Gaan na inhoud

Godsdiens in Suid-Afrika

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die Groote Kerk in Kaapstad is die oudste bestaande kerk in Suider-Afrika
Hindoefees van Holi-feeste in Suid-Afrika
St. Mark Anglikaanse Katedraal, George, Suid-Afrika
'n Moskee in die Bo-Kaap, 'n voorstad van Kaapstad.

Suid-Afrika is 'n sekulêre staat. Die grondwet waarborg vryheid van godsdiens. Baie godsdienste word verteenwoordig in die etniese en plaaslike diversiteit van die bevolking, met die Christendom as algeheel dominant.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Die Tradisionele Afrika-Godsdiens van die Khoisan en swarttaalsprekers, is opgevolg en oorheers deur die Christendom wat deur die Nederlandse en later die Britse setlaars ingebring is. Tydens apartheid was daar volgehoue vervolging van die Tradisionele Afrika-Godsdiensgangers en geforseerde bekering na die Christendom.[1]

In 1930 was die meerderheid van die Afrikaners Calviniste.

Islam in Suid-Afrika is deur die Kaap-Maleise slawe van die Nederlandse setlaars bekend gestel. Hindoeïsme is ingebring deur die kontrakarbeiders wat ingevoer is uit die Indiese subkontinent. Boeddhisme is deur beide die Indiese en Sjinese immigrante bekend gestel.

Judaïsme in Suid-Afrika het 'n geruime tyd voor die ontdekking van die Kaap die Goeie Hoop ontstaan deur die deelname van Joodse sterrekundiges en kartograwe in die Portugese ontdekking van die see-roete na Indië. Hulle het Bartolomeus Dias en Vasco da Gama bygestaan wat die eerste om die Kaap die Goeie Hoop geseil het in 1488 en 1497 onderskeidelik. Die Joodse setlaars het egter eers ná 1820 in groter getalle aangekom.

Die Bahá'í-geloof is in 1911 bekendgestel.[2] Die Bahá'í gemeenskap het besluit om die lidmaatskap van hulle nasionale vergadering te beperk tot swart aanhangers toe 'n gemengde-ras vergadering verbied is onder Apartheid. Hulle het ongeveer 250,000 lede.[3]

Die sosiaal-gemarginaliseerde aanhangers van die Tradisionele Afrika-Godsdiens het vir die publiek meer sigbaar en georganiseerd geword in die demokratiese post-Apartheid Suid-Afrika en tel vandag meer as 6 miljoen, of ongeveer 15 persent van die bevolking.[4]

Demografie

[wysig | wysig bron]

Sensusinligting

[wysig | wysig bron]

Die sensus van 2001 verskaf die mees onlangse nasionale statistieke vir godsdienstige denominasies.[5][6][7] Die sensus van 2011 het nie vrae oor godsdiensoortuigings ingesluit nie as gevolg van lae prioriteit.[8]

