Afrikaanderwijk
Die Afrikaanderwijk 'n is 'n ou arbeiderswyk in die Rotterdamse kwartier Feijenoord. Die wyk het ontstaan rondom 1900 toe die hawens in Rotterdam-Suid gegrawe is. Om die hawe-arbeiders te huisves is daar vinnig woonwyke rondom die hawegebiede gebou, waarvan die Afrikaanderwijk ook een is.
Die wyk se naam is van die straatname ontleen, wat oor die algemeen op Suid-Afrika gebaseer is, met name soos Bloemfonteinstraat, Kaapstraat, Pretorialaan, Transvaalstraat en in die besonder ter ere van die Afrikanerleiers uit die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) (Paul Krugerstraat, Bothastraat, Christiaan de Wetstraat, Cronjestraat, Joubertstraat, Schalk Burgerstraat).
Die Afrikaanderwijk was een van die eerste Nederlandse wyke waar 'n meerderheid van die bevolking uit buitelanders bestaan het. Deesdae is die Afrikaanderwijk 'n internationale wyk met baie Surinamers, Turke, Marokkane en Antilliane met nog enkele oorspronklike, meesal ouer, Nederlanders.
Fotogalery
[wysig | wysig bron]-
Buurtwerk
-
Protestants-Christelijke Basisschool Da Costa uit 1909.
-
R.E.T. remise Hilledijk, dit word tussen 2010-2011 vervang deur 'n groter remise in die Beverwaard.
-
Gewelskildering op die Kocatepe Moskee, die voormalige Van Oldenbarnevelt Scholengemeenschap.
-
Geweltekening bo die café aan die Martinus Steijnstraat hoek Hilledijk.
Eksterne skakel
[wysig | wysig bron]- Bewoners Organisatie Afrikaanderwijk Geargiveer 8 April 2005 op Wayback Machine (Nederlands)
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal. |