Goddelike Komedie

Italiaanse verhalende gedig deur Dante Alighieri

Die Goddelike Komedie (Italiaans: Divina Commedia) is 'n Italiaanse epiese gedig deur Dante Alighieri wat omstreeks 1308 begin en omstreeks 1321, kort voor sy dood, voltooi is.[1] Dit word algemeen beskou as die voortreflikste werk in die Italiaanse letterkunde[2] en een van die grootste werke in die wêreldletterkunde.[3]

Dante word uitgebeeld met 'n eksemplaar van die Goddelike Komedie naas die ingang tot die hel, die sewe terrasse van die Vaevuur en die stad Florence, met die sfere van die hemel links bo, in Domenico di Michelino se fresko van 1465.

Die gedig se uitbeelding van die hiernamaals is verteenwoordigend van die Middeleeuse siening soos dit in die 14de eeu in die Westerse Kerk bestaan het. Dit het die Toskaanse dialek help vestig as die gestandaardiseerde Italiaanse taal.[4] Dit word verdeel in drie dele: Inferno, Purgatorio en Paradiso.

Die Italiaanse woord commedia beteken hier 'n verhaal met 'n gelukkige einde, en moenie verstaan word as iets wat die lagspiere prikkel nie.

Die verhaal se letterlike onderwerp is die toestand van die siel ná die dood en dit verteenwoordig 'n uitbeelding van geregtigheid wat uitgedeel word as paslike straf of beloning.[5] Dit beskryf Dante se reise deur die hel, vaevuur en hemel.[6] Allegories verteenwoordig die gedig die siel se reis na God.[7] Dit begin met die erkenning en verwerping van sonde (Inferno), gevolg deur die boetvaardige Christelike lewe (Purgatorio) en eindelik die siel se opvaart na God (Paradiso). Dante gebruik die Middeleeuse Katolieke teologie en filosofie,[8] veral die filosofie uit Summa Theologica van Thomas van Aquino.[9] Gevolglik is die Komedie al genoem "die Summa in digvorm".[10]

In die gedig word die pelgrim Dante vergesel van drie gidse:[11][5] Vergilius (wat die menslike rede verteenwoordig en sy gids is deur die hele Inferno en die grootste deel van Purgatorio);[12] Beatrice (wat die goddelike openbaring,[12] teologie, geloof en genade verteenwoordig en sy gids is aan die einde van Purgatorio en vir die grootste deel van Paradiso);[13] en sint Bernardus (wat peinsende mistisisme en toewyding aan die Maagd Maria verteenwoordig en sy gids is in die laaste kanto's, of onderdele, van Paradiso).[14]

Die werk is aanvanklik slegs Comedìa genoem, wat die Toskaans vir "Komedie" is. Dit was ook die geval met die eerste uitgawe in 1472, maar later is dit verander na die moderne Italiaanse Commedia. Die adjektief Divina is deur Giovanni Boccaccio bygevoeg[15] vanweë die spesifieke onderwerp van die gedig.[16] Die eerste uitgawe wat die gedig Divina Comedia genoem het, was dié van die Renaissance-humanis van Venesië Lodovico Dolce[17] wat in 1555 gepubliseer is.

Erich Auerbach het gesê Dante was die eerste skrywer wat die mens uitgebeeld het as die produkte van 'n spesifieke tyd, plek en omstandighede, in teenstelling met mitiese argetipes of 'n versameling van deugde en ondeugde. Volgens hom dui dit daarop dat die Goddelike Komedie realisme en selfuitbeelding in moderne fiksie ingehuldig het.[18]

Struktuur en storie

wysig

Die Goddelike Komedie bestaan uit 14 233 reëls, wat opgedeel is in drie cantiche (enkelvoud: cantica) – Inferno (hel), Purgatorio (vaevuur) en Paradiso (hemel). Elk bestaan uit 33 kanto's (Italiaans: canto; meervoud: canti). 'n Aanvanklike kanto, wat gedien het as inleiding tot die gedig en wat algemeen beskou is as deel van die eerste cantica, bring die totaal van die kanto's op 100 te staan. Daar word egter algemeen aanvaar dat die eerste twee kanto's 'n gesamentlike voorwoord tot die hele epos is en dat die eerste twee kanto's van elke cantica dien as voorwoord vir elk van die drie cantiche.[19][20][21]

Die getal drie is prominent in die werk en word verteenwoordig deur die getal cantiche en hulle lengtes. Daarbenewens gebruik die digskema tersinestrofes (driereëlige strofes, of tersette) en bestaan dit uit reëls van elf lettergrepe, met die reëls wat tersette vorm volgens die rymskema aba, bcb, cdc, ded, ....[22] Die totale getal lettergrepe in elke terset is dus 33, dieselfde as die getal kanto's in elke cantica.

