Aluminiumnitried
Algemeen | |
---|---|
Naam | Aluminiumnitried |
Chemiese formule | AlN |
Molêre massa | 40,98[1] |
CAS-nommer | 24304-00-5[1] |
Voorkoms | wit tot roomkleurige vastestof[1] |
Reuk | reukloos [1] |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a=311,3; c=497,9pm[2] |
Ruimtegroep | P63mc |
Nommer | 186 |
Strukturbericht | B4 |
Smeltpunt | 2200 °C[3] |
Kookpunt | 2517 °C (ontbind)[3] |
Digtheid | 3,260[1] |
Oplosbaarheid | Reageer met water |
Cp(s) | 780 J/kgK[3] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | |
Veiligheid | |
Flitspunt | |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Aluminiumnitried is 'n verbinding van aluminium en stikstof met die chemiese formule AlN.
Kristalstruktuur
[wysig | wysig bron]Die stabiele fase onder kameromstandighede het die heksagonale wurtziet-struktuur (B4 in die strukturbericht-klassifikasie). Daar is ook 'n metastabiele β-AlN-fase wat die sfaleriet-struktuur het (B3).[4]
Fisiese eienskappe
[wysig | wysig bron]Dit is 'n meganies harde materiaal met 'n hoë smeltpunt en 'n baie hoë termiese geleibaarheid (320 W/mK).[5] Die elektriese geleibaarheid is baie laag. α-AlN het 'n indirekte bandgaping van 6,2 eV wat die materiaal deursigtig maak in 'n groot deel van die ultravioletdeel van die elektromagnetiese spektrum.[4]
Chemiese eienskappe
[wysig | wysig bron]Die stof is gevoelig vir suurstof.[4] AlN hidroliseer in water, maar teen 'n pH<7 vind die reaksie baie stadig plaas. Teen 'n hoër pH vind 'n hidrolisereaksie plaas wat ammoniak vrystel en die nitried in oplossing laat:[5]
AlN word gewoonlik vervaardig deur karbonitridering van Al2O3. Dit verg egter baie hoë temperature en onsuiwerhede in die alumina en die koolstof wat gebruik word neig om in die nitriedpoeier tereg te kom. Hierdie poeiers moet nog verdig word deur sintering of warmpers.[6]
Gebruike
[wysig | wysig bron]Die ontwikkeling van AlN-keramiekmateriale is grootliks weens die vraag na materiaal met 'n hoë termiese geleidingsvermoë, maar wat ook 'n elektriese isolator is. Hierdie kombinasie is belangrik vir toepassings soos substrate en omhulsels in hibriede stroombane, kragelektronika of mikrogolfbuise.[6]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 "SDS Sigma". Fisher.
- ↑ N.P. Bezhenar, S.A. Bozhko, N.N. Belyavina, V.Ya. Markiv (1997). "X-ray diffraction analysis of aluminum nitride sintered with cubic boron nitride". Diamond and Related Materials. 6 (8): 927-930doi=10.1016/S0925-9635(96)00708-X.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) - ↑ 3,0 3,1 3,2 "Aluminum Nitride". American Elements.
- ↑ 4,0 4,1 4,2 D.W. Palmer (2011). 4.12 - Electronic Energy Levels in Group-III Nitrides; In: Comprehensive Semiconductor Science and Technology. Elsevier. pp. 390–447. doi:10.1016/B978-0-44-453153-7.00114-0. ISBN 9780444531537.
{{cite book}}
: Onbekende parameter|editors=
geïgnoreer (hulp)AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) - ↑ 5,0 5,1 Nosaka, Atsushi; Hiraki, Takehito; Akiyama, Tomohiro (2011). ""Hydrolysis Rate of Aluminum Nitride in a Sodium Hydroxide Solution"". High Temperature Materials and Processes. 30 (4): 339–343. doi:10.1515/htmp.2011.054.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link) - ↑ 6,0 6,1 A. Kranzmann (1991). Aluminum Nitride; In: Concise Encyclopedia of Advanced Ceramic Materials. Pergamon. pp. 8–9. doi:10.1016/B978-0-08-034720-2.50011-3. ISBN 9780080347202.
{{cite book}}
: Onbekende parameter|editors=
geïgnoreer (hulp)AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)