Veereier
Voorkoms
(Aangestuur vanaf Vee-reier)
Veereier Bosluisvoël | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Bubulcus Bonaparte, 1855
|
Spesie: | B. ibis
|
Binomiale naam | |
Bubulcus ibis Linnaeus, 1758
|
Die veereier (Bubulcus ibis) is 'n klein wit voël wat aan die familie van reiers behoort. Hierdie voëls staan in die volksmond as bosluisvoëls bekend. Dit is 'n algemene standvoël in dele van sy gebied en 'n trekvoël in ander. Dit is die enigste spesie in die genus Bubulcus. In Engels staan die voël bekend as die Western Cattle Egret en in Nederlands as die Koereiger.
Voorkoms
[wysig | wysig bron]Die voël is 48 tot 54 cm groot en 280 tot 450 gram swaar. Hulle is klein, kompakte witreiers met 'n kort snawel, nek en bene. Die snawel is geel en die bene is olyfgeel. Die volwasse voël het dofgeel pluime op die kroon, mantel en bors.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls
- Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer)
- Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bronnelys
[wysig | wysig bron]- Newman se Voëls van Suider-Afrika; ISBN 1-86872-982-6
- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-926-7
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ BirdLife International (2008). Bubulcus ibis. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 05 November 2008. Databasis inskrywing gee kort verdediging hoekom hierdie spesie nie bedreigd is nie.