Tito Mboweni
Tito Mboweni (* 16 Maart 1959 in Tzaneen – † 12 Oktober 2024 in Johannesburg) was 'n ANC-politikus wat van 9 Oktober 2018 tot 5 Augustus 2021 as Suid-Afrika se minister van finansies onder president Cyril Ramaphosa gedien het.[1]
Tito Mboweni | |
Mboweni by die Wêreld Ekonomiese Forum in 2011 | |
Minister van Finansies
| |
Ampstermyn 9 Oktober 2018 – 5 Augustus 2021 | |
Vise | Mondli Gungubele |
---|---|
President | Cyril Ramaphosa |
Voorafgegaan deur | Nhlanhla Nene |
Opgevolg deur | Enoch Godongwana |
8ste goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank
| |
Ampstermyn 8 Augustus 1999 – 8 November 2009 | |
Voorafgegaan deur | Chris Stals |
Opgevolg deur | Gill Marcus |
Minister van Arbeid
| |
Ampstermyn 1994 – 1999 | |
President | Nelson Mandela |
Voorafgegaan deur | nuwe pos |
Opgevolg deur | Membathisi Mdladlana |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Tzaneen, Transvaal, Unie van Suid-Afrika | 16 Maart 1959
Sterf | 12 Oktober 2024 (op 65) Johannesburg, Suid-Afrika |
Politieke party | African National Congress |
Alma mater | Nasionale Universiteit van Lesotho Universiteit van Oos-Anglië |
Tussen 1999 en 2009 het hy die pos as agtste goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank beklee. Hy is op 8 Augustus 1999 in die pos aangestel om dr. Chris Stals op te volg. Me. Gill Marcus vervang hom as goewerneur op 9 November 2009. Hy het tussen 1994 en 1999 as minister van arbeid onder president Nelson Mandela gedien.
Mboweni was in Januarie 2019 teen die afskaffing van Afrikaans as onderrigtaal by die Universiteit van Pretoria gekant. In Julie 2019 het Mboweni aangekondig dat voorbereidings aan die gang is om 'n staatsbeheerde bank vir private kliënte te stig. Sodoende reageer hy op 'n versoek van die Economic Freedom Fighters.[2]
In Januarie 2020 het Mboweni die eerste lid van 'n Suid-Afrikaanse kabinet sedert die einde van apartheid geword wat voorgestel het dat Suid-Afrika en Lesotho as 'n federale staat verenig word. Reaksies op hierdie voorstel in beide lande was deels negatief en deels positief.[3]
Biografie
wysigTito Mboweni is op 16 Maart 1959 as die jongste van drie kinders gebore. Hy het grootgeword in Tzaneen, tans in die Limpopoprovinsie, waar hy later ook lank geboer het.
Hy het aan die Universiteit van die Noorde studeer tussen 1979 en 1980, waar hy vir 'n baccalaureusgraad in handel ingeskryf het. Hy het nie sy studies voltooi nie en het Suid-Afrika in ballingskap in 1980 verlaat. In ballingskap in Lesotho het Mboweni by die African National Congress (ANC), later Suid-Afrika se regerende party, aangesluit en was 'n party-aktivis in baie hoedanighede. Hy het in 1985 'n baccalaureusgraad in ekonomie en politieke wetenskap aan die Nasionale Universiteit van Lesotho verwerf. In 1988 het hy 'n meestersgraad in ontwikkelingsekonomie aan die Universiteit van East Anglia in Engeland verwerf.
Politieke loopbaan
wysigMboweni was die agtste goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank en die eerste swart Suid-Afrikaner wat die pos beklee het, van 1999 tot 2009. Hy is op 9 Oktober 2018 as minister van finansies ingehuldig, ná die bedanking van Nhlanhla Nene.[4]
Dood
wysigMboweni is op 12 Oktober 2024 in 'n Johannesburgse hospitaal dood ná 'n kort siekbed. Hy was 65 jaar oud.[5]
Verwysings
wysig- ↑ "Ramaphosa names new ministers in Cabinet reshuffle". 5 Augustus 2021. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Augustus 2021.
- ↑ "Government going ahead with state-owned bank, says Tito Mboweni". businesslive.com.za. Business Day. 11 Julie 2019. Besoek op 15 Oktober 2024.
- ↑ Louw-Vaudran, Louw-Vaudran (21 Januarie 2020). "Lesotho's future no clearer as Tom Thabane resigns". issaafrica.org. Institute for security Studies. Besoek op 15 Oktober 2024.
- ↑ "Business lauds Tito Mboweni as a 'credible' finance minister". businesslive.com.za. Business Day. 9 Oktober 2024. Besoek op 15 Oktober 2024.
- ↑ "Former Finance Minister Tito Mboweni dies". enca.com. enca.com. 13 Oktober 2024. Besoek op 15 Oktober 2024.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Tito Mboweni.
Voorafgegaan deur Nhlanhla Nene |
Minister van Finansies 2018–2021 |
Opgevolg deur Enoch Godongwana |
Voorafgegaan deur Chris Stals |
Goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank 1999–2009 |
Opgevolg deur Gill Marcus |
Voorafgegaan deur nuwe pos |
Minister van Arbeid 1994–1999 |
Opgevolg deur Membathisi Mdladlana |