americana: Heart to India. Vol. 1. Scholastic Library Pub. 2006. p. 581. ISBN 978-0-7172-0139-6.
  2. (en) University of British Columbia. Committee for Medieval Studies, Studies in medieval and renaissance history, Committee for Medieval Studies, University of British Columbia, 1980, bl. 159
  3. (en) "Hungary". Central Intelligence Agency. Besoek op 6 Maart 2024.
  4. (en) "Surface water and surface water change". OESO. Besoek op 6 Maart 2024.
  5. (en) "22.1.1.1. Main indicators of population and vital events". Hongaarse Sentrale Statistiekkantoor. Besoek op 6 Maart 2024.
  6. (en) Hungarian Central Statistical Office Census Data 2011. Besoek op 26 Julie 2014.
  7. 7,0 7,1 7,2 7,3 (en) "Hungary". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2023. Besoek op 6 Maart 2024.
  8. (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 6 Maart 2024.
  9. (en) "Gini coefficient of equivalised disposable income – EU-SILC survey". Eurostat. Besoek op 6 Maart 2024.
  10. (de) Bundeszentrale für politische Bildung (bpb), 27 Junie 2019: Vor 30 Jahren: Das Loch im Eisernen Vorhang. Wie Ungarn den Mauerfall einleitete. Besoek op 24 Julie 2019
  11. (en) Gergo Racz (7 September 2011). "Hungarian Soccer Fans Long for Glory Days". The Wall Street Journal. Besoek op 6 Maart 2024.
  12. (en) Brian Glanville (16 Mei 2009). "The Hungarian disasters – England v Hungary, 1953–4". The Guardian. Besoek op 6 Maart 2024.
  13. (en) Pat Ward-Thomas (26 November 1953). "Hungary's Famous Victory". The Guardian. Besoek op 6 Maart 2024.

Bronnelys

[wysig | wysig bron]
Algemeen

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]