Daar was 'n Romeinse stad genoem Isca Dumnoniorum in die gebied van huidige Exeter en was die grootste Romeinse stad in die suidweste van Engeland. Later was daar 'n dorp aan die Exerivier genoem Escanceaster, wat nou die huidige Exeter is.
Exeter is een van die grootste stede in die suidweste van Engeland. In 2007 was 97,5% van sy bevolking Blankes, 1,4% Indiërs, 0,4% Swartes, 0,6% Chinese, en 0,1% ander.