Carnotiet
Voorkoms
Carnotiet | |
---|---|
Formule | K2(UO2)2(VO4)2.3H2O |
Kleur | geel, heldergeel,[1] |
Streep | liggeel |
Glans | Wasagtig, syagtig, grondagtig, dof |
Hardheid | 2 (Mohs) |
Digtheid | 4,70 g/cm3 |
Dubbelbreking | biaksiaal (-) |
RI-waardes | nα = 1.750 nβ = 1.925 nγ = 1.950 |
Kristalsisteem | Monoklinies |
Ruimtegroep | P2₁/a |
Eenheidsel | a = 10.47 Å, b = 8.41 Å, c = 6.91 Å β = 103.83° |
* Lys van minerale | |
Portaal Geologie |
Carnotiet is 'n mineraal met formule K2(UO2)2(VO4)2.3H2O. Dit is na Marie-Adolphe Carnot [27 Januarie, 1839 Parys, Frankryk - 20 Junie 1920] genoem. Hy was 'n Franse mynbouingenieur en chemikus. Dié mineraal is radioaktief en bevat naas uraan gewoonlik ook uraan se vervalprodukte soos radium.
Mynbou
[wysig | wysig bron]Carnotiet is 'n belangrike erts vir vanadium en uraan. Dit word in die Carrizo-berggebied in die noordweste van New Mexico aangetref. Hierdie is 'n Navaho-reservaat. Van Mei 1942 tot Februarie 1944 is hier ongeveer 22,000 ton erts gemyn. [2]
Karnotietneerslae word in Australië, Namibië, Suid-Afrika, Mauretanië, Somalië, Jordanië, die VS, Argentinië en China aangetref. Die volopste voorrade is:[3]
Gebied | Land | Hoeveelheid | Konsentrasie |
---|---|---|---|
Langer Heinrich | Namibië | 63 520 t U | 510 dpm |
Trekkopje | Namibië | 42 360 t U | 100 dpm |
Yeelirrie | Australië | 44 520 t U | 1 270 dpm |
Lake Maitland | Australië | 9 190 t U | 260 dpm |
Lake Way | Australië | 3 900 t U | 460 dpm |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "mindat 907" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Mei 2020.
- ↑ Carnotite Deposits in the Carrizo Mountains Area, Navajo Indian Reservation, Apache County, Arizona, and San Juan County, New Mexico Uitgawe 111 van die Geological Survey circular, William Lee Stokes, 1951
- ↑ Non-Renewable Resource Issues: Geoscientific and Societal Challenges International Year of Planet Earth, Richard Sinding-Larsen, Friedrich Wellmer, Springer Science & Business Media, 2012, ISBN 904818679X, ISBN 9789048186792