Die gedig is in die eerste persoon geskryf en vertel van Dante se reis deur die drie ryke van die afgestorwenes. Die reis duur van Wit-Donderdag, die nag voor Goeie Vrydag, tot die Woensdag ná die Paasfees in die lente van 1300. Die Romeinse digter Vergilius is sy gids deur die hel en vaevuur; Beatrice, Dante se ideale vrou, is sy gids deur die hemel. Beatrice was 'n vrou van Florence wat hy as kind ontmoet en van ver af bewonder het in die styl van die destyds gewilde tradisie van hoofse liefde, wat uitgelig word in Dante se vroeëre werk La Vita Nuova.[23]

Die struktuur van die drie ryke volg 'n algemene numerologiese patroon van 9 plus 1, vir altesaam 10. Daar is 9 sirkels in Inferno, gevolg deur Lucifer wat heel onder gevange gehou word; 9 ringe in Purgatorio, gevolg deur die tuin van Eden heel bo; en 9 sfere in Paradiso, gevolg deur die hoogste hemel wat die tuiste van God is. Binne elke groep van 9 stem 7 elemente ooreen met 'n spesifieke morele skema verdeel in drie subkategorieë, terwyl nog 2 bygevoeg word vir 'n totaal van 9. So word die sewe doodsondes van die Katolieke Kerk wat in die vaevuur gesuiwer word, aangevul deur spesiale ryke vir dié wat deur die Kerk geëkskommunikeer is en dié wat laat berou getoon het. Die sewe hoofsondes in die vaevuur stem ooreen met 'n morele skema van perverse liefde, wat ingedeel word in drie groepe wat ooreenstem met oormatige liefde (hebsug, vraatsug en wellus), onvoldoende liefde (luiheid) en kwaadwillige liefde (trots, afguns en wraak).[24]

In Sentraal-Italië se politieke stryd tussen die Guelfe en Ghibellyne was Dante deel van die Guelfe, wat die pous verkies het bo die Heilige Romeinse keiser. Florence se Guelfe het omstreeks 1300 in twee faksies verdeel: die Wit en Swart Guelfe. Dante was onder die Wit Guelfe wat in 1302 verban is nadat die Swart Guelfe beheer oor die stad oorgeneem het deur die toedoen van pous Bonifatius VIII. Die verbanning, wat vir die res van Dante se lewe geduur het, kom duidelik tevore in baie dele van die Komedie, van voorspellings van Dante se verbanning tot Dante se siening van die politiek tot die ewige verdoemenis van sommige van sy teenstanders.[25]

Die laaste woord van elk van die drie cantiche is stelle ("sterre").

 
Gustave Doré se graveerwerk illustreer die Goddelike Komedie (1861-'68); hier kom Charon siele haal om oor die rivier Ageron na die hel te neem.

Inferno

wysig

Die gedig begin op Wit-Donderdag in die jaar 1300, "halfpad op die reis van ons lewe" (Nel mezzo del cammin di nostra vita). Dante is 35 jaar oud, die helfte van die Bybelse lewensduur van 70 jaar (Psalm 90:10 in die Afrikaanse vertalings), toe hy verdwaal in 'n donker woud (vermoedelik sonde).[26][27][28] Hy word aangeval deur drie diere ('n leeu, luiperd en wyfiewolf) en hy kan nie die "reguit pad" (diritta via) na redding (gesimboliseer deur die son agter die berg) vind nie. Hy is bewus daarvan dat hy homself ruïneer en dat hy besig is om te val in 'n "lae plek" (basso loco) waar die son stil is ('l sol tace), maar hy word eindelik gered deur Vergilius. Die twee begin hulle reis na die onderwêreld.