Godsdiens Denominasie 1996 2001
Lidmate % Lidmate %
Christelike kerke Subtotaal 30 051 008 75,5 35 765 251 79,8
Nederduitse Gereformeerde kerke 3 527 075 8,9 3 005 698 6,7
Zion Christian Church 3 867 798 9,7 4 971 932 11,1
Katolieke kerke 3 426 525 8,6 3 181 336 7,1
Metodiste kerke 2 808 649 7,1 3 305 404 7,4
Pinkster/Charismatiese kerke 2 204 171 5,5 3 422 749 7,6
Anglikaanse kerke 1 600 001 4,0 1 722 076 3,8
Apostoliese Geloofsending 1 124 066 2,8 246 190 0,5
Lutherse kerke 1 051 193 2,6 1 130 987 2,5
Presbiteriaanse kerke 726 936 1,8 832 495 1,9
iBandla lamaNazaretha 454 760 1,1 248 824 0,6
Baptiste kerke 439 680 1,1 691 237 1,5
Kongregasionalistiese kerke 429 868 1,1 508 825 1,1
Ortodokse kerke 33 665 0,1 42 251 0,1
Ander Apostoliese kerke 3 517 059 8,8 5 609 070 12,5
Ander Zioniste kerke 2 159 257 5,4 1 887 147 4,2
Ethiopiese tipe kerke 800 897 2,0 880 414 2,0
Ander Gereformeerde kerke 386 456 1,0 226 495 0,5
Ander onafhanklike Afrika-kerke 229 038 0,6 656 644 1,5
Ander Christelike kerke 1 263 914 3,2 3 195 477 7,1
Nie-Christelike godsdienste Subtotaal 1 369 986 3,4 1 676 391 3,7
Ander nie-Christelike godsdienste 193 830 0,5 269 200 0,6
Islam 553 585 1,4 654 064 1,5
Hindoeïsme 537 428 1,4 551 669 1,2
Tradisionele Afrika-godsdiens 17 085 0,0 125 903 0,3
Judaïsme 68 058 0,2 75 555 0,2
Onseker/geen Subtotaal 8 385 603 21,1 7 378 137 16,5
Geen godsdiens 4 638 897 11,7 6 767 165 15,1
Nie verklaar 3 746 706 9,4 610 971 1,4
Almal Totaal 39 806 597 100 44 819 778 100

Ander skattings

[wysig | wysig bron]

'n 2012 Win-Gallup International Religiosity and Atheism-peiling het aangedui dat die aantal Suid-Afrikaners wat hulself as godsdienstig beskou afgeneem het van 83% van die bevolking in 2005 tot 64% van die bevolking in 2012.[9]

'n Studie in 2015 het beraam dat sowat 6,500 Christengelowiges vanuit 'n Moslem-agtergrond in die land woonagtig is.[10]

Die Association of Religion Data Archives (gebaseer op Christelike tendense wêreldwyd) het in 2010 beraam dat 82.0% van Suid-Afrikaners geïdentifiseer het met Christenskap, 7.1% het geïdentifiseer met inheemse godsdienste, 5.4% het geïdentifiseer as agnosties, 2.4% het geïdentifiseer as Hindoe, 1.7% het geïdentifiseer as Moslem, 0.5% het geïdentifiseer as Bahá'í, 0.3% elk het geïdentifiseer as Boeddhisties en ateïsties, 0.2% het geïdentifiseer met die Joodse oortuigings en minder as 0.1% het geïdentifiseer met elke ander groep.[11]

Individuele Godsdienste

[wysig | wysig bron]

Die Christendom

[wysig | wysig bron]

Die Christendom is die dominante godsdiens in Suid-Afrika, met byna 80% van die bevolking wat in 2001 Christenskap bely het. Geen enkele denominasie oorheers nie, met die hoofstroom Protestantse kerke, Pinksterkerke, Afrika-geïnisieerde kerke en die Rooms-Katolieke Kerk almal met beduidende getalle aanhangers. Wat belangrik is, is dat daar beduidende en volgehoue sinkretisme is met die Afrika Tradisionele Godsdiens onder die meeste van die self-verklaarde Christene in Suid-Afrika.[12] Van die totale nasionale bevolking van 44.8 miljoen, het 35.8 miljoen of 79.8% geïdentifiseer as lede van 'n Christelike denominasie.[13]

Protestantisme

[wysig | wysig bron]

Die geskiedenis van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika dateer terug na die eerste Europese nedersetting aan die Kaap die Goeie Hoop in 1652. Sedertdien, is Protestantisme die oorheersende godsdiens van die Europese setlaars en vandag van Suid-Afrika as 'n geheel. Die grootste Protestantse denominasie in die land is die Pinksterkerke, gevolg deur die Metodiste, die Gereformeerde kerke en die Anglikane.

Zion Christian Church

[wysig | wysig bron]

Die Zion Christian Church (ZCC) is die grootste Afrika-geïnisieerde kerk in Suider-Afrika. Die kerk se hoofkwartier is by Moria in die Limpopoprovinsie.

