Humansdorp
Humansdorp is 'n landelike dorp in die westelike gedeelte van die Oos-Kaap in Suid-Afrika. Humansdorp lê op ongeveer 4 kilometer afstand van die belangrike N2 nasionale pad tussen George en Port Elizabeth. Die dorp vorm deel van die Kouga Munisipaliteit wat Jeffreysbaai, Patensie, Hankey, St. Francisbaai en Oesterbaai insluit.
Humansdorp (KwaNomzamo ingesluit) | |
---|---|
Humansdorp se spoorwegstasie | |
Koördinate: 34°02′S 24°46′O / 34.033°S 24.767°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distrik | Sarah Baartman |
Munisipaliteit | Kouga |
Stigting | 1849 |
Oppervlak | |
• Totaal | 34,5 km2 (13,3 vk. myl) |
Hoogte | 120 m (390 ft) |
Bevolking (2011) | |
• Totaal | 28 990 |
• Digtheid | 840/km2 (2 200/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 6.7% |
• Indiërs/Asiërs | 0.3% |
• Bruin mense | 54.3% |
• Swart mense | 38.0% |
• Ander | 0.6% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 63.1% |
• Xhosa | 31.4% |
• Engels | 2.6% |
• Ander | 2.9% |
Poskode (strate) | 6300 |
Poskode (posbusse) | 6300 |
Skakelkode | 042 |
Webwerf | http://www.portalfred.co.za/ |
Geskiedenis
wysigDie dorp se ontstaan kan terugvoer word na die afstiging van die NG gemeente Humansdorp in 1849 van die NG gemeente Uitenhage. M.G. Human het in latere jare 'n stuk grond aan die Kerkraad van die NG Gemeente Humansdorp geskenk waarop dorpserwe uitgelê is in 1853. Aanvanklik was die kerkgebou opgerig te Kerkplaas in die distrik. Met die ontwikkeling van die dorpserwe het die kerkgebou geskuif na die nuwe dorp wat knus ontwikkel het naby die Kromrivier.
Ligging en afstande
wysigHumansdorp is baie strategies geleë, slegs 15 km van die bekende branderplankmekka Jeffreysbaai.
Afstande vanaf Humansdorp | ||
---|---|---|
Plek | Padafstand | |
1. | Port Elizabeth | 90 km |
2. | Groot Stormsrivierbrug | 70 km |
3. | Kareedouw | 60 km |
4. | Patensie | 45 km |
5. | Jeffreysbaai | 15 km |
6. | St. Francisbaai | 15 km |
7. | Kaap St. Francis | 20 km |
8. | Oesterbaai | 26 km |
Die bekende Roete 62 begin hier.
Landboubedrywighede
wysigVandag is Humansdorp die hartklop van die Kougastreek. Daar kan tereg verwys word na die streek as die "melkspens" van Suid-Afrika. Die Woodlands-melkery se aanleg is in die nywerheidsgebied, Panorama, geleë. Humansdorp is ook die sentrale punt van landboubedrywighede vir die nabye distrikte van die Gamtoosvallei, Langkloof en Tsitsikamma. Die Humansdorp Koöperasie is ook op die dorp geleë, met 'n ryk geskiedenis van diens aan die landbougemeenskap.
Skole en hospitale
wysigDie dorp beskik oor 'n hele aantal skole onder meer die Laerskool Stulting, Graslaagte, Kruisfontein en Mzingizi. Die Hoërskole van Humansdorp is Nico Malan, Humansdorp Sekondêr en Lungiso. Die eerste vennootskapshospitaal in die Oos-Kaap was ook in 2005 op Humansdorp gevestig. Die vennootskap tussen die Oos-Kaapse Departement van Gesondheid en die Life-Hospitaalgroep het gelei tot die Kouga Vennootskapshospitaal wat uit twee afdelings bestaan, naamlik die Humansdorp Provinsiale (Staats-) Hospitaal en die Isivivana Privaat Hospitaal.[2]
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ 1,0 1,1 1,2 Som van die hoofplekke Humansdorp en KwaNomzamo tydens 2011-sensus.
- ↑ Oos-Kaapse Departement van Gesondheid se webtuiste
- Steyn, M. (1989). Honderd en Vyftig Jaar. Feesblad van die Nederduitse Gereformeerde Kerk Humansdorp, Humansdorp: NMB