Allegories verteenwoordig die Inferno die Christelike siel wat sonde sien vir wat dit werklik is, asook die drie diere wat drie soorte sonde voorstel: onbeheerstheid, geweld en kwaadwilligheid.[29] Dié drie soorte sonde verskaf ook die drie hoofafdelings van Dante se hel: die boonste hel vir die vier sondes van onbeheerstheid (wellus, vraatsug, gierigheid en wraaksug); sirkel 7 vir die sonde van geweld teen die bure, teen die self en teen God, Kuns en die Natuur; en sirkels 8 en 9 vir die sondes bedrog en verraad. Benewens dié sewe sirkels is daar ook twee kategorieë wat spesifiek spiritueel is: die voorhel in sirkel 1, met die deugsame heidene wat nie sondig was nie maar Christus nie geken het nie; en sirkel 6, met die ketters.[30]

Purgatorio

wysig
 
Dante kyk na die Berg van die Vaevuur in 'n allegoriese portret deur Agnolo Bronzino, omstreeks 1530.

Nadat hulle die dieptes van die hel oorleef het, klim Dante en Vergilius op teen die Berg van die Vaevuur aan die ander kant van die wêreld. Die berg is op 'n eiland, die enigste stuk land in die Suidelike Halfrond, en is geskep toe Lucifer se val uit die hemel die hel laat ontstaan het.[31] (Dante sê dit bestaan reg oorkant Jerusalem.)[32]

Die berg het sewe terasse, wat ooreenstem met die sewe doodsondes.[33] Die klassifikasie van sonde is hier meer sielkundig as in die hel en is gebasser op motiewe, eerder as dade. Dit kom hoofsaaklik uit die Christelike teologie, eerder as uit klassieke bronne.[34]

Liefde, wat 'n tema deur die hele Goddelike Komedie is, is veral belangrik vir die raamwerk van sonde in die vaevuur. Terwyl liefde wat uit God vloei rein is, kan dit sondig word as dit deur die mens vloei. Mense kan sondig deur liefde vir onbehoorlike of kwaadwillige doeleindes aan te wend (wraak, afguns, trots) of dit op behoorlike maniere aanwend, maar dan is dit nie sterk genoeg nie (luiheid) of te sterk (wellus, vraatsug, hebsug, gierigheid). Onder die sewe suiwerings van die siel is die Antevaevuur, met dié wat deur die Kerk geëkskomunikeer is en dié wat te laat berouvol was en dikwels gesterf het voordat hulle die laaste sakramente ontvang het. Die totaal is dus nege, met die tuin van Eden op die spits, wat saam tien is.[35] Allegories verteenwoordig die vaevuur die Christelike lewe. Christelike siele kom daar aan vergesel van 'n engel terwyl hulle 'n psalm sing.

In Purgatorio word die Middeleeuse kennis van die sferiese aarde gedemonstreer. Dante bespreek hier die verskillende sterre wat in die Suidelike Halfrond sigbaar is, die veranderende posisie van die son en die verskillende tydsones. Op 'n stadium is dit volgens Dante sonsondergang in Jerusalem, middernag aan die Gangesrivier en sonsopkoms in die vaevuur.

Paradiso

wysig
 
Dante en Beatrice praat met siele in Paradiso, Philipp Veit.

Beatrice lei Dante nou deur die nege sfere van die hemel. Hulle is konsentries en sferies, soos in Aristoteles en Ptolemeus se kosmologie. Terwyl die strukture van Inferno en Purgatorio gebaseer is op verskillende klassifikasies van sonde, is Paradiso se struktuur geskoei op die vier hoof- en drie teologiese deugde.

Die eerste sewe sfere van die hemel handel slegs oor die hoofdeugde (verstandigheid, regverdigheid, matigheid en standvastigheid). Die eerste drie sfere gaan oor 'n tekort aan een van die hoofdeugde: die maan met die wisselvalliges wie se gelofte aan God soos die maan afgeneem het en wat 'n gebrek aan standvastigheid getoon het; Mercurius, met die ambisieuses wat deugsaam was vir glorie en wat dus regverdigheid kortgekom het; en Venus met die minnaars wie se liefde op iemand anders as God gerig was en dus nie matigheid gehad het nie.

Die laaste vier sfere is positiewe voorbeelde van die hoofdeugde en almal lei na die son ('n kategorie op sy eie met die wyses). Mars bevat die stryders van die geloof; Jupiter die konings van regverdigheid; en Saturnus die gematigdes wat 'n peinsende leefstyl gevolg het. Daar is nog twee kategorieë: die agtste sfeer van die vaste sterre met dié wat die teologiese waardes van geloof, hoop en liefde gehad het en die seëvierende kerk simboliseer; en die negende sfeer, die primum mobile wat die engele bevat, wesens wat nooit deur die erfsonde vergiftig is nie. Heel bo is die hoogste hemel, wat die essensie van God bevat. Dit maak 10 afdelings.