Volgens die 1996 Suid-Afrikaanse Sensus, het die getal lidmate op 3,87 miljoen gestaan. In 2001 het die lidmaatskap toegeneem tot 4,97 miljoen. Latere sensusstatistiek oor geloofsgroepering is ongelukkig nie beskikbaar nie.

Die Katolieke Kerk

[wysig | wysig bron]

Die Rooms-Katolieke Kerk in Suid-Afrika is 'n deel van die universele Katolieke Kerk wat bestaan uit die Romeinse Rite en 22 Oosterse rites. Die Suid-Afrikaanse Rooms-Katolieke kerk is onder die geestelike leierskap van die Suider-Afrikaanse Katolieke Biskoppekonferensie en die pous wat gebaseer is in die Vatikaanstad. Dit bestaan uit 26 bisdomme en aartsbisdomme plus 'n apostoliese vikariaat.

In 1996 was daar ongeveer 3,3 miljoen Katolieke in Suid-Afrika, wat omtrent 6% van die totale Suid-Afrikaanse bevolking uitgemaak het. Tans is daar ongeveer 3,8 miljoen Katolieke,[14] waarvan 2.7 miljoen van die verskillende swart etniese groepe in Suid-Afrika is, naamlik die Zoeloe,Xhosa en SothoBruin en Wit Suid-Afrikaners het elk ongeveer 300 000 lede.[15] Die meeste wit Katolieke is Engelssprekend, en die meerderheid is afstammelinge van Ierse immigrante. Baie ander is Portugese setlaars en hulle nageslagte wat vanuit Angola en Mosambiek geïmmigreer het na onafhanklikheidswording in die 1970's. Die verhouding van die Katolieke onder die oorwegend Calvinistiese wit Afrikaanssprekers, en Suid-Afrikaanse Asiërs wat hoofsaaklik Hindoes van Indiese afkoms is, is baie klein.

Islam

[wysig | wysig bron]

Islam in Suid-Afrika is 'n minderheidsgodsdiens, wat, volgens raming, deur minder as 1.5% van die totale bevolking beoefen word. Dit het in drie fases gegroei. Die eerste fase het die vroegste Moslems gebring as deel van die gedwonge migrasie van slawe, politieke gevangenes en politieke bannelinge uit Afrika en Asië (hoofsaaklik uit die Indonesiese argipel) wat geduur het vanaf 1652 tot die mid-1800's. Die tweede fase was die aankoms van die Indiërs om as arbeiders te werk in die suikerrietvelde in Natal tussen 1860 en 1868, en weer van 1874 tot 1911. Van die ongeveer 176,000 Indiërs van alle gelowe wat ingevoer is na die Natalprovinsie, was byna 7-10% van die eerste besending, Moslems.

Die derde fase, na aanleiding van die einde van Apartheid is gekenmerk deur die golf van Afrika Moslems wat ingestroom het oor die grense van Suid-Afrika. Onlangse syfers skat die aantal as tussen 75,000 en 100,000. Bykomend is daar 'n aansienlike aantal Moslems uit Indië en Pakistan wat aangekom het as ekonomiese migrante.[16] Die meerderheid van die Suid-Afrikaanse Moslems is Sunni, kleiner getalle is Ahmadi, veral in Kaapstad. [17]

Hindoeïsme

[wysig | wysig bron]

Hindoeïsme word gevind in die verskillende provinsies van Suid-Afrika, maar hoofsaaklik in KwaZulu-Natal. Ongeveer 1.22% of 551,669 van die Suid-Afrikaanse bevolking is Hindoe volgens die 2001-sensus.[18] Dit is die grootste konsentrasie Hindoes in Afrika, na Mauritius.

