Gaan na inhoud

Wryfkras

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur KabouterBot (besprekings | bydraes) op 01:47, 11 September 2018 (Uitleg van bronteks)
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Wryfkrasse op sandsteen van die Juniata Formasie, by 'n dagsoom op die Roete 322 noord-oos van State College, Pennsilvanië
Hoe wryfkrasse vorm, en die rigting van beweging op ‘n verskuiwing.
Dekstraal-wryfkrase van piriet
Wryfkrasse wat op die oppervlak van 'n klein verskuiwing ontwikkel
Wryfkrasse op ‘n verskuiwingsvlak, suidelike wal van die Bear Valley-myn.
Kalsietwryfkrasvesels op die oppervlak van ‘n normale verskuiwing, oos van Kilve, Somerset.

In geologie is 'n wryfkras 'n gladgepoleerde oppervlak wat veroorsaak word deur wrywingbeweging tussen rotse langs die twee sye van 'n verskuiwing. Hierdie oppervlak is gewoonlik geskraap in die rigting van beweging, met lyne/groewe in die rigting van beweging. Die wryfspieëlvlak kan bedek word deur mineraalvesels wat tydens die verskuiwingsbeweging gegroei het, bekend as wryfkrasvesels, wat ook die rigting van verplasing aandui. As gevolg van onreëlmatighede in die verskuiwingsvlak het blootgestelde wryfkrasvesels gewoonlik 'n trapsgewyse voorkoms wat gebruik kan word om die rigting van beweging oor die verskuiwing te bepaal. Die oppervlak voel gladder as die hand in dieselfde rigting beweeg as wat die geërodeerde kant van die verskuiwing beweeg het (sien skets vir verduideliking), aangesien die oppervlak in daardie rigting trappe het, soos die skubbe op 'n vis wanneer dit van die kop af gevryf word.

In pedologie, die studie van grond in hul natuurlike omgewing, is 'n wryfkras 'n oppervlak van die krake wat in grond met 'n hoë persentasie swelklei inhoud geproduseer word. In die Australiese grondklassifikasie is wryfkrasse, saam met lentikulêre strukturele aggregate, 'n aanduiding van 'n vertosol. [1]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Isbell, Raymond F. (1996). The Australian Soil Classification (1st ed.). Collingwood, Victoria: CSIRO Publishing. ISBN 0-643-05813-3.
  • Allaby, A. and Allaby, M. (Eds). 1990. The Concise Oxford Dictionary of Earth Sciences. New York, USA: Oxford University Press.
  • McDonald, R. C. et al. 1990. The Australian Soil and Land Survey Field Handbook, 2nd Ed. Melbourne, Australia: Inkata Press.
  • Microtectonics, by C.W.Passchier and R.A.J.Trouw, 2nd rev. and enlarged ed., 2005, XVI, 366 p., 322 illus., with CD