Dante ontmoet en gesels met verskeie groot heiliges van die kerk, insluitende Thomas van Aquino, Petrus en Johannes. Die Paradiso is dus meer teologies van aard as die Inferno en Purgatorio.

Die Goddelike Komedie eindig toe Dante die Drie-eenheid sien. In 'n flits van begrip wat hy nie kan uitdruk nie, verstaan Dante eindelik die misterie van Christus se goddelikheid en menslikheid, en sy siel kom in lyn met God se liefde.[36]

 
Die titelblad van die eerste gedrukte eksemplaar (Foligno, 11 April 1472).

Geskiedenis

wysig

Volgens die Italiaanse Dantevereniging het geen van die oorspronklike manuskripte wat deur Dante geskryf is, bewaar gebly nie, hoewel daar baie gekopieerde eksemplare uit die 14de en 15de eeu is – sommige webtuiste noem tot 800.[37]

Coluccio Salutati het in 1396-'97 sommige aanhalings uit die Komedie in Latyn vertaal vir sy De fato et fortuna. Die eerste volledige vertaling was in prosa in Latyn, deur Giovanni da Serravalle in 1416 vir twee Engelse biskoppe en 'n Italiaanse kardinaal. Dit is gedoen tydens die Konsilie van Konstanz. Die eerste vertaling in digvorm, in Latynse heksameters, is in 1427-'31 gedoen deur Matteo Ronto.[38]

 
'n Illustrasie van Lucifer in die eerste ten volle geïllustreerde gedrukte weergawe. Houtsneewerk vir Kanto 34. Pietro di Piasi, Venisië, 1491.

Die eerste vertaling van die Komedie in 'n ander dialek was deur Enrique de Villena as 'n prosavertaling wat in 1428 voltooi is. Die eerste vertaling in digvorm in 'n ander dialek was in 1429 in Katalaans.[39]

Die eerste gedrukte weergawe het op 11 April 1472 in Italië verskyn.[40] Van die 300 eksemplare wat gedruk is, bestaan 14 nog.

Tematiese aangeleenthede

wysig

Die Goddelike Komedie kan eenvoudig as allegorie beskryf word: Elke kanto, en die episodes daarin, kan baie alternatiewe betekenisse hê. Dante se allegorie is egter ingewikkelder en in 'n verduideliking oor hoe die gedig gelees moet word,[41] noem hy ander vlakke van betekenis benewens die allegorie: die historiese, morele, letterlike en anagogiese.

Die struktuur van die gedig is ook heel kompleks, met wiskundige en numerologiese patrone wat deur die hele werk voorkom, veral drieë en neges. Die gedig word dikwels geprys vir sy buitengewone menslike eienskappe: Dante se bekwame uitbeelding van die karakters wat hy in die hel, vaevuur en hemel teenkom; sy bitter veroordelings van die politiek van Florence en Italië; en sy kragtige poëtiese verbeelding. Dante se gebruikmaking van regte karakters, skryf Dorothy Sayers in die inleiding van haar vertaling van die Inferno, maak dat Dante nie die leser bemoei het met beskrywings nie, en het hom ruimte gelaat "vir die bespreking van talle onderwepe van die uiterste belang". Dit verbreed ook sy omvang en vergroot sy verskeidenheid.[42]

Dante het sy gedig "Komedie" genoem (die adjektief "Goddelike" is eers later, in die 16de eeu, bygevoeg), omdat gedigte in die antieke wêreld geklassifiseer is as Hoog ("Tragedie") of Laag ("Komedie").[43] Lae gedigte het 'n gelukkige einde gehad en is in alledaagse taal geskryf, terwyl Hoë gedigte oor ernstiger sake gehandel het en in 'n verhewe styl geskryf is. Dante was een van die eerste skrywers van die Middeleeue wat oor 'n ernstige onderwerp, die redding van die mens, geskryf het in die lae en "vulgêre" Italiaans en nie in die Italiaans wat 'n mens van so 'n ernstige onderwerp sou verwag nie. Boccaccio se stelling dat Dante 'n vroeëre weergawe in Latyn begin skryf het, is steeds omstrede.[44][45]