Dit is onduidelik wanneer die eerste Hindoes hulle in Suid-Afrika gevestig het. Die oorgrote meerderheid van die huidige Hindoes in Suid-Afrikaanse provinsies is afstammelinge van die arbeiders wat vanaf 1860 tot 1919 deur die Britse koloniale regering ingevoer is om in die plantasies en die myne te werk wat deur die Britse setlaars besit is.[19] Baie het gekom van Tamil, Nadu, Gujarat, Maharashtra, Uttar, Pradesh en Bihar, en sommige van die ander state van Indië. Vroeë Hindoe-nedersettings in Suid-Afrika het gely onder diskriminasie, teistering en vervolging.[20][21] Daar is na Indiërs verwys as "koelies”[22] hulle is volgens ras geskei, en hierdie diskriminasie het geduur deur die Apartheids-era tot in 1994.

Die eerste Hindoetempels was in die 1870's al operasioneel. Sommige Suid-Afrikaanse plaaslike regerings het in die 1910's tempelgeboue en eienaarskap van eiendom deur die Hindoes verbied.[23] Die moderne Suid-Afrika het baie Hindoetempels, en sy Hindoegemeenskap vier groot feeste van die Hindoeïsme soos Deepavali.[24]

Die Baha’i-geloof

[wysig | wysig bron]

Die Baha’i-geloof in Suid-Afrika het begin met die hou van Baha’i-vergaderings in die land in 1911.[25] 'n Klein bevolking van die Baha’is het tot 1950 gebly toe groot getalle van internasionale Baha’i-pioniers in Suid-Afrika gevestig het. In 1956, nadat lede van verskillende inheemse stamme in Suid-Afrika aangesluit het, is 'n streek Baha’i-vergadering verkies wat Suid-Afrika ingesluit het. Later het elkeen van die verskillende lande hul eie onafhanklikeBaha’i National Spiritual Assembly gevorm. In 1995, na 'n lang tydperk van groei maar ook onderdrukking tydens Apartheid, is die tuislande herenig met Suid-Afrika, en die Baha’i National Spiritual Assembly of South Africa is gevorm. In 2005 is die Baha’is geskat op ongeveer 240,100 aanhangers.[26]

Judaïsme

[wysig | wysig bron]