Wetenskaplike temas

wysig

Hoewel die Goddelike Komedie hoofsaaklik 'n godsdienstige gedig is wat sonde, deugde en teologie behandel, bespreek Dante ook verskeie elemente van die wetenskap van sy tyd (dié mengsel van wetenskap en poësie is deur die eeu beide geprys en gekritiseer).[46] Die Purgatorio verwys herhaaldelik na die implikasies van 'n sferiese aarde, soos die verskillende sterre wat in die Suidelike Halfrond sigbaar is, die veranderende posisie van die son en die aarde se verskillende tydsones. Toe dit sonsondergang in die vaevuur was, was dit byvoorbeeld middernag in Spanje, dagbreek in Jerusalem en in die middel van die dag aan die Ganges in Indië.[47] In Kanto XV van die Purgatorio wys Dante daarop beide die teorie en eksperimente staaf dat die invalshoek gelyk is aan die refleksiehoek.

Dante reis in Kanto XXXIV deur die middel van die aarde in die Inferno en lewer kommentaar oor die verandering in die rigting van swaartekrag. Effens vroeër bevraagteken hy die bestaan van wind in die bevrore binnesirkel van die hel, omdat daar geen temperatuurverskille is nie.[48]

Ook die Paradiso bespreek die sterrekunde breedvoerig, maar in 'n Ptolemeïese sin. Daar is ook ander verwysings na die wetenskap.

Galileo Galilei het klas gegee oor die Inferno, en daar is al voorgestel dat die gedig sommige van sy eie idees oor maganika beïnvloed het.[49]

Invloed

wysig

Klassiek

wysig

Sonder toegang tot die werk van Homeros, het Dante Vergilius, Lucanus, Ovidius en Statius gebruik as die modelle vir die styl, geskiedenis en mitologie van die Heilige Komedie.[50] Dit is die duidelikste in die geval van Vergilius, wat dien as 'n mentor deur die eerste twee cantiche.[51] Ovidius kry duidelik minder lof in die gedig, maar Dante gebruik hom benewens Ovidius die meeste as 'n bron, veral deur metafore en fantastiese episodes wat gebaseer is op dié in Metamorfoses.[52]

Minder invloedryk is Statius en Lucanus, van wie laasgenoemde eers in die 20ste eeu erkenning gekry het as 'n bron vir die Goddelike Komedie.[53]

Benewens Dante se mededigters, is die klassieke persoon wat die Komedie die meeste beïnvloed het Aristoteles. Dante het die filosofie van die Komedie opgebou met die werk van Aristoteles as basis. Hy het Aristoteles regstreeks van werke uit Latyn geken, asook onregstreeks van aanhalings in die werk van Albertus Magnus.[54] Dante erken selfs Aristoteles se invloed in die gedig, veral toe Vergilius die struktuur van die Inferno regverdig deur Aristoteles se Nikomachiese Etiek aan te haal.[55] In dieselfde kanto steun Vergilius op Cicero se De Officiis om te verduidelik hoekom sondes van die intellek erger is as sondes van geweld, 'n sleutelpunt wat verken sal word van Kanto XVIII tot aan die einde van die Inferno.[56]

Godsdienstig

wysig

Die Goddelike Komedie se taalgebruik kom dikwels uit die Vulgata. Dit was die enigste vertaling van die Bybel waartoe Dante toegang gehad het, want dit was in die Middeleeue die enigste weergawe wat skribas gewillig was om te kopieer. Dit sluit sowat 500 direkte aanhalings en verwysings in wat Dante uit die Bybel gekry of wat hy onthou het. Dante gebruik ook die Bybel as die finale gesag oor enige saak, ook oor onderwerpe wat die Skrif net allegories behandel.[57]

Die gedig is ook 'n produk van die skolastiek, veral soos uitgedruk deur Thomas van Aquino.[58][59] Dit is veral duidelik in die Paradiso.[60] Dit is ook in die Paradiso waar Thomas as 'n karakter voorkom.

Dante het in 'n Europa gewoon met groot letterkundige en filosofiese kontak met die Moslemwêreld. Van die 12 wyse manne wat Dante in Kanto X van die Paradiso ontmoet, is Thomas van Aquino en Siger van Brabant sterk beïnvloed deur Arabiese kommentators oor Aristoteles.[61] Middeleeuse Christelike mistisisme het ook die Neoplatoniese invloed van Soefi's soos Ibn Arabi gedeel. Die filsosoof Frederick Copleston het in 1950 gesê Dante se respekvolle behandeling van sekere karakters soos Siger van Brabant dui op 'n "aansienlike skulderkenning" aan die Islamitiese filosofie.[61]

In die kunste

wysig
 
Dante en Vergilius, 'n skildery deur William-Adolphe Bouguereau (1850), wat Dante en Verglius uitbeeld in die agtste sirkel van die hel, waar hulle toekyk hoe twee veroordeelde siele in 'n ewige geveg betrokke is.
 
Rodin se Die Soen beeld Paolo en Francesca van die Inferno uit.

Die Goddelike Komedie is al sewe eeue lank die bron van inspirasie vir talle kunstenaars. Daar is baie verwysings na Dante se werk in die letterkunde. In musiek was Franz Liszt een van die baie komponiste wat werk geskryf het wat op die Komedie geskoei was. In beeldhouwerk sluit Auguste Rodin se werk temas van Dante in. Die beeldhouer Timothy Schmalz het 'n reeks van 100 beelde geskep, een vir elke kanto, met die 700ste herdenking van Dante se dood.[62] Talle ander kunstenaars het Dante se werk gebruik as inspirasie, soos gesien kan word in werke in dié artikel. Ook in rolprente, televisieprogramme en videospeletjies is sy invloed duidelik.

In 2021 het The Royal Ballet die The Dante Project aangebied, Dit was in drie dele, wat elk een van die drie dele van die Goddelike Komedie verteenwoordig.[63]

Reeks houtsneewerke wat Dante se hel illustreer, deur Antonio Manetti (1423-'97):
 
"Alles in Een Plan", 1506
"Alles in Een Plan", 1506  
 
"Die Kamer van die Hel", 1506
"Die Kamer van die Hel", 1506  
 
"Oorsig van die Hel", 1506
"Oorsig van die Hel", 1506  
 
"Die Eerste Vyf sirkels", 1506
"Die Eerste Vyf sirkels", 1506  
 
"Sirkel Ses en Sewe", 1506
"Sirkel Ses en Sewe", 1506  
 
"Die Lêplek van Geruon", 1506
"Die Lêplek van Geruon", 1506  
 
"Grafkelder van Lucifer", 1506
"Grafkelder van Lucifer", 1506  
La materia della Divina commedia di Dante Alighieri, dichiarata in VI tavole, deur Michelangelo Caetani (1804-'82)
 
1855-titelbladsy
1855-titelbladsy  
 
Plaat I: "Oorsig van die Goddelike Komedie"
Plaat I: "Oorsig van die Goddelike Komedie"  
 
Plaat II: "Die Rangskikking van die Hel"
Plaat II: "Die Rangskikking van die Hel"  
 
Plaat III: "Kaart van die Hel"
Plaat III: "Kaart van die Hel"  
 
Plaat IV: "Deursnee van die Hel"
Plaat IV: "Deursnee van die Hel"  
 
Plaat V: "Die Rangskikking van die Vaevuur"
Plaat V: "Die Rangskikking van die Vaevuur"  
 
Plate VI: "Die Rangskikking van die Hemel"
Plate VI: "Die Rangskikking van die Hemel"  