Die geskiedenis van die Jode in Suid-Afrika het hoofsaaklik begin onder die Britse Ryk, na aanleiding van 'n algemene patroon van verhoogde Europese vestiging in die 19de eeu. Die vroeë patrone van Joods-Suid-Afrikaanse geskiedenis is byna identies aan die geskiedenis van die Jode in die Verenigde State van Amerika, maar op 'n baie kleiner skaal, en sluit die tydperk in van die vroeë ontdekkings en nedersettings uit die laat 17de eeu tot die vroeë 19de eeu. Die gemeenskap het tienvoudig vermeerder tussen 1880 en 1914; van 4 000 tot meer as 40,000. Tydens Apartheid was 'n aantal van die Jode prominent in die Anti-Apartheid Beweging, terwyl die ander instrumenteel was in die bevordering van die uitbreiding van die diplomatieke militêre bande tussen Israel en die land se wit regering.[27] Suid-Afrika se Joodse gemeenskap verskil van sy eweknieë in ander Afrika-lande, in die sin dat die meerderheid op die vasteland gebly het eerder as om na Israel te emigreer (62% van die maksimum 120 000 woon nog in SA). Onder potensiële Joodse emigrante, is baie van hulle geneig om 'n bestemming te kies wat ook gewild is onder ander Suid-Afrikaners, soos Australië.[28]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) Richard Elphick, T. R. H. Davenport, Christianity in South Africa: A Political, Social, and Cultural History (1997), ISBN 0-520-20940-0
  2. (en) http://www.bahai.org.za/bahai-history-sa-early-years.html.
  3. (en) Xiater, Xiater. Bahai Faith: A Complete Guide. pp. 112–13.[dooie skakel]
  4. (en) Wallace, Dale (2006). The Construction and Articulation of a Pagan Identity in South Africa: A Study of the Nature and Implications of a Contested Religious Identity in a Pluralistic Society. Universiteit van KwaZulu-Natal. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 April 2013. Besoek op 2 November 2012.
  5. (en) http://www.statssa.gov.za/timeseriesdata/pxweb2006/Dialog/varval.asp?ma=Religion%20by%20province&ti=Table%3A+Census+2001+by+province%2C+gender%2C+religion+recode+(derived)+and++population+group.+&path=../Database/South%20Africa/Population%20Census/Census%202001%20-%20Demarcation%20boundaries%20as%20at%2010%20October%202001/Provincial%20level%20-%20Persons/&lang=1 Stats SA: 2001-sensus.
  6. (en) "Religion codes in the 2001 census data" (PDF). Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 4 Augustus 2016. Besoek op 24 Maart 2017.
  7. (en) Census 2001: Primary Tables: Census '96 and 2001 compared (PDF). Pretoria: Statistics South Africa. 2004. pp. 25–28. ISBN 0-621-34320-X. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 20 Desember 2014. Besoek op 1 Desember 2014.
  8. (en) http://www.statssa.gov.za/census2011/faq.asp.
  9. (en) "Fewer religious people in SA – survey". news24.com. 10 Augustus 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 2 November 2012.
  10. (en) Johnstone, Patrick (2015). "Believers in Christ from a Muslim Background: A Global Census". IJRR. 11. Besoek op 6 Desember 2015.
  11. (en) http://www.thearda.com/internationalData/countries/Country_207_2.asp.
  12. (en) http://ir.lib.uwo.ca/cgi/viewcontent.cgi?article=1107&context=totem
  13. (en) "South Africa's people". Pocket Guide to South Africa (2011/2012 uitg.). Government of South Africa. p. 12. Besoek op 4 April 2012. {{cite book}}: Onbekende parameter |chapterurl= geïgnoreer (hulp)
  14. (en) GCatholic.org
  15. (en) Catholics in RSA Geargiveer 3 Maart 2016 op Wayback Machine 1996 census statistics posted on the website of the Archdiocese of Bloemfontein.
  16. (en) http://www.vocfm.co.za/index.php?option=com_k2&view=item&id=2881:muslim-engagement-in-anti-apartheid&Itemid=136.
  17. (en) Abdulkader, Tayob. Islamic Resurgence in South Africa: The Muslim Youth Movement. p. 104. Besoek op 31 Mei 2014.
  18. (en) http://www.state.gov/g/drl/rls/irf/2005/51496.htm.
  19. (en) http://www.nationalarchives.gov.uk/pathways/blackhistory/india/forced.htm.
  20. (en) R Huttenback (1976), Racism and Empire: White Settlers and Colored Immigrants in the British Self-Governing Colonies 1830–1910, Cornell University Press, ISBN 978-0-8014-0974-5
  21. (en) Michelangelo van Meerten, in History of Humanity: Scientific and Cultural Development, Editors: Peter Mathias and Nikolaj Tolorov, Volume 6, Originally published by UNESCO, Re-published by Routledge, ISBN 0-415-09310-4, bl. 72-75
  22. (en) Marina Carter and Khal Torabully (2002), Coolitude, Anthem Press, ISBN 1-84331-003-1
  23. (en) Bhana and Brain (1990), Setting down roots: Indian Migrants in South Africa, 1860–1911, Johannesburg, Witwatersrand University Press
  24. (en) P.P. Kumar (2012), Hinduism in South Africa, in Elias Kifon Bongmba (Editor) – The Wiley Blackwell Companion to African Religions, ISBN 978-1-4051-9690-1
  25. (en) http://www.bahai.org.za/bahai-history-sa-early-years.html.
  26. (en) http://www.thearda.com/QuickLists/QuickList_40c.asp.
  27. (en) "P.W. Botha felt Israel had betrayed him". Jerusalem Post. 2 November 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Julie 2013. Besoek op 2 November 2006.
  28. (en) http://www.simpletoremember.com/vitals/world-jewish-population.htm.