Sien ook

wysig

Verwysings

wysig
  1. "Dante – The Divine Comedy". Encyclopaedia Britannica. 
  2. Byvoorbeeld Encyclopedia Americana, 2006, Vol. 30. p. 605: "the greatest single work of Italian literature;" John Julius Norwich, The Italians: History, Art, and the Genius of a People, Abrams, 1983, p. 27: "his tremendous poem, still after six and a half centuries the supreme work of Italian literature, remains – after the legacy of ancient Rome – the grandest single element in the Italian heritage;" and Robert Reinhold Ergang, The Renaissance, Van Nostrand, 1967, p. 103: "Many literary historians regard the Divine Comedy as the greatest work of Italian literature. In world literature it is ranked as an epic poem of the highest order."
  3. Bloom, Harold (1994). The Western Canon. ISBN 9780151957477.
  4. See Lepschy, Laura; Lepschy, Giulio (1977). The Italian Language Today. or any other history of Italian language.
  5. 5,0 5,1 Lansing, Richard. The Dante Encyclopedia. p. 181.
  6. Peter E. Bondanella, The Inferno, Introduction, p. xliii, Barnes & Noble Classics, 2003, ISBN 1-59308-051-4: "the key fiction of the Divine Comedy is that the poem is true."
  7. Dorothy L. Sayers, Hell, notes on page 19.
  8. Lansing, Richard. The Dante Encyclopedia. pp. 56, 214, 273, 298, 481.
  9. Charles Allen Dinsmore, The Teachings of Dante (Ayer, 1970), p. 38, ISBN 0-8369-5521-8.
  10. The Fordham Monthly Fordham University, Vol. XL, Dec. 1921, p. 76
  11. Approaches to teaching Dante's Divine comedy. Slade, Carole., Cecchetti, Giovanni, 1922–1998. New York, N.Y.: Modern Language Association of America. 1982. ISBN 978-0873524780. OCLC 7671339.{{cite book}}: AS1-onderhoud: ander (link)
  12. 12,0 12,1 Lansing, Richard. The Dante Encyvlopedia. p. 743.
  13. Lansing, Richard. The Dante Encyclopedia. p. 93.
  14. Lansing, Richard. The Dante Encyclopedia. p. 99.
  15. "Divina Commedia". Enciclopedia Italiana (in Italiaans). Enciclopedia Italiana. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Februarie 2021. Besoek op 19 Februarie 2021.
  16. Hutton, Edward (1910).Giovanni Boccaccio, a Biographical Study Geargiveer 4 Februarie 2021 op Wayback Machine. p. 273.
  17. Ronnie H. Terpening, Lodovico Dolce, Renaissance Man of Letters (Toronto, Buffalo, London: University of Toronto Press, 1997), p. 166.
  18. Michael Dirda, Introduction to Auerbach's Dante: Poet of the Secular World Geargiveer 29 November 2022 op Wayback Machine (New York: New York Review Books, 2007), pp. viii–ix. ISBN 978-1-59017-219-3
  19. Dante The Inferno A Verse Translation by Professor Robert and Jean Hollander p. 43
  20. Epist. XIII 43 to 48
  21. Wilkins E.H The Prologue to the Divine Comedy Annual Report of the Dante Society, pp. 1–7.
  22. Kaske, Robert Earl, et al. Medieval Christian Literary Imagery: A Guide to Interpretation. Toronto: Toronto UP, 1988. p. 164
  23. Shaw 2014, pp. xx, 100–101, 108.
  24. Eiss 2017, p. 8.
  25. Trone 2000, pp. 362–364.
  26. "Inferno, la Divina Commedia annotata e commentata da Tommaso Di Salvo, Zanichelli, Bologna, 1985". Abebooks.it. Besoek op 16 Januarie 2010.
  27. Lectura Dantis, Società dantesca italiana
  28. Online sources include [1] Geargiveer 11 November 2014 op Wayback Machine, [2] Geargiveer 23 Julie 2011 op Wayback Machine, [3] [4] Geargiveer 23 Februarie 2004 op Wayback Machine, "Le caratteristiche dell'opera". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Desember 2009. Besoek op 1 Desember 2009., "Selva Oscura". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 20 Februarie 2010.{{cite web}}: CS1 maint: bot: original URL status unknown (link)
  29. Dorothy L. Sayers, Purgatory, notes on p. 75.
  30. Carlyle-Okey-Wicksteed, Divine Comedy, "Notes to Dante's Inferno"
  31. Inferno, Canto 34, lines 121–126.
  32. Richard Lansing and Teodolinda Barolini, The Dante Encyclopedia, p. 475, Garland Publishing, 2000, ISBN 0-8153-1659-3.
  33. Dorothy L. Sayers, Purgatory, Introduction, pp. 65–67 (Penguin, 1955).
  34. Robin Kirkpatrick, Purgatorio, Introduction, p. xiv (Penguin, 2007).
  35. Carlyle-Oakey-Wickstead, Divine Comedy, "Notes on Dante's Purgatory.
  36. Dorothy L. Sayers, Paradise, notes on Canto XXXIII.
  37. "Elenco Codici". Dante Online. Besoek op 5 Augustus 2009.
  38. Michele Zanobini, "Per Un Dante Latino": The Latin Translations of the Divine Comedy in Nineteenth-Century Italy Geargiveer 20 November 2022 op Wayback Machine, PhD diss. (Johns Hopkins University, 2016), pp. 16–17, 21–22.
  39. Aldo Vallone (vert. Robin Treasure), "Commedia: Introduction", in Richard Lansing (ed.), The Dante Encyclopedia (Garland, 2000), p. 184.
  40. Christopher Kleinhenz, Medieval Italy: An Encyclopedia, Volume 1, Routledge, 2004, ISBN 0-415-93930-5, p. 360.
  41. "Epistle to Can Grande". faculty.georgetown.edu. Besoek op 20 Oktober 2014.
  42. Dorothy L. Sayers, Hell, Introduction, p. 16 (Penguin, 1955).
  43. "World History Encyclopedia".
  44. Guyda Armstrong, Review of Giovanni Boccaccio. Life of Dante. J.G. Nichols, vert. Londen: Hesperus Press, 2002.
  45. Peri, Hiram (1955). "The Original Plan of the Divine Comedy". Journal of the Warburg and Courtauld Institutes. 18 (3/4): 189–210. doi:10.2307/750179. JSTOR 750179.
  46. Michael Caesar, Dante: The Critical Heritage, Routledge, 1995, pp. 288, 383, 412, 631.
  47. Dorothy L. Sayers, Purgatory, notes on p. 286
  48. Dorothy L. Sayers, Inferno, notes on p. 284.
  49. Peterson, Mark A. (2002). "Galileo's discovery of scaling laws" (PDF). American Journal of Physics. American Association of Physics Teachers (AAPT). 70 (6): 575–580. arXiv:physics/0110031. Bibcode:2002AmJPh..70..575P. doi:10.1119/1.1475329. ISSN 0002-9505. S2CID 16106719. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 11 April 2021. Besoek op 1 Februarie 2023.
  50. Moore, Edward. Studies in Dante, First Series: Scripture and Classical Authors in Dante, Oxford: Clarendon, 1969 {1896}, pg. 4.
  51. Jacoff, Rachel and Schnapp, Jeffrey T. The Poetry of Allusion: Virgil and Ovid in Dante's Commedia Geargiveer 29 November 2022 op Wayback Machine. pg. 1–3
  52. Van Peteghem, Julie. Digital Readers of Allusive Texts: Ovidian Intertextuality in the Commedia and the Digital Concordance on Intertextual Dante Geargiveer 23 Mei 2021 op Wayback Machine, pg. 40–42
  53. Commentary to Paradiso, IV.90 by Robert and Jean Hollander, The Inferno: A Verse Translation (New York: Anchor Books, 2002), as found on Dante Lab, http://dantelab.dartmouth.edu Geargiveer 14 Junie 2021 op Wayback Machine
  54. Lafferty, Roger. "The Philosophy of Dante Geargiveer 29 November 2022 op Wayback Machine", pg. 4
  55. Inferno, Canto XI, lines 70–115, Mandelbaum translation.
  56. Cornell University, Visions of Dante: Glossary Geargiveer 29 November 2022 op Wayback Machine
  57. Moore, Edward. Studies in Dante, First Series: Scripture and Classical Authors in Dante Geargiveer 29 November 2022 op Wayback Machine, Oxford: Clarendon, 1969 {1896}, pg. 4, 8, and 47–48
  58. Toynbee, Paget. Dictionary of Dante A Dictionary of the works of Dante Geargiveer 25 Mei 2021 op Wayback Machine, pg. 532
  59. Alighieri, Dante (1904). Philip Henry Wicksteed, Herman Oelsner (red.). The Paradiso of Dante Alighieri (fifth uitg.). J.M. Dent and Company. p. 126.
  60. Commentary to Paradiso, I.1–12 and I.96–112 by John S. Carroll, Paradiso: A Verse Translation (New York: Anchor Books, 2007), as found on Dante Lab, http://dantelab.dartmouth.edu Geargiveer 14 Junie 2021 op Wayback Machine.
  61. 61,0 61,1 Copleston, Frederick (1950). A History of Philosophy, Volume 2. London: Continuum. p. 200.
  62. Farrell, Jane (8 September 2021). "The Divine Comedy in sculpture: Timothy Schmalz". The Florentine.
  63. Crompton, Sarah (24 Oktober 2021). "The Dante Project review – bold, beautiful and utterly engaging". The Observer. Besoek op 27 Desember 2021.

Bibliografie

wysig
  • Eiss, Harry (2017). Seeking God in the Works of T.S. Eliot and Michelangelo. New Castle upon Tyne: Cambridge Scholars. ISBN 978-1-44384-390-4.
  • Shaw, Prue (2014). Reading Dante: From Here to Eternity. New York: Liveright Publishing. ISBN 978-1-63149-006-4.
  • Trone, George Andrew (2000). "Exile". In Lansing, Richard (red.). The Dante Encyclopedia. London and New York: Routledge. ISBN 978-0-41587-611-7.

Nog leesstof

wysig

Skakels

wysig